En toe ek wakker word…

17727551

Wat val ñ mens heel heel eerste op as jy in die taxi van die lughawe af ry. Dalk die hitte, dalk die smal straatjies met  die winkeltjies wat oral uitpeul.

Jy vergaap jou aan die gemaklikheid waarmee ñ mengelmoes van mense rondbeweeg. Almal in slenterdrag en heerlike uitgetrapte plakkies. Die kooplus oorval jou onmiddelik sodra Kuta se strate om jou oopgaan. Al voel jy vuil en sweterig na die vliegrit.

Oral is motorfietse en taxis. Maar dit pla jou glad nie, want jy is reg om een te word met hierdie eiland waaroor jy al so lank net kon droom. Jy is reg om Nasi Campur te eet, en baie rys. Bintang bier te sit en drink en in die laat middag saam met die locals langs die strand rond te hang.

En soos ñ ‘lover’, ñ romantiese, stil, rustige ‘lover’ begin Bali sy vingerpunte teen jou hart druk. Saggies. En jy neem ñ diep teug van die lug, die klank, die reuk, die ritme wat deur die straatjies pols. Jy verwonder jou oor die gevoel van saligheid wat sy kop uitsteek, en jy sit sommer meer regop op die agtersitplek van die taxi.

29749495cfd46c28aa3e214e362fd9cc

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

5 thoughts on “En toe ek wakker word…”

  1. Altyd maar altyd as ek uit die vliegtuig geklim het en die eerste vogtige hitte teen my slaan, teug ek diep en drink die reuk van Bali in….. Mooi vriendin, laat ons drome ons op reis neem.

    Like

  2. Hi there! This post couldn’t be written much better! Reading
    through this post reminds me of my previous roommate!

    He always kept preaching about this. I’ll send this
    information to him. Fairly certain he will have a good read.
    I appreciate you for sharing!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s