Aan my maatjie in die Kaap…

nasi-campur

Bali se sand tussen jou tone kan ñ groot leemte óók laat.

Die sand vergader in ñ hoekie in jou hart en maak jou weerloos. Weerloos teen die verlang en onthou van ure in straatjies rondloop en indrink. Van in ñ hoekie in Dulang Café sit en die lewe afloer. Nasi Goreng eet. Van met jou lysie in jou handsak rondskarrel om weer ñ sekere winkeljie op te spoor. Van verdwaal raak in Legian straat en dan in Poppies Lane op te eindig.

Weerloos laat voel omdat jy bang is jy gaan dalk nooit weer terug nie.

Bali kan jou laat treur sonder trane. Want jy het vir rukkies daar gelèèf; daar gelag en laf op die sand tiekie gedraai; jouself verloor in die vryheid van nuwe kulture ervaar. Jy kon jou God sò naby aan jou wese beleef terwyl jy in ander ànders as jy se lewens rondstap. Jy kon jouself wees… en dit was goed om van jouself te gee.

Net, daardie stukkie van jou het jy nie saam terug gebring huistoe nie.

xxx

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s