Die hart se punt…

2317383429_f8c3604af5

Vir die eerste 105 dae van ñ klein Balinese mensie se lewe, moet die voete nie die grond raak nie…want hulle is só na aan die hemel. Jy is reg, ja. Dit moet iets met hul geloof te doen hê? Die grond is glo nie rein nie.

Vir daardie 105 dae word kleinste in die arms rondgedra, teen ma of pa, ouma of oupa se lyf. Of deur die oudste kinders. Oral om jou dra mense hierdie geskenkies van bo rond.

Bali is wêreldbekend vir sy liefde vir kinders. In die 13 jaar wat ek hierheen kom, het ek nog nooit kinders met slegte maniere opgemerk nie. En kyk, hul families is groot.

Hoe doen hulle dit???

“They lead by example”. Om mekaar te respekteer, is vir die Balinese gemeenskap van die allergrootste belang.

Met dié dat gemeenskapslewe vir hulle so waardevol is, gaan jy defnitief ook ñ paar baie persoonlike vrae gevra word. Veral as jy alleenlopend is, antwoord versigtig. Hulle vind dit absurd as jy nie wil trou nie. Want dan is daar ñ defnitiewe afwyking in jou persoonlikheid. En sê eerder jou anderhelfde het heengegaan, dis minder tragedies as die woord egskeiding! Ek het sowaar nog nooit ñ geskeide Balinees raakgeloop nie.

Vir hulle is alle Westerlinge Christene. So in Indonesiese logika, is ateiste dieselfde as kommuniste.

Vir my, binnekort 56 jaar oud, bly dit ñ absolute voorreg om nuwe kulture te ontdek. Om agter te kom dat ons dieselfde grappie kan geniet terwyl ons die “punch line” 100% verskillend verstaan.

Dat ék my kleinkind van ñ paar maande oud, se voetjies met seesand kan toegooi sodat hy die tekstuur daarvan aanvoel, en my Bali vriendin haar kleinseun liewer stywer teen haar hart vasdruk, want hy is nog ñ engelkind.

Ons hartseer verskil nie veel nie, ons trane proe ewe sout.

En ons kan langsmekaar op ons knieë gaan; sy met ñ bordjie delikate “offerings” in haar hande. En ek met ñ diepe dankbaarheid in my hart vir my God se offer.

Sy Seun.

 

 

 

Reën, reën, lieflike reën…

119455580

So ñ liedjie word dalk wêreldwyd gesing, maar nie in Bali nie.

Dis asof iemand iewers ñ lewensgevaarlike aankondiging gedoen het, en nou reageer almal!

No! Rain!!!

Oh my …, rain!!!

Jy probeer by die venster uitkyk, dalk sien jy net ook hierdie verskriklike ding in die lug raak. Want almal kyk hemelwaarts, en sien iets.

As jy besig was met ñ kooptransaksie, word die pen sumier neergesit, die drie treë na die uitgang gegee, en volg dieselfde woorde…Oh my god, rain!!!

Julle moet onthou, in die Hindu geloof is daar letterlik duisende gode. Ek probeer soms “uit te figure” met wie hulle op ñ gegewe oomblik praat, maar ek faal altyd. Selfs al vra ek Wayan baie eerbiedig wie hy aanroep, kry ek net ñ vinnige sywaartse kyk, en slaan hy sy oë op na die berge.

Is ons geloof dalk ook vreemd vir ander? Verwonder Wayan hom aan my as ek bid voor ek eet? Wonder hy ook met wie ek praat?

Ek dwaal nou van die punt af. In Bali kom alles onmiddelik tot ñ stilstand as die reën uitsak. Elke ou gaan sit iewers op ñ trappie, steek ñ sigaretjie aan, en neem diep teue. En dan word daar gedink. Fronse verskyn op die voorkop, baie soos Donald Trump s’n, die oë fokus op…waar ook al. Ek as kliënt word ietwat ge-ignoreer. Want dit reën dan.

As dit langer as twee en twintig minute aanhou…ok, hierdie is my eie sarkastiese mening, word die winkel verlaat, en verdwyn die eienaar by ñ agterdeur uit wat na sy compound lei. Die dag is amptelik verby.

En jy? Jy is welkom om op die stoepie te bly sit, jou groen lysie- boekie in jou hand, die optelmasjientjie in die ander, en jou aqua op jou skoot.

Want ja, dit reën.

ps: Aqua is die Balinese gebruikswoord vir water…net vir ingeval jy wonder.xxx

Waarheen nou…

bali-drome-deur

Een laatmiddag sit ek op ñ stel trappe in Seminjak. Vér geloop en heelwat verdwaald. Die oseaan lê uitgestrek voor my, die woudpad terug, agter my.

En ñ deur.

Redelik uitasem maak ek ñ opsomming van my keuses. Draai ek om na die bekende, of stoot ek die deur oop.

