Lê-Jou-Eier: Vertel ñ spookstorie.

Ek gaan sowaar nie weer uitmis nie. Verlede week het my storie net tien minute op my blog gehou, toe verwyder ek hom self. Net te ontstellend gewees om my ‘wat as’ weergawe in woorde te sien.

Ek ken geen spookstories nie, en die flip alleen weet hoekom nie. Dalk onthou ek hulle net nie. So my weergawe handel oor iemand wat my jarre se nagmerries besorg het.

dracula_movie_poster

Hier van 1971 af het die Dracula flieks in ons omgewing begin wys. As ñ standerd vyf dogter was dit die hoogtepunt van my plot-kind lewe: wanneer mamma my en my beste maatjie op ñ Vrydag-aand vir die middernag vertoning deurgery het dorp toe.

Met ons popcorn en koeldrank gereed, het ons geskater vir The Three Stooges, maar die opwinding was aan die opbou. Sodra die hooffliek begin het, sou ek en sy onsself op die mat agter die stoele voor ons sitmaak. Op ons knieë sou ons tussen die twee stoele deurloer, en meer wegduik as enige iets anders.

Hierdie was die grootste pret vir twee vlegsel-dogters. Die spanning, die donker fliek, die gille van mense om ons, en dan natuurlik ook ons eie.

Teen die tyd wat ma ons terug het by die huis op die plot, was ons verby bang. Ek dink ek het my bietjies bietjies natgepiepie van die kar af tot in my kamer. Van slaap daarna was daar geen sprake nie. Dracula het saamgekom huis toe, en gewag dat ons op die enkel bedjie wat jy moes deel, gelê het. Dis dan wanneer hy aan die ruit sou krap, die gordyne laat beweeg, die vloerplanke laat kraak, en met sy stink bloedasem in ons ore kom roggel het.

Ai. Vandag sal maatjies se ouers mens seker by die welsyn gaan aankla as jy hulle kind sulke stories laat kyk. En dat my feëtjie en kabouter moeks dit so geniet het om ons so bang te sien! Kan dit steeds nie glo nie.

Maar dit was lekker. Toon-omkrul-keel-toetrek lekker. Omtrent ook die naaste wat ek ooit aan bangmaak stories gekom het.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

 

 

 

 

Advertisements

‘ñ Sekere soort’ sielkunde. (Boeta vervolg)

(skilderye:Google Images)biljana-djurdjevic_serbia_paintings_artodyssey-3

Die kliniek-mense het een keer per jaar ons laerskool besoek, hier in die jare 1966, van klas een af. Ons het op ñ klein dorpie in Zoeloeland gebly, net aan die oorkant van die Tugela rivier. Dit was ñ ‘Sappi-papierfabriek gemeenskap’, en my pa was skoolhoof.

Tydens so ñ besoek is jou klassie se dogtertjies aangesê om skoolklere uit te trek, en mooi soet te sit en wag vir jou beurt. Jou oë en ore is getoets, en die nodige inentings toegedien.

Meeste van ons was doodbang vir die ent-oefening, en het sommer saggies gesit en huil. Ook net tot juffrou sou opmerk dat trane ñ mens se lyf meer sensitief maak, en die naald baie seerder laat voel. Daarna was jy braaf, jou oë koëlrond tot jou beurt aanbreek.

ñ Mens noem dit ‘ñ sekere soort sielkunde’.

Tydens Boeta se verjaarsdae, asook Kersfees, kom hierdie soort sielkunde handig te pas.

Die presiese tyd wat hy sy geskenke mag oopmaak, is ñ baie sensitiewe saak. Hierdie tyd word vooraf bedink, want ek moet seker maak dit pas my en Bertus se program ook. Te vroeg in die dag werk nie, want hy sit dan reeds drie ure voor die tyd gereed. Al slaap jy nog heerlik.

Net die regte uur. Dit is wat tel.

Hierdie jaar het ampertjies in ñ verjaarsdag-fiasko ontaard. Twaalf uur, net voor Sondag middagete, die bepaalde uur. Maar met kinders en kleinkinders wat op die oomblik by ons bly, het die spanning vir Boet te groot geraak. So ñ uur voor die tyd het hy oor maagpyn begin kla. ñ Rukkie later ontplof sy humeur omdat kleinman dan nou sy, Boeta, se karretjies wil hê. Kleinboet skreeu, Boeta is wit om die kiewe. Jongste dogter staan geskok oor hom wat my telyf wil gaan, en kleinsus kruip agter die bank weg.

