Vandag is my dag.

(fotos:Google Images)936699_878390735523419_4880046706550642663_n

Tot nou toe het ek nog nie vertel van Bali en ‘shopping’ vir myself nie. (hierdie het niks te doen met skoene koop nie).

Jy ‘dress up’ vir die okkasie. Want sien, hierdie is nou nie “bargain hunting” nie. Ons praat van “smart shopping”, in Malls waar die lugverkoeling jou ñ ietsie oor jou skouers laat gooi. Hierdie is weereens ñ ALLEEN gebeurtenis, want jy is nou nie heeltemal jouself nie. Vandag is jy ‘grênd’ en dit moet wys. Daarvoor is ook nie ñ rede nie, maar ás jy nou ñ paar miljoen op jouself gaan spandeer, heng, doen dit ten minste met grasie! (R1 000 = ñ miljoen ruph)

7

Bali beskik oor die allermooiste verskeidenheid klere. Veral diè wat met die hand geborduur is, wêreld bekende Uluwatu kant. En beddegoed. Om by een van hierdie spierwitte winkels in te stap, is ñ vrou se droom. Jy word deur die mooiste mensies sommer al by die deur ontmoet. Jy sweef tussen wasige uitrustings rond, en wil wil die gevoel van ñ multimiljoenêr herken… al kan jy geen van die keurige nommertjies bekostig of aankry nie.

cbtc-1

Jy stap darem gewoonlik uit met een item, in my geval ñ kantsakdoekie vir my mamma wat al ñ paar jaar huistoe is. Maar die sakdoekie moet ek koop, en in haar juwele kissie gaan wegsit.

Darem is daar menigte winkels waar ek tog die pryse kan bekostig. So ñ een nommertjie op ñ slag ‘aan Una van Una’. Dit bly ñ ondervinding om op hierdie pikante Indonesiese eiland iets net vir jouself te gaan uitsoek. Terug by die huis koop èk ook heerlik by Mr Price en Ackermans, maar op ñ droom vakansie is dit ñ vroue wet om ñ ietsie vir self te koop.

l_travellingbali-com-bc004fb44f1d7e470e3bda6a681f6713-uluwatu-bali-fashion-white-dress-exclusive-shopping-2-470_x_260

En as dit handgeborduur is, soveel te beter. ñ Ietsie eg Bali om by die huis uit te haal, teen jou vel vas te druk, en diep teue te neem.

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

10 thoughts on “Vandag is my dag.”

  1. En hier voer jy my vir ‘n wyle uit my deurmekaar kantoor na ‘n stukkie luuksheid. Lekker lees ek en word grasgroen op ‘n mooi manier, grasgroen omdat ek slegs van sulke reise droom en beslis nie huidiglik sal kan meemaak nie. Maar dit is nogsteeds ‘n genot om my bietjie in “jou” wereld te kan inleef en dan die mooie sakdoekie wat na ‘n kissie gaan omdat mamma nie meer hier is nie, het my so na my eie laat verlang wat ook hopeloos te gou en te skielik gegroet het. VOEL NES GISTER…

    Liked by 1 person

    1. Hello Elanè. Ai, mag ek tog eendag ñ paar van julle saam met my kan oorvat. Ek self vlieg bitter min deesdae, want die meubelbedryf kry swaar. Maar ek sal aanhou droom en glo. Hoop ons kuier nog jare saam op ons blogs, en wie weet, jy gaan soek dalk self op ñ dag vir jou mamma ñ sakdoekie uit.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s