Wat as…

humanesque-yoda-sculpture-03-634x680

Jammer julle. Maar vir my spesifieke situasie is hierdie ñ moet prentjie. Ek het reeds vandag geblog, so nou is onbepland. Nie beplan nie.

Een maal elke 3 jaar moet my ore oopgepuit word. Ja, werklik. Want ek het ñ totale ingewikkelde oordrom, nie soos normale wesens nie.

Hierdie jaar, ewe skielik, besluit dok ek moet vir drie dae voor die tyd goed in my ore gooi. Gaan glo help met die proses wat hom môre moet afspeel.

En teen vanoggend is ek STIKDOOF!!!

Ek ry van Harties af Rustenburg toe in ñ bubble van nikshorendheid. My gewoonte gospel musiek is weg; nada. Met ander woorde, my diep tyd saam met die Here is “gone”, vasgevang in ñ gehoorleemte. Ek kry dit glad nie reg om binne die spoedgrens te bly nie, want ek kry nie my flippen spoed ‘gehoor’ nie. Wonder of die verkeerspolisie sò ñ verklaring sal verstaan.

Nietemin. Die dag in my winkel verloop…geluidloos. Ek hoor glad nie die deurklokkie nie, so heeldag word ek met my ‘broek op my knieë’ betrap! Ek fokus op liplees soos ñ mal mens, maar flip, dit werk nie.

So is daar ook geen verkope nie.

Terug by die huis wag ñ ander senario.

Staan en kosmaak, die tv glo so hard dat manlief dit alreeds by Kosmos se hek hoor… sit dalk bietjie aan? Hoogs ge-irriteerd stap anderhelfde in, uiter woorde sonder klankgolwe, gee my dan daai soort  kyke, en bly my die ‘kyke ‘ gee.

En ek??? Vind dit skreeusnaaks. Na menigte jare se getroude lewe, skrik ek vir niks. Sien ek die komiese in flippen ELKE situasie. En is ek defnitief nie bang om uit te bars van die lag in ñ eggenoot se volle aangesig nie.

Ons roetine is as volg: ek stap in by huis, reguit na ñ bottel rooiwyn. Maak glas vol, kry ys. Besluit: op die stoep sit wat oor die dam uitkyk, of Househunters International. Die swart “his & hers” uitskopstoel wen. Ja, ek kies tv bo die natuur. Elke keer. En wat daarvan.

Kos is aan die gang, manlief stap in. Gewoonlik kyk ons baie vinnig daarna saam na een van ons “catch up ” stories. Vanaand die nuwe reeks “Madame Secretary”. Maar met ñ verskil…ek hoor f…. niks. En die kyke wat ek kry as ek dit op ñ fluistervolume, vir my, sit, is legio!

So daarom dat ek half- agt in die bed lê en blog. Verergd, want wat as ek oornag regtig doof raak! Wat flippen dan! Ek weet die speaker het vanaand amper geblaas…ek weet jy kon die klank nie uithou nie…ek weet my skete raak nou bietjie te veel…

En dan wonder ek. As dit jy was wat toe ore ontwikkel het. Sou ek dit kon weglag en aanbeweeg. Of is ek ook nog nie reg vir permanente beproewings nie.

“Through sickness and in health???”

Môreaand is ek uitgesorteer, hoor ek weer ‘te goed’.

Maar ‘wat as…’

xxx

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

4 thoughts on “Wat as…”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s