Ek wens…

1-1

Ou bote is op die oomblik ‘goud’ werd, in die meubel-industrie van Indonesië. En hoe ouer, hoe beter. Want die hout het storms deurstaan, die son het dit gebak tot dit droog is. Sterk is. Loop in Bali se meubel strate rond, en jy staan verstom oor wat uit dieselfde ou hout geskep is. Jy staan ook verstom dat die pryse van ouhout-meubels soveel hoër is as die jonger kiaat.

Jy streel liefdevol oor die unieke stukke wat uit hierdie vervalle bote geskep is. Jy wonder so terloops waar jou nuutgekoopte bank sy draaie in die wêreld gemaak het. Hoeveel vis op ‘jou boot’ gevang is, hoeveel monde gevoed is. Wie het hul lewens op hom geleef, hoeveel lief en leed kan die ouhout van getuig, hoeveel wanhoops trane is tussen sy planke vasgevang.

OLYMPUS DIGITAL CAMERA

“Need I say more…”. Om oud te wees, of liewer ‘ouer’ te wees, het sy voordele. Op alle gebiede. Jy het ñ trommel vol waarhede om te deel. Jy behóórt ñ insig aan die dag te kan lê wat enige sielkundige meer regop laat sit. As jy diep gaan delf, kan jy jou nogal enige situasie ‘inleef’, want jy het dit reeds ‘beleef’.

Dit raak makliker om nie jou mond verby te praat nie, want jy kén die wag voor die mond persoonlik. Julle twee het al ñ hele paar paadjies saam deurgetrap.

Ek wens regtig nooit dat ek weer jonk is nie. Flip, o nee! Ek wil nié een oggend wakker word as ñ 18 jarige nie want dan het ek weereens net ñ 18 jarige se ondervinding om op terug te val. En wéér my lewenslesse te moet leer, weer soveel keer te moet druip en dan op te staan, aan te gaan. O flippen nee. Hierdie middeljare met al sy “pauses” is wonderlik, dankie. Ten minste is daar hormoonpilletjies vir al die geite. Is daar “aircons” vir gloede, is daar geldjies vir ñ “lifecoach” om te help, as dit moet.

Bygesê, die gebeentes sal kan doen met ñ botoks inspuiting, as dit kon help om vinniger uit die bed te kom. Makliker onder die tafel in te klim as daar skoongemaak moet word.

Nee regtig, ek sal dit nie meer maak as ñ jongeling nie. Behalwe as ek mý kennis kon saamkry…krises, dan sou dit dalk eers in chaos verander het. Veral as ek in so ñ mooi jong dingetjie met…

Stop net daar. Kyk na die ongelooflikste mooie meubels wat uit ouhout vervaardig word. Als handgemaak. Dít is wat my punt is.

reflections-of-the-past-tom-hussey-14

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

9 thoughts on “Ek wens…”

  1. Mooi gese mater. Ek het een keer op my aankoop roete in Bali n ou maalhout gekoop. Sommer net omdat daar stories uit hom kom. Hy het al verskeie doele by my gedien. Vandag huisves hy n mooi plantjie wat sy eie storie vir my vertel. Ek wonder soms oor hom en wonder watter hande het die stok vasgehou wat die rys moes fyn maa, vir n dis iewers in n huisie in Bali….. Ek wonder.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s