Om nie te vergeet nie…

1f6a8e5d9f67d22251be95590b1b2bda

Die rit vanoggend werk toe het weer in ñ ‘diepte’ ontwikkel…en ek verkies mos maar liewer die vlakker waters. Dit het begin met ñ gospel lied se woorde, I have a song that the angels can’t sing.

 En toe gaan draai ek sommer vér.

Die ‘agtertyd’ van my lewe, die GROOT VERKEERDE keuses en DIE HARTSEER AAN ANDER. Al wens ek dit hóé weg, al sou ek nooit met myself wou vriendinne wees op sekere stadiums nie, dit was daar. En in die ‘daar’ het ek geleef, seergekry en seergemaak, opgebou en stukkend gebreek. My disfunksionele kleintydse grootword blameer vir als.

Die omstandighede wat ñ agtjarige dogtertjie se onskuld gebreek het, het die platvorm gevorm van jong besluite en optredes.En ook vir lateres. Dit is so.

Maar…

Dit kon nooit ooit die blaam wegvat nie. Dit kon nie my verskoning wees vir paaie loop nie.

So in die ry op die tolpad, het ek net weereens geweet. Wie ek vandag is, en waarheen ek oppad is, sal altyd verbind bly aan die verlede. WANT GISTER SE LEEF het my laat wegdraai. Het my gesmelt en weer gegiet. Het my geknak maar ook geheel.

My lied se woorde kan ñ engel nie sing nie. “Was lost but now I’m found. Was blind but now I see”. My lied se woorde is mý storie.

En sonder die woorde, is daar nie ñ lied nie.

pink-purple-sky-and-spring-nature-landscape-header

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

2 thoughts on “Om nie te vergeet nie…”

  1. Ons verlede onlosmaakbaar van die hier en nou, die vorm van die mens wat ons nou is. Ons pad het deur driwwe gegaan, opdraendes geklim, radeloos voor die “rooi see” in ons lewes gestaan. Met refleksie terug oor die tyd is die een groot besef daar. He made a way where there seems to be no way, die lied se woorde bring my altyd tot die besef van hoe ons spartel ons laat sink, maar ons rustig dryf in die water laat die stroom ons na onbekende plekke neem, heel word plekke….. Ons weet dat ons weet dat daar n tyd was dat ons nie besef het ons weet nie dat ons nie weet nie.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s