Hy is al 55 jaar lank my boet. Ek is “getrain” in ‘ñ sekere soort’ sielkunde.

Ek gryp my selfoon met hom wat tierend voor my staan.

Dokter Johan. Hello, ja. Dis Boeta se sussie wat praat. Dokter, Boeta is nou baie kwaad, ek dink sy hart kan sommer gaan staan. Ja, die kleintjie het hom kwaad gemaak. Hulle is baie stout, sê hy. Goed, jy stuur ñ ambulans? Sommer dadelik? Maar hy verjaar dokter. Hy maak twaalf uur sy presente oop. O, hy kan nie? Hy is te siek?…

Teen hierdie tyd klop Boeta my op die skouer, kleinste in sy arms met ñ karretjie in die hand. Hy skud sy kop, sê kliphard in die foon…

Ek ok oom dokte. Gesond. Kop nie seer nie. Maag reg. Nou pesente oopmaak. Baai.

Kliniese sielkundiges maak baie geld. Ek behoort skatryk te raak as daar op die bordjie voor my deur geskryf staan:

Meesters Graad in ñ SPESIFIEKE SOORT SIELKUNDE. Vyf-en-vyftig jaar ondervinding. Skakel vir ñ afspraak…Die presiese uur is baie belangrik.

full-Square-Round-Old-Lady-Wine-cat-5D-DIY-Diamond-Embroidery-Rhinestones-Diamond-Painting-Cross-Stitch.jpg_220x220

 

Dankie my Vader, dat ek onthou-dae mag hê.

Dit was Mei-maand. 2005.

Ons twee, ek en my moeks; ons tweetjies het die vliegtuig Kambodja toe bestyg.

Voor dit was ek nog net een keer daar saam met Bertus, en die plan was om in Phnom Penh, Kambodja se hoofstad, ñ paar aande oor te bly. Ek wou sy-kussingslope en beddegoed daar gaan aanskaf vir ons winkel.

Mamma was toe een-en-sewentig jaar oud, en nog baie op en wakker. Kambodja se armoede het haar sagte hart ampertjies gebreek, veral die klomp verminkte mense wat oral moes staan en lê en bedel. Hul oorlog het ñ gebroke nasie agter gelaat.

20171116_115658

Sy het harte gesteel sover as wat ons rondbeweeg het, en selfs die motorfiets-taxi ouens het gestry om ons te kon rondry.

20171116_115102

Ek kon nie glo dat my juffrou-mamma hierdie avontuur met soveel entoesiasme aangepak het nie.

20171116_115114

Ons het die stad van hoek tot kant deurkruis, elk agter op ñ motorfiets. Geklou vir lewe en dood, maar sy het vir almal bly waai.

20171116_115337

Die kos was vir haar ñ nagmerrie. Op daardie stadium het hulle nog baie vreemde disse gehad, en selfs ek wat ñ regte kos-cowboy is, het uiters versigtig gekies. Hul noodle soppe was die veiligste, en heerlik. Maar ma het haar bord net een kyk gegee, en dit weggeskuif. Nee, daar is dan baba seekatjies in! Nee ousus, ek sal bly by die brood.

En brood was dit dan ook.

Na vier dae van aankoop, baie rondry en vreeslik lag, het ons met twee yslike tasse elk op die bus geklim na Bangkok se grenspos. So agt ure se ry deur die Kambodjaanse platteland. Wat ñ ondervinding. Dit was soos om binne-in een van my hordes boeke in te stap wat oor Kambodja gehandel het tydens en na hul oorlog. Daar word gereken dat by die drie miljoen Kambodjane in die Viëtnamese oorlog, en toe hul eie burgeroorlog, omgekom het. Vrede het eers einde 1989 aangebreek, van 1955 af.

Vandag besef ek dat ons ñ werklike avontuur beleef het. Niemand kon Engels verstaan nie. Ons was onseker oor wat om te eet. Ons kon nie kontak met die huis maak nie; ek het toe nog nie ñ selfoon gehad nie. Net my toergids boeke, en baie “guts”. Niemand het vir dae lank geweet waar ons ons bevind nie. Eers weer in die bekende Bangkok hotel aangekom, kon ek huis toe skakel.

Daardie jare het ek besef ek bou wonderlike herinneringe saam met mamma op. Finansieël kon ek bekostig om haar saam met my oorsee te neem. Maar vandag. Vandag besef ek die waarde van ons twee se tye saam. Ek kon haar as volwassene geniet. Ek kon van haar drome laat waar word.

