Ons Boeta.

img_0027

Hy was maar altyd haar baba tot ñ maand voor sy weg is. Toe gee sy hom vir ons. Boet, het sy gesê, mamma gaan nou hemel toe en ousus en Bert gaan na jou kyk. Jy moet mooi na hulle luister en soet wees.

En dit was genoeg vir hom. My middel boet met die verstand van ñ vierjarige, en die lyf van ñ 50 jarige. Hy het stil gestaan en dink, sy duim in die lug gesteek, shap, en my en manlief omhels. Omgedraai en in sy inkleurboek gaan teken.

Hy kom een maal ñ maand huis toe, bring al honderd cds saam, al sy BAIE karretjies, sy radio en sy skryfboeke. Tannie Carike bly sy all time favorite, en Kersfees is die hoogtepunt van sy jaar. Daar moet 9 pakkies vir hom wees, kersvader moet dit 6nm op oukersaand voor die deur los, en dan wil hy kamer toe. Niks se ge-eet of kuier vir hom nie. Hy en sy geskenke, sy beker koffie en sy musiek. Die lewe is volmaak.

Hy word nou grys, die hare min. Daar is vae klagtes en dinge, en die winters raak al moeiliker. Doodgelukkig by die tehuis, sy meisietjie aan die hand en sy vriende oral om hom. Maar ek begin besef, soos nou vanaand, hy gaan ook eendag weg wees. Daar sal ñ gejubel in die hemel wees, dis ñ feit. Hy gaan sy Jesus sien met wie hy nog altyd so maklik kon praat.

En ons twee dan, ek en Bert…nee kyk, laat ek dadelik by sy kamer gaan inloer. Weereens hoor watter rugbyspan speel waar en wanneer. Seker maak hy het sy telefoon nie alweer op mute nie. Nog ñ keer preek oor die te veel koppies koffie.

En dan my man kom opsoek en vra dat hy my net ñ bietjie moet vashou.

(aan ons boeta)

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

27 thoughts on “Ons Boeta.”

  1. Baie mooi verwoord vriendin. Maak my verlang na my boeties. Bly dat hulle huis toe is en bly dat hulle vry is van RSA en gebrek. Mag jy en Bertus geseënd wees vir wat julle vir Boeta beteken. Liefde ekke

    Sent from my iPhone

    >

    Liked by 1 person

  2. Hartroerend mooi en met soveel deernis geskryf. Ek admireer julle dat julle plek gemaak het vir julle “groot” bababoetie om te kan kuier, met al sy dingetjies bly hy deel van ‘n familie – dit is so kosbaar die koninkryks kinders van ons Here – HY IS BAIE DUIDELIK AS JULLE DIT AAN EEN VAN DIE GERINGSTES VAN MY GEDOEN HET, HET JULLE DIT AAN MY OOK GEDOEN.
    Jy en jou man het onse Vader in jul huis ingenooi met die liefde wat julle vir jul boetie het – so mooooiiii….

    Liked by 1 person

  3. Ek raai daar is baie frustrasie en opoffering wat jy kies om nie te verklap, of op te fokus nie?
    Ek sien ‘n diep menslike ervaring wat niemand wat daarby betrokke is onaangeraak kan laat nie, self nie eers die voyeurs wat van buite deur jou vensters loer nie. Respek.

    Liked by 1 person

    1. Ag oupa, ñ engel kindjie! My ma het 40 jaar lank by ñ skool vir gestrendes skool gehou, so vir my en my 2 boeties was hulle deel van ons grootword familie. Jou kleindogter gaan jou nog eindelose plesier verskaf. Hul liefde ken geen perke nie.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s