Beloftes.

Cockfight

In Bali is “cockfighting” steeds uiters gewild. Omdat die gebeurtenis gesien word as ñ godsdienstige offer aan die “earth spirit”, is dit belangrik vir die Balinese om goed aangetrek by so ñ geveg op te daag, en reg op te tree. Hierdie pragtige hane word deur hul eienaars daagliks gemasseer, gebad, goeie kos gegee en afgerig om as wenner uit die stryd te tree. Want hierdie haan hou die belofte in van groot pryse.

In my ‘stil’ tyd vanoggend in die kar oppad werk toe, was daar ñ gesprek aan die gang. Met myself. Met God. Oor beloftes.

Soos ñ Petrus op die water, het ek myself ñ paar vrae gevra en gevoel hoe die sink begin. Doen ek iets nie? Hoekom ‘voel’ ek so totaal naby God, en tog trek ek baie swaar by die winkel. Word ek getoets of steeds geleer om op Hom te wag?

Job se naam het vlugtig in my gedagtes opgekom. En net so vlugtig is dit weer uit. Nee, ek moet verder soek. Die Job tydperk is al verby, lankal. Hier is iets anders. Iets wat my nie gespanne maak nie, net opgewonde los. ñ Verwagting.

Steeds, kyk ek na die feite van ñ sukkelende ekonomie, SARS wat toesak op invoerders en die wêreld vir ons baie moeilik maak, moet ek dan nie nou in sak en as sit nie? Mis ek iets. Is daar iewers in my wêreld ñ deur wat oopstaan, en ek voel nie die stormwind nie.

En met geen antwoorde nie, begin ñ lied se woorde net weer in my gedagtes draai.

“Before I call, before I even cry. You answer me from where the thunder hides…”. Net dit.

Ek het my beloftes by U gekry. En ek sal daarop bly staan. Want ek weet U kan nie op U Woord teruggaan nie.

So ja, sonder nuwe antwoorde, sonder ñ nuwe gevoel, op hierdie 31ste dag van Oktober, sal ek ook my beloftes bly koester, aan hulle dink en oor hulle mediteer, my emosies en vrese voor Sy voete terug ‘lê’.

En die winkel oopsluit.

Advertisements

Wat is jou naam?

(fotos:Google Images)name

As jy ñ rukkie in Bali vertoef, kom jy agter dat omtrent almal een van die volgende name het. Wayan, Made, Nyoman of Ketut. Dit beteken eenvoudig eersgeborene, tweede kind, derde kind of vierde kind. Hierna volg ñ privaat naam. Om die verskil tussen manlik en vroulik aan te dui, gebruik hulle “I” vir mans, “Ni of Luh” vir vrouens.

Eerder as om jou naam te vra, sal hulle sê “Where do you sit”, wat na jou familie stand verwys. Of jy dus uit ñ arm of ryk familie kom. Eens hulle die antwoord het, besluit hulle oor watter vlak van die taal om met jou te praat.

Hierdie inligting het ek weereens by ons Wayan gekry nadat ek die dag sprakeloos toegekyk het hoe ñ groep mans almal gelyktydig sê hul name is Wayan.

Dit bly beter as die feit dat my naam, Una, in Italiaans ‘ñ’ beteken. Wat het my ouma gedink toe sy op ‘ñ’ besluit het! Op ons besoek aan Italië verlede jaar, het ek later nie meer geweet hoe om myself voor te stel nie. “Hello, ek is ‘ñ’, en as ek nou nog moes by antwoord ‘waar ek sit’ was ek in my kanon in. Finansiële aansien en voorgeslagte met hogere titels het verby gehou.

Ek sien darem dat my naam in Latyns ‘meisietjie’ beteken. Ook ‘eenheid en kompleetheid’.

Maar in Bali bly ek Luh Wayan Una.(so het ek dit nou uitgewerk)

fee3cce0f1f1235d5833f0d13a434973

Hier kom die bus…

(foto:Google Images)6275879_orig

Hierdie bly vir my ñ ‘lekker’ prentjie om langs Bali se strate te sien. Kleurvol, die liggaamshoudings in die ‘wag’ posisie, heerlik in hul tradisionele drag, en elkeen dink sy dink.

Rustig en gemaklik met die lewe, wag hulle vir ñ bussie.

