Dotjiedotjiedotjie…dis ook nie my beurt nie…

Dis nou jóú Beurt!
Die Goue Vroue is ‘n handjievol Suid-Afrikaanse vroue – oud en jonk – wat lief is vir skryf.  Ons is geanker in die werklikheid maar spoor mekaar met bloguitdagings aan om te fantaseer.

 “The Talking Stick” dien in hierdie geval as inspirasie tot wonderbaarlike stories…elke Goue Vrou kry haar beurt.  Hierdie rondte pak ons in alfabetiese volgorde aan.

Dit werk so: as jy die praatstok vashou is dit jóú beurt! Jy praat en die ander moet luister sonder om jou in die rede te val. As jy klaar is met jou storie, gee jy die praatstok vir die volgende persoon aan. (Hierdie konsep is deur Stephen en Franklin Covey in hulle kursusse tot meer effektiwiteit benut om empatieke luister te bevorder).

Volg hierdie skakel as jy ons Goue Vroue se stories in volgorde wil lees:
https://fresh.inlinkz.com/party/fe16b378ba494670a41c59177986b352

……………………………………………………………

  

Nou wat nou, Unatjie, hoekom sommer die hele bottel, wil Trommeltjie grootoog weet. Het iemand jou kwaad gemaak…?

Vra jy nog, mompel ek.

WIE???

Al drie vrouens se oë rek. Is hier moeilikheid? Het iemand aan die langtafel iets verkeerds gesê!???

Julle weet, asof ek nie genoeg moeilikheid terug by my huis het nie, nou haal dit my sommer op Rebus ook in! Flip, genoeg is genoeg! Sit ons nou daar aan die langtafel met Christa se beurt, en toe…

… toe wat…???

Ek haal diep asem. Diep. Ek is diep verergd. En seergemaak, sommer alles bymekaar.

Hoe kan sy! Hoe kan sy dit doen!!

Una, nee man, praat!

Sy, sy het my Danie verraai.

Huh.

Ja, kyk hoe lyk hy. Skoon hondsiek…

Maar wie? Hoe?

Dis sy girlie. Sy het verlede maand twee babatjies gekry, en hulle nounet vir my Danie kom wys!

Toortsie vat sommer ń sluk van Seegogga se wyn.

En die probleem is..?

Ek haal my foon uit…

O griet, sê Trommeltjie. Ag nee, sug Seegogga. Danie gaan moet vergewe, sê Toortsie.

Dotjiedotjiedotjie…

Jip.

Maar weet Danie hoe dinge werk?

Ja.

Eina.

Ja.

Ons sal hom bystaan, Uns, sê Trommeltjie. Dis wat ons doen op Rebusfontein.

Ai, sê ek.

Ja, sug Toorts.

Sjoe, sê Trommeltjie.

Cheers, hak WoordNoot in.

Laat ons terugstap langtafel toe. Una, bring die bottel.

One for all and all for one.

Tot my skande…

Ek het iewers tydens al my blogskryf jare, dis nou sedert 5 September 2016, lui geraak.

Nie soseer lui om te skryf nie, maar lui om lang skrywes te lees.

In die beginjare het ek ure gesit en in detail elke blog deurgelees. Versigtig kommentaar gelewer, mooi probeer verstaan wat die persoon sê.

Al daardie harde werk en geduld het kort voor lank vrugte afgewerp. Mense van heinde en verre het my begin volg, en ons het verhouding gebou.

Deesdae is ons op mekaar se facebook-blaaie, het sommige mekaar se selnommers, en kuier van ons bymekaar.

Maar dit het my ook lui gemaak. Ek is ń kontakmens, en wil graag weekliks hoor hoe dit met jou gaan. Juis omdat ek van 2016 af met heelwat bloggers ń pad stap, ken ons redelik mekaar se op en affe. En as jy die dag skryf, lees ek dadelik, want ek ken en verstaan jou.

Hierin lê my moeilikheid. Enige skrywe wat net lyk of dit te lank is, “scan” ek deur en maak al die regte geluide.

Ja, tot my skande.

Wat is te lank? Soos ek hier tik moet ek klaarmaak, dis hoe lank.

As wie sal ek deur die strate wil stap?

Ek sien nounou op google dat ń groepie Japanese studente tydens ń optog, elk as ń bekende persoon gaan stap het.

