Aan watter deur om te klop…

doorstep-from-wood-front-door-itself-build-doors-samples

So sit ek nou al lank na hierdie prentjie en staar. As ek voor die die keuse te staan kom, aan watter een gaan ek klop? Waarvan gaan dit vir mý afhang?

Sal ek die keuse met my gevoel maak? Soos: ek kies ry een nommer een, dit lyk die meeste soos n tronkdeur, en vandag voel ek so vasgevang in omstandighede, dat ek toegesluit WIL wees. Maar ek sal die sleutel in my sak hou, wil self kan uitstap.

Gaan my brein liewer besluit…ry vier, tweede van links. Agter hierdie deur is sukses en gehalte. Hier moet ek in.

Deur een ry drie trek weer my verbeelding aan. Hier is ñ ‘aardse’ lewe aan die anderkant. Houtdeur wat net gepolitoer is, niks hoef toegeverf te word nie.

En die pienk deur met die wit pilaartjies, gaan daar huislikheid en gemak uitpeul as ek oopstoot?

Of moet ek liewer net omdraai en wegstap. Hoekom vreemde deure oopdruk. Hoekom so antwoorde op als soek. Hoekom nie net op die bankie oorkant die staat gaan stilsit en wag dat dit skemer word nie.

En as die bus dan stilhou, saam wegry.

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

6 thoughts on “Aan watter deur om te klop…”

  1. Hmmmm?? Wonder ek nou ook… Ek hou nie van vreemde deure in my wereld nie. Ek kruip in my dop en sal maar liewer saam met die bus weg ry. Verplaas my nou in die vreemde, dan is ek die dapper muis wat sing “daar is niks waarvoor ek skrik nie”
    Nou daar sal ek nogal van die pers deur hou, dit vertel my daar is kreatiwiteit agter daardie deur. In die vreemde wil mens ontdek, ontgin en beleef.

    Liked by 1 person

  2. Ek het nogal altyd gewonder wat agter ‘n deur is. Die enigste rede hoekom ek in die bus sal klim is om uit te vind wag agter die deur is. Natuurlik wonder ek gereeld wat agter die yskas se deur is! Maar daar is al verskeie deure wat my al regtig laat wonder het. Oulike idee vir post wat ook gekoppel kan word oor waaron deure partymaal toegaan en hoekom deure na Bali oopgaan!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s