So ñ hele klompie jare terug, 1995 se tyd, het ons die Sondag middag kuiermense oor. ñ Ou skoolvriendin kom stel die nuwe man in haar lewe aan ons voor.

Pragtige mens, vors gebou, met ñ mooie persoonlikheid. Ek en manlief hou dadelik van David, sommer baie. ñ Soliede mens, net wat vriendin nodig het.

Op ñ stadium gaan haal ek koek en tee. Kom teruggestap na die stoep-stelletjie met ñ netjiese skinkbord vol lekkernye.

Nou intussen het manlief bietjie dieper oor ‘dinge’ begin uitvra. Tussen die twee van ons is manlief die diepere. Hy vra sy vrae en skram nie weg van dieptes nie. En vriendin is vir ons belangrik, so daar móét ernstige prate gespreek word. Gewoonlik gee ek hom ñ skop onder die tafel dat hy moet stop. Maar dikvelligheid lóóp in die manskant van die familie.

Ek weet van niks. Ek weet nie dat hulle oor David se pos by die weermag praat nie. Sy hoë pos. En hoe hy dit in die nuwe bedeling ervaar.

Hy probeer diep verduidelik. Vir hom is dit soos om…

Die sinne wat ek wel hoor is die volgende, David nou aan die woord: ‘…elke dag lank langs die pad te staan en wag vir die bus. Dis alleen, ek moet vir my plek in die ry baklei. Dan stop die bus, en ek klim in. En dan ry die bus, iewers heen. Maar daar is geen kaart nie, so ek sit net en kyk, en wag. Kyk by die venster uit. Heeldag. En in die laatmiddag, dan stop die bus weer, en ek klim af. Môre is dit weer dieselfde. Niks verander nie. Ek klim op, en ek klim af’.

My volledige moedersinstink skop net daar in. Niemand sê ñ enkele woord nie, daar is so ñ eerbiedvolle stilte wat hang. Ek sak op die stoel oorkant hom neer. Met diepe trane in my bruin oë gryp ek hierdie kosbare man se hand vas en prewel…’David! Nee. Jy kan nie. Jy mag nie. Hoekom ry jy elke dag op busse rond na plekke wat jy nie ken nie. Dit is nie reg nie. Ek en Bert sal jou help. Ons sal jou bystaan. Dis regtig nie gesond van jou om net dit te doen nie… jy kan regtig nie heeldag net wil busry nie…’

Teen hierdie tyd is Bert al op sy voete, want om my ñ skop onder die tafel te gee, het geensins gehelp nie. My hele wese was ingezoom op hierdie arme stukkende man hier voor my. Ons gaan moet counsel, sommer hier, nou! Dalk die pastoor uitkry, shit, maar dis Sondag. Hy werk. Ek het iewers ñ dagstukkie boek, maar waar. Moet gaan soek, moet vir hom gee.

‘Una. My Vrou’ is al wat manlief kon uitkry. ‘Jy moet reg luister, jy hoor alweer nie.’ En verpes ek dit nou as hy daai woorde op daai manier sê.

Maar nouja. Dalk het ek op die verkeerde tyd, verkeerde plek, verkeerd gesnap.

Na ñ redelike stugge verduideliking dat David na sy werk in die nuwe weermag verwys, dat dit is soos om doelloos op busse rond te ry, was ek vir ñ oomblik tjoepstil. En toe begin ek lag.

En ek lag nog steeds as ek onthou van my diep oomblik.

(aan myself)

 

 

Alweer ñ Donderdag.

(foto:Google Images)16c723b3d39cdfa5c6494dd77744ed44

Vandag het ek nodig om in hierdie prentjie te gaan sit. Eers ñ paar treë te stap, en dan te sit. Nie noodwendig op die bruggie nie. Wel meer hier aan die linkerkant waar die donker en lig bymekaar kom. Langs die blomme, nie tussen-in nie.

Ek is bly die ligte skyn in die huis, en dat dit veilig en gesellig lyk. Daar is water in die stroompie en iewers agter blink die maan. Of son.

Die prentjie lyk gesond. Hier is nie kanker nie.

As ek net sit, stil, sodat niemand my sien nie, kan ‘hier binnekant dalk regskuif’.

Dalk moes ek jou saambring om te kom sit. Net dalk moes ek jou hand kon vashou en jy weet ek sit langsaan. Maar dalk is die prentjie té gesond, en wil jy uitloop.

