Hansie en Grietjie…

wpid-img_20140930_160357

Mens sou maklik met ‘eendag lank lank gelede…’ kon begin. Want om op jou stap tussen ryslande deur kop te hou, het jy eintlik broodkrummels nodig. Maar soos met Hansie en Grietjie is daar dinge wat jou steeds gaan help om jou spoor byster te raak, ja. Nie net voëltjies wat jou padaanwysers gaan oppik nie, ook eende oppad werk toe.

Jip, in ñ ry sal jy hulle teëkom, goed gemanierd en voorbeeldig. Maar wag, dis ñ annerdag se storie…

dsc_0536

ñ Stap deur die ryslande. Dit is werklik soos om in ñ storieboek prentjie in te tree. Kompleet met hekse (eintlik maar net voëlverskrikkers) en kastele (kleinerige tempels vir die rysgodin). Jou kop loop leeg, maak plek vir dinke gevul met groen drome. Want regtig, dit is groen in sy oortreffende trap, oraloor. Oralom. Jou kamera kan haas nie bybly nie, en jy struikel kort-kort oor ñ watervoor omdat jy nie jou oë voor jou óók nog kan hou nie. Jy vergeet die broodkrummel ding, en baie halfure later help die padkaart jou niks. Regtig niks.

En jy gee net oor. Soos my begeerte om my eie lewenspad net heeltemal vir God te kan oorgee, dis daai soort oorgee.

Jy wandel soms al in die rondte, en neem dieselfde uitsig twee maal af. Maar vir jou is dit weer ñ eerste. Soos die siekte wat mens binne sekondes laat vergeet…ek verwys na die fliek 50 FIRST DATES met Drew Barrymore. Kyk dit so een keer ñ jaar weer, en love dit weer en weer…

Iewers ‘trap’ jy ñ Balinese dorpie raak, en moet jy ñ nuwe “pc stick” in jou kop kry. “Oversharing” van die natuur, dit is wat gebeur.

main_3411630a-large

Nooit ooit voel jy alleen of onrustig nie. Net verstom. Ek sukkel selfs soms om te verwerk wat ek sien. Dan gaan sit ek maar stil op ñ klip.

Ek glo nie dit is net maanskyn en rose om permanent hier te bly nie, nee. Hul politiek is beroerd. Daar is omkopery onder die polisie. Die eiland word plek-plek oorweldig deur nuwe ontwikkelings, en niemand hou kop nie.

Maar op ñ ryslanddag skakel die realistiese dinke af, en die ‘voel’ en ‘sien’ dinke neem voortou. Jou lyf kry die ritme van die wind, en jy probeer die mooi inasem.

Sodat dit kan bly. Sodat jy soms terug by jou eie huis in ñ stoel kan gaan sit, en die Bali asem uitblaas…En onthou.

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

7 thoughts on “Hansie en Grietjie…”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s