The chosen artworks were Elías García Martínez’s Behold the Man, Pablo Picasso’s The Weeping Woman, Johannes Vermeer’s Girl with a Pearl Earring, Vincent van Gogh’s self-portrait, Leonardo da Vinci’s Mona Lisa, and Edvard Munch’s The Scream.

Nou is ń vraag, as wie sal ek kan stap? Kan, want ek sal ingedagte moet hou dat my keuse iets belangriks van myself gaan openbaar. Gaan sê.

Ek gaan die jaartalle in berekening moet neem. Kies ek iemand uit die Bybelse tyd, moet ek maar weet dat die persoon se lewe dalk wreed ge-eindig het.

Defnitief sal ek nie ń bekende uit die Middel-eeue kies nie. Daardie was nog altyd vir my ń “no-go” tyd.

Terug in ons eie land, dalk ń Voortrekker-held? Mmmm. Ek hou nie van sukkel nie, en die hele ossewa-rondtrekkery en jou eie kos skiet, daai werk nie vir my nie.

Iemand uit die koningshuise? Ook nie. Al die ge-optoffery, baie onderrokke en ek, nee wat.

Dalk suster Theresa? Ja, nogal dalk. Want wat ek van haar weet is dat sy haar lewe gelei het deur ander te help.

Dalk iemand met ń meer opwindende geskiedenis…

Die tv-reeks Outlander se vroulike hoofkarakter? Ja!!! Want dan weet ek presies waardeur sy moes worstel, en hoe sy anderkant uitgekom het. Dit sal my skildery wees.

Vreemd hoe mens op ñ dag net weer onthou…

Daar was nie regtig ñ trigger nie, net ñ skielike klank, ñ paar note, en ek onthou weer.

Op ñ oggend, jare terug, word ons met die nuus wakker. Diana is dood.

My jong getroude jare was redelik gevul met haar storie. My dogtertjies het elk ñ troustel Barbie en Ken-poppe van haar gekry. Ons jong mammas het ons verkyk aan haar haarstyle, haar lieflike uitrustings.

En een oggend is sy net dood.

Dis ñ harde woord, ons wil dit nie altyd sê nie. Tog, op die oomblik leer baie van ons sy werklikheid ken.

Ewenwel, Diana het ñ eenkant rol in my jongvrou-dae gespeel. Miskien daarom dat ek tog in ñ mate swaarkry oor Harry en Meghan se uitvalle met die koningshuis.

Diana sou dit so graag nie so wou hê nie, glo ek. Maar nouja.

Vir ñ paar jaar het ek ñ sprokie saam met haar beleef. Opgewonde geraak met die twee seuntjies se geboortes, ñ seer hart gehad toe haar huwelik so verskriklik skeef loop.

Triggers.

Iewers vandag het ek ñ paar note gehoor. En onthou.

Akward. Of net plein ongemaklik.

Vir my is hierdie ń spesiale skildery. Almal van ons was op ń stadium al in ń ‘akward’ situasie. Ek gebruik die Engelse woord, want dit druk die gevoel baie raak uit.

Om op ń plek te kom waar jy glad nie tuis in jou eie vel voel nie.

Hou jy die klein mensies dop, die wat om en by vyf jaar oud is, sien en hoor jy baie duidelik as hulle ongemaklik voel.

Baie duidelik. Op daardie ouderdom hou hulle glad nie daarvan om verleë te voel nie. Glad nie.

Eintlik, ons hou nooit daarvan nie.

Ek sukkel met lyndanse. O, my mond is groot as ons daaroor gesels, en ek sien myself die perfekte passies gee.

Dan.

Kom ons op ń troue waar die familie daardie “Sound of music” klomp is, en hulle trek weg met lyndanse, vries ek. Ek wil maar ek kan nie. Ek wil maar my kop en die wysie kry mekaar nie gevind nie. Ek wil maar my voete is te stadig.

En o, belangrikste, ek het nie die ingebore Afrika-kind aanvoeling nie. Ook nie die loslyflittige ‘moves’ nie.

Ek begeer dit, maar ons mag nie begeer nie.

So, ek voel en lyk ‘akward.’ Help nie om te sê ek kom mooi reg nie, strooi. Ek maak my naam gat.

Nou hou ek sommer nie meer van troues nie. EK WIL KAN VOORDANS! Ek WIL DIE OUMA WEES WAT DAN NOU SO WONDERLIK KAN DANS!

Dis ń ego ding. Dis waar.

