Ons het WAT geëet!!!

646bd1_24-hour-tour-nasi-padang-at-hajjah-mona-geylang-serai

Dit was kort na twaalf op ñ Donderdag, warm en bedompig. Teen dié tyd het ek en my vriendin reeds ñ hele paar halfure lank gekóóp. En dan bedoel ek gekóóp. Want wat om te kies, raak ñ enorme probleem tussen kilometers se winkeltjies. Dit vat uiterse konsentrasie en somme maak, en prentjies opbou en rondskuif.  Als in jou kop natuurlik. Dan die miljoene probeer uitsorteer…R1 000 = 1 000 000 van hulle geld.

So jy beweeg rond met miljoene. Klink SO reg!

Wayan gewaar ñ bekende Makasan Padang eetplek oorkant die straat, en daar gaat ons drietjies. Vriendin moet mos ingelyf word in die straatkos-bedryf.

nasi-lemak-antarabangsa

Padang kos word net een keer per dag gekook, en daarna in die venster uitgestal. Dit werk as volg: Jy loer na elke dis, raak lekker deurmekaar met wat wat is, vra Wayan sommer drie maal om weer te verduidelik, en maak dan angstig jou keuses. Kry jou bord, kies ‘iced tea’ wat uit die warm yskas gehaal word, en gaan sit.

Daar is ñ ander manier ook. Jy stap in en kry ñ tafel. ñ Persoon met menigte borde vol kos kom sit dit blitsvinnig voor jou neer, so 15 keuses op ñ slag. Jy skep in wat jy wil, en betaal net vir jou keuses. Die res van die borde met kos word na die tyd teruggeneem. Klink bietjie onhigiënies? In al hierdie jare nog nooit van straatkos siek geword nie.

So eet ons te heerlik. Wayan met sy hande, ons twee voorbeeldiges soos ons geleer is. En mensig, eet ons lekker! Alles proe fantasties! Daar is beesvleis stew met “coconut milk and chili gravy”, genoem Beef Rendang. Sambal eiers, gedroogte vis, gebraaide mielie fritters, gebraaide aartappels, eiervrug in chillies, gestoomde groentegeregte, cassava blare, Rendang itiak (eend stew), kerrie vis, gebraaide hoender, afval, gebraaide beeslong en nog ñ paar geregte wat ek nie nou kan onthou nie.

En ons eet, en ontspan, en drink ons warm “iced tea” en is gelukkig!

Stap na die tyd weg, met sielsalige uitdrukkings op ons gesigte. Sjoe, dis lekker in Bali.

ñ Paar dae later sluit nog ñ vriendin by ons aan, en dié moet ook dadelik ingewy word. Thebi het in die ou Bophuthatswana grootgeword, so dinge is dalk minder vreemd vir haar wat die kos aanbetref. Agterna is die euforie werklik nie dieselfde nie, moet seker maar die kosmakers wees wat nie soveel moeite ingesit het nie? Ek en vriendin besluit saam, daai ander eetplek, dis die antwoord.

Ja, sê Wayan, dis die Sumatra mense. Hulle weet van. Dis die lekker “narcotics”…

Flip. Die WAT Wayan. Nee, sê hy. Na die Tsunami op Sumatra, moes die oorlewendes plan maak om weer geld te genereer. Al wat daar oorgebly het, is BAIE van ñ sekere boomsoort…diep wortels. So kom hulle toe agter dat as jy dié bas rasper en fyn maak, is dit soos ñ dagga poeier, baie gesond glo, en heerlik. Hy noem dit “narcotics”, nie dagga nie. Dis hulle woord. So toe wil die hele wêreld  van die poeier hê, as ñ spice. Heerlik op alle kos, in alle geregte. Daarom, verduidelik Wayan, dat mens liewer die Sumatra mense se eetplekke ondersteun, want jy help hulle, as ñ land.

En daar staan ek en vriendin, skaamteloos voor die heelal. Bo vyftig, ñ hele paar jaar bygesê, in ons crocs, werklike geweese  maagde in die gebruik  van “narcotics”, sprakeloos. Al wat ons wel uitkry is ‘sjoe, dalk moet ons maar annerdag weer ons bydrae gaan lewer, daar by die Sumatra mense’.

Ons kant gaan bring vir die nasie…

d2e2ab8e701362d1bc43426c853df788

(opgedra aan my Estelle vriendin)

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

4 thoughts on “Ons het WAT geëet!!!”

  1. Op mu bucket list vir n vlg keer en Wayan voor stok kry omdat hy my nooit daarheen geneem het nie. Ons het juis so lekker straatkos daar ge eet.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s