Kry my asseblief langs die pad…

Bali-Shopping-Guide

En ja, ek WIL opgedress voel. Met hakke wat ñ defnitiewe  volgende knie- besering gaan teweegbring. Met ñ haarstyl wat ander laat struikel en ñ donkerbril wat geld kos.

Ek WIL gekyk word en oor gefluister word. Bewonder my handsak en maak ñ opmerking oor my houding. Kry vir jou.

Want vandag is ek keelvol vir die werklikheid. So laat jou tong ñ ander wêreld optower, plaas my in die middel van jou agterdog en heiligheid.

Trek net my aandag af

want

die waarheid is vandag vir my net te eentonig. Die opgehoopte “invoices” net te eerlik.Die magteloosheid net te eg.

Kom laai my op en voer my weg na ñ ander eindbestemming. Net vir ñ rukkie.

Ek wil wel weer terugkom, hoor. Na my plat hakke, en 38 rok. Na my Dischem bril en vasgesteekte haardos. En die verd.mde rekenings.

Maar vir ñ rukkie, kan ek net iemand anders wees…

(opgedra aan niemand )

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

3 thoughts on “Kry my asseblief langs die pad…”

  1. Hierdie storie is net te ingewikkeld vir my…
    Maar my kommentaar op
    KRY MY ASB LANGS DIE PAD:

    Ek sien jou met jou fancy outfit en jou duur donkerbril, jou rooi lippe en beenbreek skoene……….. dan weet ek Una speel lekker met haar prinses kleindoggie,,,, julle lag en kielie, julle swaai en gil… julle droom en sweef oppi wolke…. julle ky diep in mekaar se oë en deel geheime… … want JY KAN HAAR SOONTOE VAT…. WANT JY WAS AL DAAR…. DAAR WAAR DIE WONDER EN DROME WAARHEID IS… DAAR TUSSEN DIE REISLANDE EN GOUE KUNS….

    AI DANKI DAT EK OOK AL DAAR WAS!!!!

    EK DROOM SAAM…..
    LIEFDE r

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s