Sien jy my raak?

(fotos:Google Images)23382122Die Bali mense vergelyk hulself met bamboes. Elegant en veelsydig. Hierdie boomhoogte grasse kry jy regoor die eiland, en word gebruik om huise mee te bou, vir huishoudelike  gereedskap en meubels, musiek instrumente, en in hul godsdienstige rituele.

Die bamboes plantasies help met grondbewaring en versterk die steil rivier beddings. As boumateriaal is dit lig en sterk.

ñ Enkele bamboes gras, een tussen honderde ander, met aandag en geduld, en heelwat liefde, kan dus in ñ pragproduk omskep word.

Hoekom dan is ons so hard op mekaar. Hoekom breek ons eerder af as om te skep. Waar gaan kruip ons liefde weg as ons voel ons word self seergemaak.

bf55647a2573ff8d67c317c378cad995Ek sukkel hierdie laaste paar dae met die vrae in my binneste. Is dit dan moontlik om op ñ plek te kom waar daar nie meer plek ís nie? Waar jy jou naby mense móét uitvee sodat jy beter kan word. Raak die liefdesput leeg.

Ons as oumas en oupas kan nie anders as om bamboese bymekaar te wil hou en vleg nie. Om dié wat swak is, uit te soek en eers te probeer verstaan. En selfs as ek nie verstaan nie, ñ ruimte vir groei te probeer skep. Nie omdat ek ñ goeie mens is nie, nee, net omdat ek nie KAN afbreek nie. Al wil ek soms.

Ai Here, help ons om raak te sien as ons vernietig. Help ons om raak te hoor selfs al is ons eie uitroep oorverdowend. Help ons om nie te glo dat ons gesond kan word net as ander weggevee word nie. Help ons om ons liefde vir mekaar te onthou, ons vreugdes in mekaar te herontdek.

En die eie ek te laat gaan.bali-family-vacation-spots

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

9 thoughts on “Sien jy my raak?”

  1. Una, ek dink dit is die tyd van die jaar, veral waar ouer mense in retrospek terugkyk en dan met meer vrae is antwoorde gelaat word, meer seer as lekker.
    Terwyl ek so lees wonder ek watse tipe mense ek is en dadelik dink ek, ek is ‘n te veel omgee mens… ek is rerig moeg vir omgee, ek is moeg vir al my goed op “hold” plaas. Ek wil ook ‘n Bali hê… maar met my verantwoordelikheidsin sou ek dit nie regkry nie….

    Liked by 2 people

  2. Ek sién jou raak tussen al die bamboes. Hoekom? Want jy gee om. Soms sien ek jou wegkruip en probeer jy hard om nie raak gesien te word nie. En weet jy, dis okay.

    Sent from my iPhone

    >

    Liked by 2 people

  3. Soms is die seer en die oorweldigende magteloosheid net te veel en wens ek, ek kan net daar in my eie bos verdwaal. Liefde is so onmagtig teen seer, veral as dit jou eie naby mense is. Ek hou dan nie van hulle nie en krimp ineen van die seer, maar die liefde bly….. Ek verstaan jou woorde agter die woorde.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s