Ag hoe oulik…

BALI-2-Penglipuran Traditional Village-pig pen 1-c2015 Carole Terwilliger Meyers-600pix(foto by Google Images geleen)

Man ja, hy is te oulik. ñ Regte sweetie pie. Kyk die neusie…en die ou ogies…

In Bali pas hulle hom baie mooi op. Sy hok is silwerskoon, bly ook sommer binne-in die ‘compound’ area. Soms in ñ hoek in die kombuis. En hy word gewas, gereeld. En het ñ naampie. Want hy bring sy eienaars geweldig baie vreugde. En o ja, geld. Soos miljoene rupiah.(R1 000 = 1 000 000,000 ruph) Kosbare ou dingetjie.

Babi Guling, of Suckling Pig, is een van Bali se lekkernye. Die jong varkies word vroeg oggend reeds gebraai, ure lank, en teen middagete vind jy al wat ñ Balinees is met sy porsie. Bali mense eet graag alleen, nie om ñ tafel saam met ander soos ons dit doen nie. Elke ou soek ñ hoekie, en daar sit hy heerlik in stilte, lek net lippe af. Skaam nasie.

bali-indonesia-roasted-pig-being-cut-up-by-village-cook-he-is-wearing-E4THJ2(foto by Google Images geleen)

Bly ek word nie in ñ hok gesit, kos gegee en dan gebraai nie. Klink nou egter na sommige van ons se lewens. Word na ‘iemande’ se hande gevorm, trou net daarna, en word in ñ nuwe hokkie van voor af gevorm na ñ nuwe hand. Word kos gegee, en eet tot ons lê.

Word op ñ dag gebraai.

Kyk, ek het nou maar ñ hengse probleem met getroudes wat mekaar na hul eie hand wil vorm.(Nee, jy kan mos nou nie saam met jou eggenoot groei en ontwikkel nie, ook nie onder die Vader se hand nie, want hoe weet Dié dan nou wat by jou sal pas). En behoede ons dat die ander een verder ñ eie identiteit ontwikkel. Dít is glo nou moeilikheid soek.

Ek praat na albei kante toe, nie net oor vrouens wat deur hul mans beheer word nie. My hart krimp ineen as ek hoor hoe ñ lewensmaat die ander afjak, as ek voel hoe een se woorde die ander se binnekant oopsny. Of as ek aanvoel dat een van die twee nie meer ‘ñ praat’ het nie. Hoekom is ons so onseker van onsself dat ons nie ons lewensmaat sy eie menswees gun binne die huweliksband nie! God met hulle groei vertrou, en nie onsself in Sy posisie plaas nie.

Ek is bevoorreg, ek weet. My manlief het sy foute, ñ paar groottes ook, (sy eie woorde), maar ek kry nog altyd die aanmoediging om God se drome vir mý te ontdek, en uit te leef. God het immers van voor die ontstaan van die aarde af al oor my gedroom, my beplan, en Sy wil vir my in my wese vasgelê…

Oor die jare het ek die voorreg gehad om oorsee te vlieg, en te gaan “explore”. Soms is manlief saam, soms was hy te besig. Maar in sy hart was hy dáár, vir my. Sy applous altyd die hardste. En langste.

Daarom dat ek wegskram van mense af wat ander in hokke wil aanhou. Ok, dalk sien ek ñ hok, en jy ñ paleis. My fout. Tog bly ek sukkel, wonder ek wie jy eintlik is, wat jy sou doen as die hekkie oopgelos word. Uithardloop en skreeu-skreeu die pad afhol na vryheid?

Of ewe gedweë omdraai om weer te gaan lê.

Ibu Oka Warung Babi Guling  (Bali)
Ibu Oka Warung Babi Guling (Bali)

(foto by Google Images geleen)

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

2 thoughts on “Ag hoe oulik…”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s