Ek begin alweer ernstig dink oor dansklasse. In my matriekjaar het ek en my tokkelok-studente kêrel lesse geneem. Dit was die Grease tyd. Ons het dit skelm gedoen, want in die meisiesskool was dit ongehoord. Grease danse! Nee, o genade!!!!!!

Terug by die skildery… Nee wat, ek dink almal verstaan wat ek probeer sê.

“O die donkie, ja die donkie, die donkie is ń wonnerlike ding.”

Hier waar ek deur ons sitkamervenster kyk, is ek dik van die lag.

Ons het nou wel nie ń donkie nie, maar ń wit hoender.

Nou sien, die ding is. As jy ń ‘voël-sanctuary’ mens is, met ander woorde, jy het meer as net een voëlboek, want jy ken voëls, is jy anders as net die gewone piekniek-gangers. Asook die vissermanne.

Ek hou ons lokale hoenner nou ń paar dae dop. Wie s’n sy is, weet ek nie. Maar dat sy ń inwoner is, is waar.

Sy het ń houding, want sy is anders. Die Kolganse en Visarende se watsename, hierdie hoenner het styl.

Sy stap op die braai-manne af met ń missie. Het hulle vir haar kos of nie? Sy is met niks minder tevrede as ń mengelslaai nie, ń vars ene.

Die kinders probeer haar wegjaag, defnitief op die braaier se aandrang. Ek meen, mens betaal geld om by hierdie ‘sanctuary’ in te kom. Hier is uitsonderlike voëltjies, en jou braai is jou braai. As ń verd….d.. hoenner nou nog al om jou voete kom rondpik, is te veel te veel.

Dan jaag jy haar, met jou braaitang in jou hand.

En al wat sy doen is, sy kruip agter die kar weg, en as jy weer tot verhaal kom, is sy terug.

Miskien moet my liedjie wees ‘Daars ń hoender wat ń eier nie kan lê…’

Wag, laat ek die FAK op die rak gaan soek. Hoenderliedjies, ek dink daar is nog.

🤭😉😂

Sê nou net…

Prentjies kan my vreeslik laat wonder. Sê nou net ek gaan slaap een aand, en iewers in die nag word ek in ń ander tyd en plek wakker?

Dis dalk ń droom, dit sal ek weet, maar wat as dae verbybeweeg, en ek nie meer so seker is nie?

Sal ek myself kan oorhaal om in daardie huidige omstandighede iewers te begin?

Heel moontlik gaan ek nie eers die taal verstaan nie.

Gaan mense my aanstaar, my dalk gryp en in ń tronk gooi?

Indien nie, sal ek die “guts” hê om uit myself te beweeg en die nuwe te omarm? Om te besef dat ek nie weet hoe lank ek daar gaan wees nie, maar dat ek nie net kan bly wegkruip binne my eie onsekerheid nie?

Sal vrees vir die onbekende my lam hou?

Ek en prentjies.

Bertus het vanoggend in Dubai geland, Maandagaand vlieg hy weer terug Tanzanië toe. Ons twee ervaar soveel onbekendes op die oomblik. Midde in die pandemie probeer ons ons eie nuwe normaal skep. Onsekerheid vier soms hoogty, maar sê nou net.

Is dit moontlik om jou hele bekende wêreld te laat los en ń nuwe aan te pak?

Ja. Sê nou net.

ń Piramiede genaamd Una.

Religion was central to every aspect of Ancient Egyptian life, from birth to death, and finding papyri from this early stage in Egyptian history informed our understanding of these cultural practices.

Pyramid of Unas.

Sakkara_C02-29

Image by Wikipedia

Unas’ pyramid — or, if we’re being honest, “heap of rocks” at this point in history — contains the first example of what are now known as the Pyramid Texts — the religious spells and inscriptions that were used to safeguard the Pharaoh on his journey between this world and the next. The spells contained within covered every aspect of the Pharaoh’s journey, from spells of protection for his body to those intended to call upon the gods for aid. They detail the rituals that were used by the priests to consecrate the body, including the critical “Opening of the Mouth,” ceremony, which was believed to be essential to the deceased’s ability to eat and drink in the afterlife.

Unas_Pyramidentexte_det1

Terug in die hede: Ja, sowaar, daar is ń piramiede wat my naam het.

Interessant genoeg, stap ek op die oomblik saam met Paulus-hulle deur Handelinge. Ek verkyk my op die ou kaarte aan die plekke waar die dissipels en die Christene van die vroeë kerk rondbeweeg het. Ek, wat ń prentjies mens is, knyp my oë soms toe en probeer myself indink hoe dit moes voel en lyk en wees.