So baie kan verkeerd gaan. Die strandpaadjie kan net eensklaps ophou. Dit kan hoogwater raak en my weg versper. Erger nog, soos in een van my drome kan ñ reuse golf oor my spoel en my meesleur diepwater toe. Ek kan op rotse land en na benede tuimel!

Of dit kan ñ kortpad terug hotel toe wees.

En dan onthou ek die woorde van ñ lied, en ek weet, ek sal ok wees. Al verdwaal ek soms, Hy sal my op die pad terug ontmoet…

Fierce:ChrisQuilala

Before I call, before I even cry…You answer me from where the thunder hides. I can’t outrun this heart I’m tethered to.

When every step I take, I collide with You.

Like a tidal wave, crashing over me, rushing in to meet me here. Your love is fierce. Like a hurricane, that I can’t escape…tearing through the atmosphere. 

You cannot fail…the only thing I’ve found. Is through it all You never let me down. You don’t hold back, relentless in pursuit…At every turn I come face to face with You…

You chase me down. You seek me out.

HOW COULD I BE LOST WHEN YOU HAVE CALLED ME FOUND!

Die kyk wat kan volmaak…

01c97f841ec0e0d9b33521423419079b

Soms in die lewe, soos vandag- hier -nou, vind jy nie die woorde wat gevind moet word nie. Hulle is wel daar, en daar bly hulle. Lank gaan sit en dink, probeer… werk nie. Want vandag moet jy nie sê nie, jy moet wys.

En die sien, word die sê.

So bied ek dan vandag net hierdie foto, en hoop die iemand wie se binne-mens ek wil aanraak, ‘lees’ dit. Voel die ondersteuning wat ek stemloos gee.

En loop die pad verder met nuwe krag…

Die proe van die stapper…

balidrome-6

Jy kan saam stap, of alleen stap.

Die rugsakkie is ñ moet, jou waterbottel ook. Crocks werk, en dan jou kamera. Saamstap is lekker want jy beleef enige iets twee keer. Oë sien verskillend, so jy sien ekstra deur die ander se praat. En die lag is hard, uitbundig. Want om te deel is om te gee, en om te gee is bevrydend. So die lag is hard.

Om alleen te stap op hierdie hart-eiland is om saggies te giggel. Met elke tree wat jy op jou paadjie gee, loer ñ anderse nuut vir jou. Jy vorder ook nie baie vér nie, want alleen stap is soos proe. Versigtig, en met afwagting. Jy kan nie net hap en sluk nie. Jy kom tot halt, jou kyk sien ráák, jou sintuie som op en dan kom die lag. Die sagte, binne- borrel lag van lekkerkry.

Want Bali is soos hekelwerk…gaatjies vasaanmekaar om ñ kleed te skep. Een wat jy aan voel, teen jou wang druk en oor jou kop trek. Dit is so anders nuut, hierdie eiland- wêreld propvol vreemde gode, sambreeltjies, “offerings”, vlae, vlieërs, eende op ñ ry in strate, mense vier- vier op motorfietse, kosgeure, watervore ORAL, ryslande tot teen die hemel, en nimmereindigende kunswerke en musiek. Jy struikel soms oor jou eie voete van rondkyk en inneem, inasem en bêre. En jy lag sag, want hierdie onthou kan net joune wees.

Terug by die huis probeer jy oorvertel, maar jou woorde klou aan jou lippe. Jy probeer jou fotos, maar die praat steek vas in die onthou. En jy los maar liewer…

Want hoe deel mens alleen stap?

 

 

Ai my boet…

8324878710_337c7d5333_b

Sonsopkoms beteken gister is verby, die nag het sy lope geloop en jy haal nog asem.

Selfs op die verste, kleinste eilandjie kan die donker van ñ sms jou opspoor. Die stem aan die anderkant jou binne-mens uitruk, en kan jou gister se wees nie meer ñ môre word nie.

Die feit dat jy 13 ure tot hier gevlieg het, versag nie die ondenkbare nie. Binne enkele woorde is alles vir ewig anders.

Die huil kry wel ñ ander patroon, want jy mag al die voele van altyd voel. Jy sit nie jou donkerbril op om jou rooi oë vir kinders weg te steek nie. Jy dra hom teen die skerp sonlig. Jy luister nie gedweë na bemoedigende woorde nie, maar jyself sny gedagtes met ñ skerp swaard tot niks. Jy ontvang nie jammer- sê kos by die voordeur nie, jy grou ñ gat in jou hart en dit bloei.

Want jy is alleen. En dis goed.

As die son dan die volgende dag opkom, stap jy op ñ strand en trap diep spore. Jy sak weg maar klim weer uit.

Jy skryf ñ kleinboet versie in die nat sand, en jy kyk hoe die golfies dit vir altyd wegdra.