Genade, maar ek mis haar.

20171116_115544(Ons effe dodgy hotelkamer in Phnom Penh)

 

 

 

 

ñ Bloggachino…Dis Storieklong se woord.

Cute Bull

Saterdag 9 Desember. So van 11 uur af hier by la Terazza, Broederstroom, Hartbeespoort. Dis ñ eetplek reg langs my Bali winkel.

Drag: blogger klere.

Jou ander helfde is welkom. Ouens wat reeds hier gaan wees: Woestynkind, Bali Drome, Wegkruipertjie, ook Iemand wat goed is met stories vertel, en…

As jy lus is om van die ander bloggers te ontmoet, kom kuier saam, al is dit net vir ñ rukkie. La Terazza het heerlike kos, en bloggachinos.

Jy mag “undercover” opdaag, maar iemand SAL jou uitvang. Ons wil net sit en kuier, baie lag en ñ gesiggie by die naam sit. Natuurlik iets eet ook. En hier is drinkgoed.

Die lekker is, jy kan opdaag, koue voete kry en laat spaander sonder dat ons gaan weet wie jy is…

xxx

 

 

ñ Week, en vat die sleutel saam.

O ja, hierdie sal my antwoord wees.

Die gesprek sal as volg verloop…

Liefie, wat wil jy vir jou verjaarsdag hê? Ag, eintlik niks, engel. Nee man, kan ek jou na ñ spa toe stuur, dalk vir ñ naweek? Nee liefie, maar dankie vir die idee. 

En dan, dan sal manlief die blinkste idee van ons hele getroude lewe kry.

Kom ek wys jou iets. Kyk hierdie plek, dis ñ privaat biblioteek waarvan ek gehoor het. Net hier agter die berg. Moet ek vir jou geld gee vir ñ paar boeke?

(skilderye:Google Images)Bi8HlriCIAAxXmE

Ek sal my asem intrek, en vergeet om weer te laat gaan. Ek behoort ñ vreemde geluid te uiter. My oë mag aan die skitter raak.

Asseblief, is al wat ek sal uitkry.

Probeer reël dat ek vir sewe volle dae daar opgesluit kan word. Alleen. Bietjie kos en water. Verjaarsdag-wyn. Hou die sleutel by jou, en moenie geld los nie. Doen dit net, liefie. Ek smeek jou.

Op hierdie tyd en plek van my lewe is dit wat ek nodig het. Nie ñ geskenkbewys vir nuwe klere nie. Nie ñ verjaarsdag partytjie nie. Net ekke tussen ñ saal vol boeke. Geen horlosie nie. Ek wil kan verdwaal tussen woorde. Rondstap in ou-ou tye. Moontlik sal ek die lus ontwikkel om reg te pak, uit te sorteer. Dalk kry ek die lus oorwin, my tyd is nie genoeg nie. Ek hou van orde, van simmetrie. Maar tussen boeke, boeke oral? Nee, elkeen moet op sy eie plekkie bly lê. Want deurmekaar kan ook werk.

Deurmekaar is soms goed vir die siel. Balsem vir die gees.

Die lekkerste sal wees om ñ boek uit te haal, oor hom te vryf, die voorwoord te lees. Versigtig neer te sit en nog een op te tel. Te ruik. ñ Hopie te vorm wat gelees moet word. Op die diep gemakstoel te gaan sit, ñ glas donkerrooi wyn in te gooi, en bladsy een oop te maak.

ca__700

Dan verdwaal te raak in stories; verhale; die waarheid en die verbeelding. Tyd sal stilstaan.

En ek sal die ongelooflikste verjaarsdag ooit hê.

 

 

Dis Maandag en ek droom alweer.

(fotos:Google Images)wallup.net

Ek hou eintlik van Maandae. Veral as ek soos vanoggend tyd kry vir planne beraam. Ek gaan dit nie vakansieplanne noem nie. Liewer moontlikhede…

Hierdie gebeur ook nie omdat manlief gesê het hy het so baie tyd op hande, ek moet my verbeelding vrye teuels gee nie. Ons het ook nie geld ge-erf nie.

Nee, hierdie is net ek en my ‘losse lyf’. Die lyf wat alweer nuwe skuur-planne uitdink.

