Luister, luister wie daar fluister…

mount-agung

Vir die Bali mense is Mount Agung hul heiligste berg, en die hoogste punt op die eiland. So slaap hulle ook met hul koppe in sy rigting. En soms, in die diep stilte van die nag, voel jy die trillings vanuit hierdie steeds aktiewe vulkaan tot reg in jou kooi. As jy vinnig genoeg spring, is dit net-net moontlik om die rook en as te sien wat uitgespoeg word.

Waar jy jouself ook al in Bali bevind, sien jy hierdie majestieuse berg raak, maar gewoonlik is hy toegevou in ñ wolkkombers, 3142 meter die lug in.

Jy weet hy is daar, jy sien al die tekens om jou en jy glo dit. Onvoorwaardelik.

So ook glo ons klein Gabriella dat sy God in die kerk gaan sien. Met die onskuld van ñ driejarige, aangetrek in haar spierwitste rokkie, roep sy noudie Sondag kliphard uit toe die besoekende dominee die verhoog bestyg: Mamma!!!!… is DIT nou GOD!!!!

Net soms wens ek dit is so maklik; begeer ek dat Hy op die passasiers sitplek kan sit, en hardop met my gesels. Maar dan is ek weer net so dankbaar dat ek my bed nie elke aand moet ronddraai sodat my kop in ñ sekere rigting rus nie.

Midde in die anderse Bali kultuur, voel ek partykeer nog nader aan ons Vader. Ervaar ek regtig hoe Heilige Gees in my, saam met my rondstap. Tussen duisende vreemde gode is my eie God tasbaar werklik, en kan ek met ñ breë glimlag verby die honderde tempels loop.

En al glo die Balinese mense dat hul Mount Agung ñ replika is van die as van ons heelal, dat dit die woonplek van hul gode is, en dat uitbarstings die woede van hierdie gode uitbeeld, kan ek op my Bali eiland rondleef en diep teue aandlug inasem, en in my God se alomteenwoordigheid net rustig “dwell”.

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

2 thoughts on “Luister, luister wie daar fluister…”

  1. Dankie dat ons net een alonteenwoordige God het en nie in ons wandel elke dag moet wonder,watter god is nou aan die werk nie. Dat ons nie douvoordag na die ‘morning market’ moet gaan om al ons goedjies te koop en ure lank moet vleg aan n mandjie wat n paar goedjies gaan bevat, wat een of ander offer, aan een of ander god gaan word nie.

    Liked by 1 person

  2. Ja, as ons weet WIE ons is, en IN WIE ons gevestig is, is enige plek opi aarde n fees ! Grondgebied word ons sn ! Mount Agung . . . die ou swernoot ! Hy het al menige groot aerie laat omdraai oppad van Singapore af, a.g.v sy lae as op 36 000 voet !

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s