My ou…

(fotos:Google Images)iguana-durmiendo

Ek weet, ek weet, jy wil hom nie sommer bo jou in ñ boom raaksien nie. Maar in Bali is dit baie moontlik…

Ek is nou nie eintlik ñ dieretuin mens nie, maar vandat die kleinkinders hul opwagting begin maak het, ‘kyk’ ouma anders na die natuur. So, die Bali Zoo, wêreldbekend, sien my af en toe. Soos ek al voorheen vertel het, jy kan jou sit gaan sit, en dophou hoe die mensdom en die dierereik hier heel in harmonie saamleef. Wonder of dit effens is hoe dinge in die paradys gebeur het. Natuurlik net totdat Eva…nee wag nou Una, hierdie is nie vandag ñ preek-storie nie.bali-bird-park-in-gianyar-bali-indonesia-bali-hello-travel26Reptiele floreer steeds op die eiland. Meeste huishoudings leef saam met ñ hele paar diere in hul compound. Dis ñ mengelmoes van apies, iguanas, uitsonderlike voëltjies in die mooiste koutjies, ñ klompie geccos, en dan ook varke, hoenders en eende tussen die mure van elkeen se heiligdom. Hierdie hele mengelmoes word skoon gehou en sorgvuldig na gekyk.

377916ca-5067-4a5e-b32a-9e319a2833b6

Terug by die huis, is ek heel tevrede met Camo in my lewe. Camo is ñ sy, en woon in haar glashok op ons stoep. Sy eet slaai, krieke en meelwurms. So ons compound sluit ñ kriek en meelwurm boerdery in. Ja, om ñ ouma en oupa te wees, beteken ook om nood raak te sien en in te gryp. Camo is middelste kleinseun s’n, maar Logie kan nog nie mooi na haar kyk nie. So sy is in pleegsorg.

Sy verskaf ons eindelose plesier. En al gril ek tot in my tone toe elke keer as ek haar optel, word my hart week sodra sy teen my bors vasklou en haar oë met ñ sug sluit.(Met die oë wat dan so toegaan, is Bert oortuig daarvan dis ñ hy en nie ñ sy nie). Moedersinstinkte loop hoog in ons familie, en ek wéét sy het ook ñ binneste!

Maar boetie, eendag is eendag. Ek kyk haar so. Vanuit haar hok met ñ hemelse uitsig oor die dam, wag sy haar kans af. En sy droom haar drome…

En dis nie oor Bali nie.

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

24 thoughts on “My ou…”

  1. My dogter is ‘n Veearts, my seun ‘n “appie” rekenmeester. My seun is in spinnekoppe, daar is selfs 3 vd gediertes in my kombuis wat hy een Kersfees vir my, my man en die Veearts gegee het, nodeloos om te sê al 3 is nou my verantwoordelikheid. Verder het ons ‘n optelhasie wat ons al vir so 4 jr het, bottel grootgemaak. Ons het 2 katte waarvan 1 myne is en die ander die Veearts sin, 2 Scotties, beide en beslis myne en ek gee nie om oor hulle nie. Dan het ons ‘n kanarie, ‘n kokketiel, ‘n African Grey en ‘n ringnek papegaai – ek het net die kanarie aangeskaf, die res is aangedra oor ander mense nie meer wou kyk nie en omdat daar dan ‘n Veearts in my huis is. Veearts = diereliefhebber. As ek sê “ons” kan ek nou vir jou sê almal is my verantwoordelikheid, behalwe die Veearts se kat wat in haar huis is en die spul spinnekoppe en ‘n rot wat in my seun se huis is. Beide se huise is op my erf, baie gerieflik as hulle wil gaan vakansie hou. Boonop dink vd familie ook ons het mos ‘n Veearts en daarom sal “ons” menende ek, na hul honde so 3 tot 4 keer ‘n jr op ons erf vir ongeveer 2 weke op ‘n slag kyk. En ek, ek is moeg vir die dieretuin met al sy verantwoordelikheid, ek is moeg om die “nie diereliefhebbers” se asblik te wees as hulle sien diere = werk…. maar nou ja, elke keer wat hul oog myne vang sê ek vir hulle, toemaar die is nou maar jou huis ongeag my eie moegheid…. ek het jou storie so geniet en daarom gou myne terug….

    Liked by 1 person

    1. Goeiste Elanè, jy het jou hande vol met julle eie dieretuin!!! Ek sit behoorlik in my binnekant en lag vir al jou ‘kinners’ wat jy grootmaak. Dis kosbaar jong. Lekker dat jy jou wêreld met my gedeel het.

      Like

      1. Dankie maar hulle sal nooit my span wees nie!!
        Ek sal altyd ‘n BOK bly… maar krieket is die grood liewde!! Lekker om te sien ons seuns is besig om daai arrogante spul daar onder ‘n bietjie maniere te leer!! 😉

        Liked by 1 person

      1. Al amper 16 jaar hier! Ek sukkel met die plek (en sy mense) maar die familie doen goed hier! Ek wil altyd neig na die son… Portigal sal heel goed wees vir my! Ek droom!!
        My vrou sal nooit terug gaan nie… en ons het ‘n trop kleinkinders hier… so, dit is seker permanent! 😉

        Liked by 1 person

  2. Jy vat my lekker terug en dan kom die onthou by my op…
    My eerste besoek aan Bali bly ons in n pragtige plek so by die bos. Ek hoor n vreemde voel geluid en vra, ek winder watter nag voel is dit?
    Net om te hoor dis n gecko. Daarna as ek een hoor onthou ek die aand by Bali Spirit en giggel oor my vraag….
    Was dit nie hemels nie?

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s