Om Bali te kan deel…

25.jpg

Deur my anderhelfde se man-bril, kry Bali ñ ander kleur. Daar is glo, nagevors, oor die 100 skakerings van groen. En die man-bril sien dit sowaar raak. Bertus verander in ñ gedugte fotograaf, ñ gerekende spreker van Engelse-Balinees, ñ bo-baas onderhandelaar in mark pryse, en ñ uitprobeerder van al 10 000 masseer stalletjies. Die hoeveelheid nuwe spierspasmas wat die tropiese klimaat ontketen, is verstommend.

Die ‘do-it-yourself’ boksie in sy brein kry nuwe diepte terwyl hy tussen die meubel stalletjies invaar. En ñ taxi met ñ heerlike aircon in, raak ñ rariteit. Stap moet ons stap.

Donkergroen raak liggroen as ek hom so uit die hoek van my oog dophou terwyl hy met die mensdom gesels. Diep vriende raak met die ou Balinese omie wat sy perdekar blinkvryf, ñ Australiaanse groep toeriste omhels en ñ heerlike geur van Suid-Afrikaanse gasvryheid oral uitdeel.

Groen raak groenste as hy die sonsondergang met soveel diepte beleef, en op die nat sand vir ons n hartjie gaan teken.

Jip, Bali sal altyd my alleen-plekkie op die aardbol bly. My asemskep hoekie. Maar manlief en spesiale vriendinne rond dit af.

xxx

maxresdefault

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

One thought on “Om Bali te kan deel…”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s