Wie kom saam…

Bali-Bambu-Indah-Sunset-View-bambu-indah-indonesia

Vandag, nou, wil ek hier sit. Die sit van die sitter doen. Sommer ook heeldag. Dit moenie ñ ‘kom ons gaan drink gou iets by die…’ wees nie. Nee, vandag moet hierdie stoepie my kamer se stoepie wees. In Ubud. Op Bali. Ook nie die gesamentlike kuier opsie van ñ hotel nie. MYNE.

Manlief moet defnitief in die prentjie sy stoel kry, tien teen een die lê-stoel met stel opsies. Ja, ek sien hom daar.

Ek weer sit regop, met my voete op die ottoman wat regs agter staan, jy kan hom net nie raaksien nie. Maar hy is daar. So nou is daar plek vir twee sitters oor, en nie net enige sitters nie, hoor. Daar is voorwaardes…onthou, ek is die baas in hierdie storie.

Jou hart moet pyn as jy na die prentjie kyk. Fisies pyn van die behoefte. Jy moet effe keelvol wees vir jou omstandighede, want anders het jy niks om te deel nie. Maar onthou, nie te diep raak nie. Ek verwys terug na ñ vorige post.

Jou probleme moet kan reageer op glasies wyn.

Jy moenie opgestoorde energie wil inpak nie, niemand gaan in ryslande rondhang nie. Vandag is net vir sitters.

Jy moet defnitief ook die vermoë hê om met jou self te kan spot, want ons gaan wil lag. Almal. Vir mekaar, maar veral vir onsself.

As jy politiek moet praat, hou dit kort. En ook net oor Clinton en Trump. En daar moet ñ punchline wees.

Sorry, maar jy moet ook al kleinkinders hê, want laataand gaan ons dalk oor iets wil trane wegpik, nostalgies raak.

Jy hoef nie te kan of wil blog nie, maar die onderwerp gaan defnitief opkom…ek verwys weereens terug na die baas van hierdie storie. Jy moet voor die tyd besluit of my gebrabbel jou gaan verveel, en of jy gaan kans sien om liewer pitkos met ons te deel.

Ek dink dis al. Die probleem is net, flippen al my beste vriendinne voldoen absoluut aan hierdie kriteria.

So, dan gaan dit maar weer net oor geld.

Kan jy die kaartjie bekostig?

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

5 thoughts on “Wie kom saam…”

  1. Sit . . . ja ek is nogal gemaklik met die doen van sit, MAAR, die plek WAAR ons sit is BAIE belangriker asie sit self ! Hier, voorie tafel is n kleine splash-pool. So, ek is beslis daar my vrou !!

    Liked by 1 person

  2. Ek sit ook saam. Sommer hande gevou, lui-lekker. Ek mag dalk later my hekelwerkies uithaal, sommer net vir die geselligheid, maar dankie, ek sit saam as ek mag! In die begin kan ons dalk ‘n koppe tee drink, maar later iets meer opwindends, iets in ‘n lang glas, met ys, en sodawater en skop, of dalk later as dit skemer raak lekker rooiwyn, maar sit gaan ons sit. As ek mag.

    Like

  3. Ek dink ek verdien die, aangesien ek al die sit met jou gesit het. My probleme kan defnitief oor gepraat word met rooiwyn op die stoel of in die splash pool al hangende by die kant. Ai en sal ons lag luid en lekker, sommer giggel ook. Die trane kan ook later kom as ons diep raak oor ons geliefdes. Bo alles smag my hart na die sit in Bali, die reuk van Bali en die klank van Bali. Daar naby kan maar n rysland wees met n blikkies orkes vir die voels. As dit skemer raak kan die gecko ook maar kom saam sing en in ons harte sal die heerlikheid van sommer net saam wees diep kom le. Ons sal ons trommeltjies oopmaak en herinneringe bere vir die realiteit van hier en nou. Dan sal ons met diepe nostalgie glimlag.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s