Alweer ñ Donderdag.

(foto:Google Images)16c723b3d39cdfa5c6494dd77744ed44

Vandag het ek nodig om in hierdie prentjie te gaan sit. Eers ñ paar treë te stap, en dan te sit. Nie noodwendig op die bruggie nie. Wel meer hier aan die linkerkant waar die donker en lig bymekaar kom. Langs die blomme, nie tussen-in nie.

Ek is bly die ligte skyn in die huis, en dat dit veilig en gesellig lyk. Daar is water in die stroompie en iewers agter blink die maan. Of son.

Die prentjie lyk gesond. Hier is nie kanker nie.

As ek net sit, stil, sodat niemand my sien nie, kan ‘hier binnekant dalk regskuif’.

Dalk moes ek jou saambring om te kom sit. Net dalk moes ek jou hand kon vashou en jy weet ek sit langsaan. Maar dalk is die prentjie té gesond, en wil jy uitloop.

Dan liewer op my eie sit. En wag dat die prentjie se prentjie my regskuif.

Wat gee ek jou? Wat bring ek jou? Voor jou is ek braaf, maar agter jou…

Daarom die sit. My kop op my knieë lê, my arms willoos langsaan. En hier bly tot ek kan uitstap met iets. Vir jou.

(aan my vriendin)

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

19 thoughts on “Alweer ñ Donderdag.”

      1. Nee, ek doen dit op my rekenaar.

        As jy ; en – en ) tik dan knip jy oog.
        As jy : en – en ) tik glimlag jy.
        As jy : en – en ( tik is jy hartseer.
        As jy : en schock en : tik is jy geskok.
        As jy : en lol en : tik skaterlag jy.

        Die res kan ek nie werklik onthou nie.

        🙂

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s