5c03289777fa521dd1f4de0457a33596

Net een keer. Vir so drie maande lank. Is dit nou werklik te veel gevra? Ons kan mos ons huis langs die dam vir die tydperk uitverhuur, en daar gaat ons… Net ons tweetjies. Kyk, indien ons nou ander vriende sou raakry by die Sasol garage net buite ons dorp, natuurlik onbepland. En hulle is sowaar ook in ñ motor-vaan, (suiwer nuwe Afrikaanse woord, self uitgedink), sal dit uiters gaaf wees. Hulle van behoort Strydom te wees, maar dit nou daar gelaat.

Hierdie is my verjaarsdag maand. Iets om oor te besin. Indien ek nou hierdie nuut uitgedinkte skitterende idee het, en ek ñ jaar ouer word, moet ek dalk aan ñ voorlegging werk. Vir volgende jaar. ñ Vrou het mos maar haar maniere.

“And if all else fails”, ñ bietjie galge-humor.

a57e9bbf6bfe08d497bba46772f3064b 

 

ñ Kykie in die lewe van…

(prentjies:Google Images)giraffe-1

Ek het gister vir die eerste keer in jare weer ñ aflewering gaan doen. Daarmee saam tot ñ interessante besef gekom. Om deur ñ vreemdeling se huis te stap; om ñ uur of so daar te spandeer totdat hulle tevrede is met die prentjie, bring iets tafel toe.

Ek raak vir ñ wyle deel van hul intieme huis-wêreld. Die proses begin reeds in my winkel terwyl meubels uitgesoek word. Gister se aflewering het ñ bed, bedkassies, tv kas en spieëlkas ingesluit. Vir die hoofslaapkamer. Met die inry in die Pecanwood Estate het ek reeds ñ prentjie gevorm van my kliënt se omgewing. Haar lewensstandaard.

Deur net by die voordeur in te stap, kon ek dadelik ñ opsomming maak. Hulle is buitelug mense. Golf spelers. Fietsry is belangrik. Diep, gemaklike banke vir ontspanning. Groot vensters na buite. ñ Massiewe eetkamertafel met sitplek vir twee-en-twintig. Oopplan huis.

In die motorhuis staan twee peperduur sportmotors.

Binne ñ paar minute weet ek meer van haar en haar familie af as wat ek van my tandarts weet. En by hom het ek al baie, baie ure spandeer!

Plaas op Koster, aartappel boere. Drie kinders in Pecanwood skool. Oudste is ongelukkig, gaan volgende jaar oor na Hartbeespoort Hoër.

Man kom net naweke huis toe, hy boer voltyds. Vrou het nie reggekom met al die ryery nie, toe trek sy en die drietjies Harties toe. Sy verlang terug na die plaaslewe, maar dink hierdie is beter vir die hede.

Sy is deel van die Doxa musiekbediening.

Haar matras is reeds oud, maar slaap tog te lekker. Sy het ñ spinnekop fobie, en hulle het nie troeteldiere nie want een van die kinders is allergies. Sy het onlangs drie kilogram verloor, is op die 28 dag dieët.

Sy en haar man het mekaar as studente op Potch ontmoet. O ja, en haar ma bly langs hulle.

Al dié in ñ kort rukkie. En ek het skaars my mond oopgemaak.

Met die groet slag word ek en manlief uitgenooi vir ñ braai. Komende Sondag. Moet niks saambring nie, kom net oor.

Die lewe hier om die dam is anders. Die inwoners mag dalk lyk asof hulle bitter baie geld het, maar hulle bly steeds net gewone mense. Mense met ñ behoefte aan omgee.

Ek is bly ons het besluit om aflewering weer gratis aan te bied binne ñ sekere omtrek. Hierdie geniet ek; die instap in ñ persoon se lewe op ñ vlak wat vir hulle belangrik is. Hul huise.

Sy het nou-nou weer kom inloer. Vir my ñ plantjie gebring om dankie te sê. Koffie gedrink en vertel dat sy haar pa so mis, hy is ñ maand gelede oorlede.

Die trane het geloop en ek kon ñ mamma-drukkie gee. Toe wys sy vir my fotos van haar kamer met die nuwe beddegoed en gordyne.

Haar afskeidswoorde voor sy in die geel Lamborgini klim…

Ek is so dankbaar dat ek jou ontdek het, Una. Ek het ñ vriendin so nodig.

friendship-michael-dillon

Ek het steeds nie veel gesê nie. Was net daar, bereid om ‘aanwesig’ te wees.

Maak my hart en my oë meer oop, Here. Want soms voel ek ook maar nutteloos.