Dan liewer op my eie sit. En wag dat die prentjie se prentjie my regskuif.

Wat gee ek jou? Wat bring ek jou? Voor jou is ek braaf, maar agter jou…

Daarom die sit. My kop op my knieë lê, my arms willoos langsaan. En hier bly tot ek kan uitstap met iets. Vir jou.

(aan my vriendin)

 

Die wonder van ñ kleinseun.

IMG_4044

Vandag wil ek my eerste seuntjie ‘neerskryf’. Ouma se eerste kleinkind en eerste ‘blouvoet’. Ons graad twee sportman met sy sagte hartjie en mooiste glimlag.

Hoe dit moontlik is dat my wese kan verkrummel as hy so voluit op my afstorm, laat my stom. Met sy agtjarige woorde voel ouma soos ñ koningin op ñ pronkperd. Ek spandeer dae in boekwinkels op soek na ensiklopedieë wat sy gedagtes kan prikkel. Ek raak ñ meester op die natuurlewe gebied en lê ure saam met hom na diere programme en kyk.

En eintlik hou ek net van my sepies en Househunters!

Ek vang vis, vat aan aas omdat hy my vra om vas te hou, soek fossiele tussen hope klippe, leer hom om die klein spinnekoppies uit hul sandhuisies te roer, (toktokkie toktokkie kom uit jou huis…). Stap kilometers in Bali rond in die soeke na nét die regte geskenk. Luister gefassineerd na sý gitaar weergawe van ‘Dans met die rooirok…’, en klap die langste en aanhoudendste hande.

Al word hy nou ñ fris mannetjie, ouma se skoot het altyd vir hom sitplek. Ouma se lyf is nooit nié reg om hom vas te druk nie. Ouma se praat is altyd gereed om hom te ondersteun, hom aan te moedig.

Ek verwonder my aan sy loop, sy hardloop, sy sit. Sy ‘wees’. Sy trane breek my in ñ hopie krummels op. Sy hang skouertjies laat my keel toetrek, en ek voel die seer in sy hartjie as my eie.

Hierdie ‘ouma wees’ van ñ kleinseun is hartswerk. Jy sien hoe hy vorm, en jy bid. Jy ‘hoor’ hoe hy groei, en jy bid. Jy hang aan sy mamma se woorde as sy oor hom praat. En jy bid. Jy ‘sien ‘ deur sy pappa se oë as hy oor boetie spog. En jy bid.

Want ñ ouma moet bid. Dis jou kleinseun, jou kleinkind, deur God in jou arms geplaas. Deur God aan jou ook toevertrou.

So jy dra rond, jy sus, jy voed, en jy vertrou. Dat hierdie harts-seunskinders gelukkig sal wees, gesond sal bly, bewaar sal word.

En hul eie paadjie saam met Jesus sal ontdek.

Gabby en Zimb Junie 2017 075

 

(aan Nathan)

Ouma, kom gou-gou…

IMG_1694Sy was maar goed moeg na ñ dag en ñ half op vliegtuie en lughawens. Maar vir my oudste kleindogter, toe vyf, het Jesus ñ groot verrassing gehad. Jesus ja, want ouma was onbewus daarvan dat die hele Bali eiland in rep en roer is.

Ek het ñ paar dae voor dogter en kleinkind geland, en dadelik aan die werk gespring. Teen die tyd dat die twee ge-arriveer het, was al my aankope agter die rug. Daarom dan dat ek ‘die gebeurtenis’ gemis het.

(fotos:Google Images)turtle-12

Maar Jesus het onthou.

Ons hotel, wat ek maande tevore teen die see bespreek het, was die hoofpunt vir die “Kuta Beach Sea Turtle Centre” program. Snags is die strande deur “Turtle Rangers” bewaak terwyl hulle ook dopgehou het waar die skilpaaie hul eiers lê. Sodra die mamma veilig terug is see toe, is die eiers sorgvuldig vergader en na die broeikas geneem. In hierdie reuse skilpad- broeikas broei die babas na 45 tot 60 dae uit.

En ouma se klein engeltjie ontdek haar geskenk, self.

