Die bankie en die vistenk.

(foto:Google Images)img_11234

Jy kan loop waar jy wil, maar iewers in Kuta se staatjies is daar ñ bankie en ñ vistenk. Jy kan nie vir hulle wegloop nie. Iewers gaan iemand jou roep, of tot by jou stap en jou saamnooi, of ñ pamflet in jou hand druk. Of jy gaan self in een vasloop.

Maar die bankie en die vistenk gaan jou inhaal.

HULLE sê dis goed vir jou. Die vissies vreet glo skoon. En jy kry ñ “foot massage” op die koop toe. Dit werk vir die bloedsomloop. Soos ñ “three in one”, al wat jy moet doen, is opdaag.

Meestal loop ek ñ wye draai om hierdie stalletjies, ek weet so goed waar elkeen is. Want ek hou nie van “massages” nie, my bloedsomloop is mý probleem en verdomp, my voete is mos skoon. Op die oppervlak dalk, maar steeds “presentable”.

So, as jý aan getorring wil word, as duisende vissies die vasgepakte ‘vuilgoed’ moet afvreet sodat jy met gesonder voetjies kan rondloop, as jy kans sien dat jou bloedsomloop ñ maraton deur jou lyf hol, kom sit dan nou maar langs my op die bank.

Maar weet net, ék hou my skoene aan.

(aan myself, op hierdie Vrydag wat ek weereens moet deal met dinge)

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

10 thoughts on “Die bankie en die vistenk.”

  1. Ek met my plaas-gewoontes gaan GEEN kommentaar lewer nie. Gaan bv nie erken ek geniet my Emma-hond se skoonlek van my voete, elke keer as sy inglip en gou skelm by my voete kom le nie. Gaan ook nie noem dat….. Nee, toemaar.

    Liked by 1 person

  2. Vissies het nooit aan my ge eet nie. Kan die idee dat dieselfde vissies wat aan ander se probleem voete geknibbel het nou aan my moet knibbel. Ek bely ek het n probleem met ander se voete, wil nie aan hulle raak nie, nie naels sny nie, niks! Die spoeg word sommer dik in my mond by die gedagte daaraan. So ja, maatjie sirkels is ver om tenks met bankies gestap.

    Liked by 1 person

  3. Met hierdie post was ek eintlik in opstand. Want sodra ek ok is, land ek weer met my voete in die vistenk, en word wonde oopgevreet sodat dit gesond kan word. Korrelkop Kahuna het vanoggend vroeg geskryf, en dit het my weer iets oor myself laat besef en my sukkel met Benno se dood. So ek was behoorlik omge-ellie en vies omdat ek aan gevreet word. Ek hou nie van hierdie dieptes nie, vriendin.

    Like

  4. Magtag vriendin praat jy van depressie ook? Of sien jy slegs dit raak wanneer jyself besig is met die jaarend gejaagdheid en die kloue wat kort kort jou dun nek vasdruk? Ja dis beter om om te draai en n ander pad te soek. My raad aan myself is, kyk op en sien die blou lug!

    Sent from my iPhone

    >

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s