Ouma, ouma, oumie hoor hier…

c3b76bf4b3ce19d247ebc12fa69a6495--art-pictures-grandmothers

Ek wonder. Ons as oumas, reageer ons regoor die wêreld dieselfde? In Chinees, Balinees, Tonganees. Neem die hart instinktief oraloor die brein in “captivity” en begin die ouma-geen luister? Luister na die tussen-in woordjies wat eintlik net nog in die hartjie gefluister word?

Hoor ons almal hierdie ‘gedagtes sonder grense’?

Selfs die woordjies ‘kyk ouma’ word vertolk as: oumie, WAT is daai? Vertel my. Wys my waar dit in my wêredjie moet inpas. Verduidelik vir my op jou prentjies manier hoe om dit  te verstaan. Leer my op jou sagte manier of daar gevaar in is, en of ek kan vat. En voel. En proe. Oumie, kan ek vertrou wat ek sien?

En ons oumas, ons ‘sien al daai vragies’ in die twee woordjies raak. En ons antwoord gestroop van alle selfsug en besoedeling. Want daardie klein lyfies maak ons weer rein; gee ons die kans om onsself vlekkeloos aan te bied.

En soos wat ons eendag voor ons Vader gaan staan, gestroop van onsself, gee ons ons kleinkinders pêrels. Pêrels gevorm deur trane en  jare van skaaf en beitel.

Eg.

Opreg.

Eerbiedig.

En vou ons hulle toe in ñ liefde wat grensloos is.

 

opgedra aan ons 6 kleinstes: Nathan, Talisa, Meghan, Logan, Gabriëlla en Xander

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

21 thoughts on “Ouma, ouma, oumie hoor hier…”

      1. O hier in blogland MAG jy maar vra! Die bloggers help graag. Jy mag by my kom vra, of sommer op jou blog, iemand sal altyd help. Jy skryf verskriklik mooi.

        Like

      2. Julle almal se eerste bladsye is so mooi. Ek is tevrede met wat mens sien as jy op elkeen van my stories kliek, maar die ander blaaie… Ek verstaan hulle nie.

        Like

      3. Dit gaan oor die tema wat jy kies.
        In instrumentepaneel: Appearance; Tema.
        Dan kies jy by die tema watter een jy van hou. En daarvandaan verander jy dit tot dit is soos jy daarvan hou.

        Like

      4. Appearance; Widgets. Kyk watter van daardie jy wil hê dan trek jy dit met jou muis tot by Primary Widgets. Jy kan daar bysit en afhaal net soos jy wil. Ook jy bepaal die volgorde. En hoeveel van elkeen jy daar wil wys.

        Like

      5. Dankie man. Ek hou heeltyd asem op terwyl ek iets probeer verander. Maar vir nou gaan ek laat los. Jy het my indirek aangemoedig en oortuig om te begin skryf, toe ek ñ bladsy van jou oopgemaak het. Dit gaan oor blogging. Ek was al vir ñ rukkie lus om te probeer, maar jou gesels daaroor, en jou maklike manier van verduidelik hoe om te begin, was my antwoord. Sonder dat jy weet, het jou elke volgende sin my aangepor, en ek het gespring…tot binne- in die heerlikste blog wêreld!

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s