Net betyds vir DIE GROOT OOMBLIK, laatmiddag, val alle moegheid weg, en straal ñ paar ogies van loutere geluk. So kry ons kleindogter wat terug in Suid Afrika haar eie ‘diere park’ bestuur, ñ geleentheid om deel te wees van geskiedenis op Bali.

Sy kies haar eie klein pasgebore baba skilpadjie uit, sit hom in ñ bakkie, en gaan wag 10 meter van die vlak water af, in ñ lang ry.

166165734

Sodra die fluitjie blaas, laat los jy jou skilpadjie, en dan begin ñ groot lekkerte. Jy moedig hom aan, klap vir hom handjies, kruip agteruit op die sand in die hoop dat hy jou eien en sy pad vind, verwilder enige voël wat sy kans afwag verwoed. Spat skillie effens nat met bietjie seewater teen die hitte, vertel vir hom hoe trots jy op hom is, hoe amazing sy lewe gaan wees as hy die eindpunt bereik, en verseker hom oor en oor van jou liefde en dat jy hom altyd sal onthou.

En as jy Talisa is, bid jy hardop vir hom dat sy lewetjie voorspoedig sal wees.

_8

As ñ ouma en mamma, sit jy jou donkerbril blitsig op sodat almal nie jou trane kan raaksien nie. Jy verwonder jou aan hierdie klein meisiekind met haar onbaatsugtige persoonlikheid, en haar liefde vir haar Jesus. Jy bid saggies dat sy bewaar sal word, ñ lewe sal hê gevul met God se liefde en genade.

En jy gaan kniel eenkant op die nat sand en dra haar opnuut op aan jou God.

turtle4

(aan Talisa)

Laat ek net voel…

(foto by Google Images geleen)clothes-bali-shop

Ek wonder hieroor. Hoekom is dit vir my so nodig om aan ñ stuk lap te voel, voor ek verder oor hom kan besluit. Kyk met my oë is nie genoeg nie, ‘kyk’ met my vingers moet bykom.

Nie alle winkel-eienaars in Suidoos-Asië verstaan hierdie ‘aanraak’ taal nie. Sodra jy jou hand na ñ artikel uitsteek, is hulle by om dit van die hanger af te haal. Jy probeer vergeefs keer, “it’s ok, just looking” word gehoor as “I want this, what is your best price?” En ek, wat vir baie jare al weier om die “bargaining” ding te doen, kan nou maar met ñ slim teen-antwoord soos “you tell me your best price, I do not bargain” kom. Die direkte vertaling na Balinees toe is “I am stupid”. Want hoe dan nou, jy kan nie ernstig wees nie, waar val jy uit, jy nie WAT nie!!!

My manlief weer geniet hierdie afstry proses met oorgawe. Ek dink nie dit gaan soseer oor die geld nie, hierdie raak ñ sagte “battle of the minds” episode. Teen die tyd dat ek so agt winkeltjies voor hom trek, draai ek maar gedweë om en gaan kyk of daar al ñ wenner is. En verseker, keer op keer stap twee wenners weg met ñ prys elk. Die eienaar met ñ baie breë glimlag, want die afgestryde bedrag het op die ou end ñ “sale” van vyf t-shirts  meegebring, en nog ñ Bintang keps of drie by. En my selfvoldane wederhelfte het nóg ñ stryd oorwin. “Hierdie is nou ñ bargain, ouvrou”. Ek noem dit die Gladiator effek…

Om terug te kom na die ‘voel’ toe. Ek is werklik ñ “lost case” vir internet verkope. HOE kry mense dit enigsens reg om net met hul oë te koop! Wanneer het ek so agtergeraak dat ek nie hiérdie een kan inhaal nie? Is dit omdat ek ñ sestigs baba was?

Om ñ mooi stuk lap met ontsag van die rak af te haal, jou vingers daaroor te laat streel, dit teen jou hart vas te druk en effens daaraan te ruik, dít is mos nou hoe keuses uitgevoer moet word. Teen die tyd wat jy betaal, kén jy reeds jou artikel. Weet jy klaar wat jy daarmee gaan doen, watter kleur gare om te gebruik.

En dan dink ek bietjie verder… ons is na God se beeld geskape. Hy het ons met Sy bloed gekoop. Hy spandeer tyd met ons, ‘sien’ ons EN ‘voel’ ons.

En weet presies waarvoor Hy ons geskape het.

776-balinese-people-wear-traditional-kebaya-blouse-300x188