Aspoestertjie…

img_1973

Bali het skoene. Baie. En so weet ek ook waar almal is.

Daar is ñ sekere verdieping in ñ sekere Mall, en as ek dit nou móét deel, die eerste vloer. Verder sê ek niks, want as jy nie die ‘gevoel’ kry aan die bo-punt van die roltrap nie, is jy sumier gediskwalifiseer.

Skoene kyk is nie net ñ aksie nie. Dit is ñ gebeurtenis en daar kan geen tyd aan gekoppel word nie. Dit moet ook alleen uitgevoer word. En gewoonlik is daar ñ alibi nodig. Jy sê dalk vir een ander mens waarheen jy gaan, vir die res is jy net êrens.

Eens jy van die roltrap afklim, val alle ander gedagtes weg. Die skoen-hemel omhels jou, en jou wese teug die leer-aroma diep in. Ja ja, ek weet ek oordoen dit, maar wag net. Soos ñ affair kan hierdie totale verwoesting in jou lewe saai, en jou knak. Want hulle is oral. In alle kleure en smake en style. Wig hakke, plat hakke, blink, skerp punte, kerk skoene, werkskoene, speelskoene, staan skoene, loop skoene. Jy voel weerloos teen die aanslag van versoeking. So nou moet konsentrasie inskop, fokus is nodig. Woorde leeg.

Klink dit dalk vlak? Wel, kry vir jou. Oordeel my eers eens jy daar was.

Soos die Ya-Ya sisterhood het ek getuies wat sal bevestig dat die SKOEN ervaring diep is. Te diep vir die algemene publiek. Ons is met die hand …voet…uitgesoek, en ons weet waarvan ons praat. Ons gaan weer en weer terug vir nog, dink diep oor ons keuses, beplan vir ons toekoms. Beplan ook hoe om ons tasse toe te kry.

En sneak dan vinnig weer terug vir nog.

Opgedra aan Hannelie. Estelle. Lona. Thebi. Lisa. Janèt. En aan my Nadia meisiekind wie se kas van Bali skoene oorloop!

shoe-racks-entry-transitional-with-farm-sink-banquette-seating-17

xxx

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

12 thoughts on “Aspoestertjie…”

  1. Oeg ek is net so mal oor skoene. Maar, en dis ‘n MAAR, ek sukkel om op hakke te loop. Hoë hakke. Ek is altyd bang ek breek my pelvis. Of iets. Of lyk soos ‘n pasgebore giraffe.

    Wighakke is uit die skoenhemel net vir my gestuur natuurlik! Die beste bederf naas HAKKE.

    Ek het wel ‘n paar pare HAKKE in my kas. Maar dit beteken nie noodwendig ek moet dit dra nie. Ek kan net lê daarin! Hehehehehehe!

    Like

    1. Mens noem daai skoene ‘staan skoene’. Dit is al wat hulle hoef te doen, in jou kas te staan. Ek was vanoggend te geskok om enige kommentaar op jou post te lewer. Het jy dit flippen self geskryf!!! Hoe raak mens so goed… waar gaan haal jy al die dinke uit. Ek salueer jou woordeloos.

      Liked by 1 person

      1. Hehehehehe ja ek het dan ‘n paar pare sexy staan skoene! 😆

        Nee dis ongelukkig nie my eie gedig nie, maar Almarie Truter s’n, die Maanvrou. Sy skryf ongelooflike gedigte.

        Like

      2. Mens leer maar so met die tyd. Jy sal sien op my blog het ek verskillende “tags” wat ek op my inskrywings sit. Dis soos kategorieë. Daar is verskeie vir kuns en fotografie en baie digters en dan ook my eie werk. Jy kan dit ook op jou eie blog aanbring. Die groot geheim is dat mens moet speel met jou blog en dit geniet!

        Like

      3. Maar hierdie raak nou my ‘drug of choice’! Gaan dit later normaliseer? Ek kan nie wag om in die oggend by my winkel uit te kom, my laptop aan te sit en in die blog wêreld te verdwaal nie. En ja, ek slurp elke bietjie raad oor my blog op, gaan nou dadelik die ‘tag’ ding bekyk.

        Liked by 1 person

      4. Lol!

        Jong, na ‘n hele paar jaar voel ek nogsteeds so oor my blog! ek weet nie of dit is omdat ek anoniem blog nie? Niemand in y huis weet ek blog nie, hierdie is soos my eie wereld waar ek als kan sit wat mooi en seer en gelukkig is. My ma en my broer weet ek blog, maar hulle het geen idee hoe of waar nie. Dis vir my my eie lekkerte.

        Like

      5. Regtig! Wow, dit is nou soos ‘under cover’ wees. Jy is braaf, ek blaker dit aan almal uit waarmee ek besig is. Maar. Daar is ñ onderwerp wat ek een of ander tyd gaan moet aanraak, vir my eie onthalwe, een wat ek van sekere mense af sal wil weghou. En dit is klaar ñ tammeletjie in my kop. Want hoe nou.

        Liked by 1 person

      6. Dis hoekom ek vir niemand vertel van my blog nie. soms skryf k dinge wat ek rerig met niemand na aan y wil deel nie, maar ek moet dit tog op ‘n manier uit kry, en die maklikste is maar om te skryf.

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s