Die wonder van ñ kleinseun.

483168881_19911a2042

Vir my as ouma is daar net een woord vir ons drie kleinseuns: AMAZING. Nou 8 jaar, amper 5 jaar en amper 6 maande, is dit soos die breë spektrum antibiotika wat dokters voorskryf. Dit dek alle kwale.

Vandag wil ek my eerste seuntjie ‘neerskryf’. Ouma se eerste kleinkind en eerste ‘blouvoet’. Ons graad twee sportman met sy sagte hartjie en mooiste glimlag.

Hoe dit moontlik is dat my wese kan verkrummel as hy so voluit op my afstorm, laat my stom. Met sy agtjarige woorde voel ouma soos ñ koningin op ñ pronkperd. Ek spandeer dae in boekwinkels op soek na ensiklopedieë wat sy gedagtes kan prikkel. Ek raak ñ meester op die natuurlewe gebied en lê ure saam met hom na diere programme en kyk.

En eintlik hou ek net van my sepies en Househunters!

Ek vang vis, vat aan aas omdat hy my vra om vas te hou, soek fossiele tussen hope klippe, leer hom om die klein spinnekoppies uit hul sandhuisies te roer, (toktokkie toktokkie kom uit jou huis…). Stap kilometers in Bali rond in die soeke na nét die regte geskenk. Luister gefassineerd na sý gitaar weergawe van ‘Dans met die rooirok…’, en klap die langste en aanhoudendste hande.

Al word hy nou ñ fris mannetjie, ouma se skoot het altyd vir hom sitplek. Ouma se lyf is nooit nié reg om hom vas te druk nie. Ouma se praat is altyd gereed om hom te ondersteun, hom aan te moedig.

Ek verwonder my aan sy loop, sy hardloop, sy sit. Sy ‘wees’. Sy trane breek my in ñ hopie krummels op. Sy hang skouertjies laat my keel toetrek, en ek voel die seer in sy hartjie as my eie.

Hierdie ‘ouma wees’ van ñ kleinseun is hartswerk. Jy sien hoe hy vorm, en jy bid. Jy ‘hoor’ hoe hy groei, en jy bid. Jy hang aan sy mamma se woorde as sy oor hom praat. En jy bid. Jy ‘sien ‘ deur sy pappa se oë as hy oor boetie spog. En jy bid.

Want ñ ouma moet bid. Dis jou kleinseun, jou kleinkind, deur God in jou arms geplaas. Deur God aan jou ook toevertrou.

So jy dra rond, jy sus, jy voed, en jy vertrou. Dat hierdie harts-seunskinders gelukkig sal wees, gesond sal bly, bewaar sal word.

En hul eie paadjie saam met Jesus sal ontdek.

img_4044

(aan Nathan)

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

12 thoughts on “Die wonder van ñ kleinseun.”

    1. Hoop jy kry vinnig die geleentheid om vir die kinders te kom kuier, Coetzee. Ek is bevoorreg, ek besef. Het so baie vriende wie se kleinkinders in ander lande bly, en dit is ñ groot gemis in hul lewens.

      Like

  1. Kleinkinders is die allervreeslikste ding wat ‘n mens ooit kan hê. Ek het net een van 8jr oud, maar sy rule, saam met haar bid ek, lees ons skrif en leer mekaar vd vrugte vd Gees en male sonder tal moes ek al rooigesig erken het dat ek maar ‘n groot te kort tov die vrugte het, en dan lees sy weer vir my vd vrugte. Soms salf ek haar gou voor sy uit die huis gaan, normaalweg sal sy vir my sê, ouma salf my vandag asb. Maar sy het gekom, soos ek altyd vir haar sê, Lainey jy is my skootkind wat die Here in my skoot kom plaas het, juis toe ek gedink het ek gaan dit nie maak nie, het Hy my kom wys ek sal deur Sy genade sal ek en dat ek jou ontsettend lief gaan hê, meer as my eie!!! Ek is so dankbaar as ek v ander oumas lees wat ook voel, dink en bid nes ek!

    Liked by 1 person

      1. Nee glad nie, haar pa maak haar groot – my seun is geskei toe sy dogtertjie 4 jaar oud was en sy vrou het pad gevat met ‘n man ouer as haar pa. Sy het vir my seun gesê hy kan maar hul dogtertjie kry. Die pyn was ongelooflik groot vir my, ek sonder dit vandag na amper 4 en 1/2 jaar nogsteeds uit as een van die grootste seerplekke in my lewe, niks het nog gekom by die egskeiding van my kind nie. Die pyn was so groot vir beide van hulle, lank daarna het ek hom telkemale gekry waar hy soos ‘n baba gehuil het, hy en sy kind. Niks kan ooit met daai seer vergelyk nie, ek het gedink my ma se dood sou dit kom uitkanseleer, maar dit het nie, dit bly nogsteeds my seerste seer in hierdie lewe. EN EK KAN EERLIKWAAR Sê EK HAAT HAAR GLAD NIE EK VOEL SO JAMMER VIR HAAR WANT SY MIS UIT OP ‘N ONGELOOFLIKE KIND EN DIT MAAK MY HARTSEER WANT EK WEET SY GAAN DIT BESEF WANNEER DIT TE LAAT IS.

        Like

      2. Ek moes nou eers ñ rukkie gaan sit en dink oor wat jy vertel. Elanè, ek as mamma en ouma hoor jou seer. So iets sal my verpletter, want ek raak magteloos ‘siek’ as my kleintjies of hul ouers sukkel. Ja, ek bid baie vir hulle, maar daar kom tye dat hul seerkry net te oorweldigend raak. Dan moet ek weereens na God toe reik vir krag. Jy het jou sterk verhouding met ons Vader om aan vas te klou, en ek en jy weet maar te goed, dis al wat ons het. En jou inpraat in jou kleindogter se lewe en gees, dit is wat gaan maak dat sy heel anderkant uitkom. Al het ek jou nog nooit van aangesig ontmoet nie, weet ek is ook daar vir jou. Ek sal altyd luister as jy net wil ‘praat’, en ek sal altyd saambid as jy vra. Una.

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s