Hier kom die bus…

6275879_orig

Hierdie bly vir my ñ ‘lekker’ prentjie om langs Bali se strate te sien. Kleurvol, die liggaamshoudings in die ‘wag’ posisie, heerlik in hul tradisionele drag, en elkeen dink sy dink.

Rustig en gemaklik met die lewe, wag hulle vir ñ bussie.

So ñ hele klompie jare terug, 1995 se tyd, het ons die Sondag middag kuiermense oor. ñ Ou skoolvriendin kom stel die nuwe man in haar lewe aan ons voor.

Pragtige mens, vors gebou, met ñ mooie persoonlikheid. Ek en manlief hou dadelik van David, sommer baie. ñ Soliede mens, net wat vriendin nodig het.

Op ñ stadium gaan haal ek koek en tee. Kom teruggestap na die stoep-stelletjie met ñ netjiese skinkbord vol lekkernye.

Nou intussen het manlief bietjie dieper oor ‘dinge’ begin uitvra. Tussen die twee van ons is manlief die diepere. Hy vra sy vrae en skram nie weg van dieptes nie. En vriendin is vir ons belangrik, so daar móét ernstige prate gespreek word. Gewoonlik gee ek hom ñ skop onder die tafel dat hy moet stop. Maar dikvelligheid lóóp in die manskant van die familie.

Ek weet van niks. Ek weet nie dat hulle oor David se pos by die weermag praat nie. Sy hoë pos. En hoe hy dit in die nuwe bedeling ervaar.

Hy probeer diep verduidelik. Vir hom is dit soos om…

Die sinne wat ek wel hoor is die volgende, David nou aan die woord: ‘…elke dag lank langs die pad te staan en wag vir die bus. Dis alleen, ek moet vir my plek in die ry baklei. Dan stop die bus, en ek klim in. En dan ry die bus, iewers heen. Maar daar is geen kaart nie, so ek sit net en kyk, en wag. Kyk by die venster uit. Heeldag. En in die laatmiddag, dan stop die bus weer, en ek klim af. Môre is dit weer dieselfde. Niks verander nie. Ek klim op, en ek klim af’.

My volledige moedersinstink skop net daar in. Niemand sê ñ enkele woord nie, daar is so ñ eerbiedvolle stilte wat hang. Ek sak op die stoel oorkant hom neer. Met diepe trane in my bruin oë gryp ek hierdie kosbare man se hand vas en prewel…’David! Nee. Jy kan nie. Jy mag nie. Hoekom ry jy elke dag op busse rond na plekke wat jy nie ken nie. Dit is nie reg nie. Ek en Bert sal jou help. Ons sal jou bystaan. Dis regtig nie gesond van jou om net dit te doen nie… jy kan regtig nie heeldag net wil busry nie…’

Teen hierdie tyd is Bert al op sy voete, want om my ñ skop onder die tafel te gee, het geensins gehelp nie. My hele wese was ingezoom op hierdie arme stukkende man hier voor my. Ons gaan moet counsel, sommer hier, nou! Dalk die pastoor uitkry, shit, maar dis Sondag. Hy werk. Ek het iewers ñ dagstukkie boek, maar waar. Moet gaan soek, moet vir hom gee.

‘Una. My Vrou’ is al wat manlief kon uitkry. ‘Jy moet reg luister, jy hoor alweer nie.’ En verpes ek dit nou as hy daai woorde op daai manier sê.

Maar nouja. Dalk het ek op die verkeerde tyd, verkeerde plek, verkeerd gesnap.

Na ñ redelike stugge verduideliking dat David na sy werk in die nuwe weermag verwys, dat dit is soos om doelloos op busse rond te ry, was ek vir ñ oomblik tjoepstil. En toe begin ek lag.

En ek lag nog steeds as ek onthou van my diep oomblik.

(aan myself)

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

8 thoughts on “Hier kom die bus…”

    1. Jong ja, daardie episode bly maar een wat soms opgebring word as daar met my gespot word. Vandag is David steeds ñ baie belangrike vriend in ons lewes. Net bly jy sien ook die snaaks in!

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s