Hello. Hoe gaan dit met jou…

(prentjie by Google Images geleen)http://www.dreamstime.com/royalty-free-stock-photos-apple-sadness-image25389768

Vandag het twee ure te vroeg begin. Eers ñ kliënt voor werk ontmoet en my “interior decorator” keps moes opsit. Toe vinnig R’burg toe ry, by Kentucky stop vir “drive through” ontbyt, geld trek en winkel betyds oopsluit. Asem skep met Chanette Paul se nuutste boek en ñ koppie koffie terwyl kliënt se praat nog vars in my kop bly maal. Lysie begin maak. Haar hele huis moet gedoen word, so waar om te begin…Dan die “brainwave” wat opdaag, en die positiewe energie wat inskop. Tussenin kliënte wat in en uit is. Twee bankbetalings afhandel, ñ oproep of drie hanteer.

En dan… WordPress.com oopmaak, na my blog loer en ñ ander blogger se opskrif opmerk.

So sit ek nou hier, emosioneel geruïneer vir die dag. Want ek het vir ñ oomblik te lank bly lees, vir ñ oomblik te lank bly fokus op ñ ander se diep menswees, en gehoor.

En van my troontjie af gehel.

Die slim mense noem dit “triggers”. Vandag was daar “triggers” en is ek onkant betrap so in my selfvoldane wêreldjie. Die hoek kamer met die dik ingevoerde kiaathout deur waardeur ñ houtgogga nie kan boor nie, is summier oopgeskop. Geen alarms vooraf nie, geen lasbrief wat afgelewer is nie. Net die slag.

Bitterlik versigtig het ek kommentaar begin neerskryf sodat ek die deur weer kon toetrek. En ‘gesend’.

As dit maar daar gestop het, was als ok. Soos ñ addict lees ek na ñ ruk die skrywe wat deurkom, die woorde wat ek nie geweet het ek moes hoor nie. Nou kan ek nie ophou huil nie. En ek haat huil. Al help dit vir troos, vir gesond vryf, vir heelword. Ek doen nie meer huil nie.

So as jy dalk hier instap, en ek groet jou vriendelik, kan jy waaragtig nie vra hoe dit met my gaan nie. Nie nou hier nie. Aanvaar my voorgee glimlag en beweeg aan. Sodat ek net my sluk kan terugkry. Die binne bewe kan stil kry.

Die weë van die Here…Jip, ek aanvaar die oopmaak van die deur is nodig. Ek weet onverwerkte seer kan nie net toegesluit bly nie. Ek weet van die rou proses, van die heelword tyd. Ek sien in dat iemand anders se vrae en seer my kan help om aan te beweeg.

Maar hier sit ek nou tussen-in. Tussen was en moet wees. En ek kan nie beweeg nie want weet nie hoe nie. Die deur staan oop.

Wag ek nou net?

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

13 thoughts on “Hello. Hoe gaan dit met jou…”

  1. Ek het geleer om te wag.

    Elke keer wat my deur sommer so uit sy skaniere gepluk word, moes ek wag. Ek ek moes huil. En ek moes kwaad word. En ek moes rou. En op ‘n dag as ek weer opkyk is my deur weer toe. En kan ek weer aangaan. Tot die dag wat hy weer oopgemaak word.

    Ek kan darem ook sê na jare van my deur wat oop en toe klap, kom daar darem ook goeie herinneringe. Dis nie net meer seer nie.

    Sterkte. My hart gaan uit na jou. Ek hoop jy vind jou sluk gou weer.

    Liked by 1 person

    1. Dankie NET EK. Ek weet ek sal weer my sluk terug kry. Hierdie was net flippen onverwags, en ek besef nie altyd hoe diep die seer lê nie. Daar was soveel ander bitter erge dinge in my lewe, soos my eie molestering as ñ klein dogtertjie. Dis verwerk. Maar my boet se selfmoord pootjie my steeds.

      Liked by 1 person

  2. Triggers, kom soms in die snaakste vorm. Tyd vir oopruk, die depper fiep in druk om die pyn so intens ervaar dat jy ademloos staan. Sonder die diep opdep vd kwaad sal daar noiit genesing kom nie. My hart is by jou.

    Liked by 1 person

    1. Weet jy Coetzee, ek doen nie sommer die huil ding nie. Te veel kere al in my lewe gehuil, en nou vermy ek situasies wat te diep is. Maar die lewe is die lewe, en jy kom nie weg nie. Die bloggery help om my emosies bietjie reg te skuif. Dankie vir jou ondersteuning. Reën dit steeds?

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s