Wat is jou naam?

(fotos:Google Images)name

As jy ñ rukkie in Bali vertoef, kom jy agter dat omtrent almal een van die volgende name het. Wayan, Made, Nyoman of Ketut. Dit beteken eenvoudig eersgeborene, tweede kind, derde kind of vierde kind. Hierna volg ñ privaat naam. Om die verskil tussen manlik en vroulik aan te dui, gebruik hulle “I” vir mans, “Ni of Luh” vir vrouens.

Eerder as om jou naam te vra, sal hulle sê “Where do you sit”, wat na jou familie stand verwys. Of jy dus uit ñ arm of ryk familie kom. Eens hulle die antwoord het, besluit hulle oor watter vlak van die taal om met jou te praat.

Hierdie inligting het ek weereens by ons Wayan gekry nadat ek die dag sprakeloos toegekyk het hoe ñ groep mans almal gelyktydig sê hul name is Wayan.

Dit bly beter as die feit dat my naam, Una, in Italiaans ‘ñ’ beteken. Wat het my ouma gedink toe sy op ‘ñ’ besluit het! Op ons besoek aan Italië verlede jaar, het ek later nie meer geweet hoe om myself voor te stel nie. “Hello, ek is ‘ñ’, en as ek nou nog moes by antwoord ‘waar ek sit’ was ek in my kanon in. Finansiële aansien en voorgeslagte met hogere titels het verby gehou.

Ek sien darem dat my naam in Latyns ‘meisietjie’ beteken. Ook ‘eenheid en kompleetheid’.

Maar in Bali bly ek Luh Wayan Una.(so het ek dit nou uitgewerk)

fee3cce0f1f1235d5833f0d13a434973

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

13 thoughts on “Wat is jou naam?”

  1. Baie interessant!Kostelik van jou naam in Italiaans.Dit het al twee keer met my gebeur dat iemand vir my sê..Dina is ready…dan het ek nie die vaagste benul wat ek nou met die saak te doen het nie.Nouja…dinner is ready…se uitspraak kan verwarrend wees!😄

    Liked by 2 people

      1. Ja ja, ek weet jy is reg. Maar ek moes net ietwat kla oor eintlik niks. My manlief dink ek skryf te diep, so hy ‘love’ dit as ek vlak bly. Vir hom was die name storie briljant.☺☺

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s