Om net te wees…

bali-258

Die strandpaadjie in Kuta begin iewers, en stop êrens. So eintlik kan jy maar enige plek begin met jou wandeling, en enige plek ‘afklim’. Dit hang alles af van die gevoelens hier binne.

Doen jy die dag die toeriste ding, begin mens by Kuta se strandmark. Jy beur jou weg oop tussen eetstalletjies, “surf board” kioske, masseer beddens, Bintang en of water karretjies, en eindelose sarong uitstallings. Soos niks word jou aandag afgetrek van jou oorspronklike plan, oorweldig die koopgier jou, en raak die plastiese sakkies te veel om verder mee rond te beweeg. Jip, dis nou maar eenmaal Kuta. Jy swig uurliks.

Maar…soms voel jy anders. Ek wil nie sê weerloos nie; ek wil nie sê verlate nie. Iets tussen-in. Vol gedagtes wat nie ñ vashou plekkie kry nie. Jy loop, jy sien, jy ervaar en dan loop jy weer. Baie soos ons kleinseun se bearded-dragon. Camo klim op haar klip, staar in die verte in, lê doodstil, en gaan klim op ñ volgende klip.

Die andersheid van Bali se eilandgees maak dat jy alleen wil loop. Die sien wil ‘voel’, die ervaar wil vasbind aan jou binne mens. Want nooit wil jy weer sonder dit nie. In jou brein skep jy ñ hoekie gevul met JOU ervaring van die ritme. JOU dinke.

En wanneer jy vir oulaas deur die vliegtuig se venster loer, gaan anker jy daai hoekie sorgvuldig vas in jou hart.

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

5 thoughts on “Om net te wees…”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s