Ons klompie op die estate hou Saterdag begrafnis. Nounou kom maak Johannes K by my ń draai, wil ek saam met die ander in sy bussie kerk toe ry?

Maar Johannes, hoe? Net oom Robbie-hulle alleen gaan meer as vyftig mense wees.

Ek bel en vra oom Rob om asseblief iets op die groep te plaas. Net sodat almal betyds rustig kan raak.

Ons hou begrafnis ja, op ons fone en die tv. Dit sal vir meeste van ons ń eerste wees.

Geen piramiede nie. Geen resitasies wat opgesê moet word om die afgestorwene tot in sy eindbestemming te kry nie.

Net elk van ons in sy eie huisie, met sy eie dink en sê, terwyl ons tannie Brenda groet.

Sterkerige mense.

Sterk, sterker, sterkste.

Die trappe van vergelyking. In Engels, degrees of comparison.

Ons toets onsself aan mense, spesifieke mense, en ons het ons eie vooropgestelde kriteria.

Vandag is weer een van my diepdink dae. Ek moet, want gisteraand het daar alweer “ń paw-paw die fan gestrike.”

Oompie Google sê, gaan werk aan jouself. Want regtig, jou soort vraag het geen maklike oplossing nie.

Geen logiese een nie.

Sterkerige mense. Hulle is oral om my.

Ekself steek weer by die eerste oop spasie vas. Die ander twee sê sterker, sterkste.

Ek bly rondhang by sterk…

😉🤭🤗

Untitled finale.

En so moes ek vanmiddag twee ou groot mans-lywe elk ń druk gee. ń Eggenoot en ń seun.

Ons estate is vanaand vreemd stil, want tannie Brenda is hemel toe.

Hoe gebeur dit so vinnig.

Gareth het my vasgeklou, vir lank. Oom Rob is weer sterk. Hy het nie ń keuse nie, want hy het ń kind.

ń Mens-engel is hemel toe.

Juig hulle daar bo? Sien jy oral glimlagte?

Ek dink nogal so.

Untitled.

‘So auntie Una, my mom will come home??’

Hy is veertig, ń kind-man wat as vierjarige sy pa se weermag-rewolwer in die hande gekry het.

Ek en hy sit al van twee-uur vanmiddag af en kyk hoe die werkers die hiasinte bymekaar skraap.

Gareth se mamma is 14 dae gelede opgeneem, weens covid.

Sy pa, ons liefste oom Robbie, en ń buurman wat al jare saam met my en Bertus kom, is half-twee vanmiddag hospitaal toe ontbied.

Tannie Brenda is sedert Saterdagaand ‘unresponsive.’

‘Auntie Una, please ask God if she will be oukey.’

Ek en hy maak ń laatmiddag vuurtjie, ek sal hier bly tot oom Rob terugkom. Gareth raak ‘agitated,’ en ek dink aan my eie Boeta. Binne ween ek, want ek kan nie antwoord nie.

Oom Rob kom terug, sy oë is so-so leeg.

‘They will let us know through the night, Una.’

Ai, tannie Brenda, ek weet jy is een van die engele wat op aarde woon. Maar wat gaan ons met hulle doen as jy vertrek?

ñ Naweek langs die dam.

Ons wat permanent langs die Harties-dam bly, raak gewoond aan die luilekker vakansie-atmosfeer. Ek het ñ paar fotos gaan uitkies wat hul eie storie vertel.

Soms raak ons klompie ouer mense goed vies vir die lawaai op die partytjie-bote, maar ag wat, dit gebeur min genoeg.

Dit bly spesiaal om met ñ klein bootjie tot teenaan die voëleiandjies te ry, jy sien meestal neste vol kuikens, en defnitief ñ yslike likkewaan of twee.

Meeste inwoners sal jou dadelik kan gaan wys waar die Visarende broei. Dit bly ñ spesiale gesig.

Die Magaliesberge is een van die oudste bergreekse in die wêreld, amper 100 keer ouer as selfs Everest.

Die damduikers bly glo, as jy eenmaal ons water gedrink het, eenmaal dit gewaag het om in ons dam te swem, is Harties in jou bloed.

Daarvan kan ek en Bertus getuig. Ons kom al hierheen van laerskooldae af, en bly sedert 1994 permanent hier. My skoonouers, my ma en my boet is hier oorlede.

Soos ons sê, eenmaal ñ Damduiker, altyd ñ Damduiker.