Ouma, kom gou-gou…

(fotos: Google Images)best-places-for-diving

Sy was maar goed moeg na ñ dag en ñ half op vliegtuie en lughawens. Maar vir my oudste kleindogter, toe vyf, het Jesus ñ groot verrassing gehad. Jesus ja, want ouma was onbewus daarvan dat die hele Bali eiland in rep en roer is.

Ek het ñ paar dae voor dogter en kleinkind geland, en dadelik aan die werk gespring. Teen die tyd dat die twee ge-arriveer het, was al my aankope agter die rug. Daarom dan dat ek ‘die gebeurtenis’ gemis het.

turtle-12

Maar Jesus het onthou.

Ons hotel, wat ek maande tevore teen die see bespreek het, was die hoofpunt vir die “Kuta Beach Sea Turtle Centre” program. Snags is die strande deur “Turtle Rangers” bewaak terwyl hulle ook dopgehou het waar die skilpaaie hul eiers lê. Sodra die mamma veilig terug is see toe, is die eiers sorgvuldig vergader en na die broeikas geneem. In hierdie reuse skilpad- broeikas broei die babas na 45 tot 60 dae uit.

En ouma se klein engeltjie ontdek haar geskenk, self.

Net betyds vir DIE GROOT OOMBLIK, laatmiddag, val alle moegheid weg, en straal ñ paar ogies van loutere geluk. So kry ons kleindogter wat terug in Suid Afrika haar eie ‘diere park’ bestuur, ñ geleentheid om deel te wees van geskiedenis op Bali.

Sy kies haar eie klein pasgebore baba skilpadjie uit, sit hom in ñ bakkie, en gaan wag 10 meter van die vlak water af, in ñ lang ry.166165734

Sodra die fluitjie blaas, laat los jy jou skilpadjie, en dan begin ñ groot lekkerte. Jy moedig hom aan, klap vir hom handjies, kruip agteruit op die sand in die hoop dat hy jou eien en sy pad vind, verwilder enige voël wat sy kans afwag verwoed. Spat skillie effens nat met bietjie seewater teen die hitte, vertel vir hom hoe trots jy op hom is, hoe amazing sy lewe gaan wees as hy die eindpunt bereik, en verseker hom oor en oor van jou liefde en dat jy hom altyd sal onthou.

En as jy Talisa is, bid jy hardop vir hom dat sy lewetjie voorspoedig sal wees._8

 

As ñ ouma en mamma, sit jy jou donkerbril blitsig op sodat almal nie jou trane kan raaksien nie. Jy verwonder jou aan hierdie klein meisiekind met haar onbaatsugtige persoonlikheid, en haar liefde vir haar Jesus. Jy bid saggies dat sy bewaar sal word, ñ lewe sal hê gevul met God se liefde en genade.

En jy gaan kniel eenkant op die nat sand en dra haar opnuut op aan jou God. turtle4

(aan Talisa)

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

8 thoughts on “Ouma, kom gou-gou…”

      1. Dis maar die lot van ‘n ma…ek beleef ook al hul seer intens saam met hulle en soos jy sê,mens is magteloos.Dit help darem om ‘n sagte kussing vir hulle te wees.Sterkte en ‘n drukkie vir jou!

        Liked by 1 person

  1. Dis wonderlik dat mense na die natuur omsien en dat jou kleindogtertjie deel daarvan kon wees. Pat Conroy het ‘n wonderlike roman geskryf (“Beach Music”) waarin ‘n ouma ‘n eensame stryd voer om sulke skilpadjies aan die ooskus van die VSA te red.

    Liked by 1 person

  2. Hier sit ek nou op die lughawe…. 6 ure te vroeg met die hoop om vroeer na my kleine Anli te vlieg en moet ek my sonbril gou opsit vir jou mooi storie… en 6 ure wag want ons kon nie vroeer weg!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s