Man van die bos…

orangutan-4023x2656-bali-rain-monkey-2015-sony-world-photography-6150

So ontmoet ons twee mekaar in die “Bali Zoo”, een heerlike sweetwarm middag. Ek maak myself tuis op ñ bankie en sit my sit. Want hierdie is nodig om bekyk te word, die bekende orangoetangs van Indonesië. Hulle is vegetariërs, leef van blare en vrugte.

Met daai lang arms word ek so op my eie vermaak. Asof ñ ganse gehoor hom aanmoedig, swaai hy van tak tot tak, en loer net af en toe oor sy skouer of ek nog dophou.

Ek het maar self besluit dit is ñ hy, met dié dat applous nou so nodig is. Hom so aanvuur. Doer eenkant hang sy ma rond, besig om in haar weelderige rooibruin hare rond te krap. “Grooming tyd”. Terwyl iémand dan nou vir Raspertjie besig hou. My naam vir hom.

Die woord ‘orangoetang’ word as ‘man van die bos’ vertaal, met dié dat hulle 97% dieselfde DNA as ons het. So sê die boeke hoor, nie ek nie. Die wyfie is glo baie danig oor haar enkele kleintjie nadat sy 9 maande lank dragtig was…en sy versorg hom nougeset vir nog drie jaar, tot sy weer paar. Dink net nie hierdie sal vir die menslike spesie nie werk nie?

Raspertjie. Om hom in sy natuurlike omgewing te beleef, is ñ vier dae bootrit tot by die naaste rehabilitasie park. Terwyl jy op ñ eenvoudige ‘klotok’ of huisboot ronddryf, kan jy hulle tussen die bome dophou.

Raspertjie sal oor ñ paar jaar baie groot hang wange ontwikkel, dit doen dit glo vir die wyfies. Dalk baie soos ñ ‘six-pack’? Of ñ stewige paar boudjies…ai, die gedagtes wat nou so kan dwaal…

En as twee mannetjies om ñ wyfie se aandag meeding, storm hulle mekaar. En breek dan takke.

As een steeds nie die aftog blaas nie, tekkel hulle mekaar.

Dink bietjie daaraan. Jou twee ‘lovers’ ding mee om jou aandag. Storm mekaar ja, maar draai dan vinnig weg, gryp die naaste boomtak, en breek dié. Loop ñ draai, vat ñ sluk Castle Lager, swaai aan ñ balk of twee, of dan liewer “punch” ñ hou of twee in die lug, en kom terug om tande te wys. 97% DNA??? Mmmm.

Op ñ stadium gee Raspertjie se ma so ñ baie vreemde grom, laat los hy als en gaan sit naby haar op ñ tak.

En toe ek wegstap, bietjie bekaf omdat ek sumier verskoon is, begin dit heerlik reën.

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

3 thoughts on “Man van die bos…”

  1. I loved this post! Someone said your blogs fairly often and you’re always releasing great stuff.

    I shared this on my facebook and my follwers loved it! Keep up very good work.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s