Kom, dis badtyd…

(fotos:Google Images)morning-bath-750x493

Noord, Suid, Oos, Wes, in watter rigting jy ookal stap, iewers is dit badtyd in Bali. Die sentrale deel van die eiland is oortrek met riviere en strome, water wat in alle vorme uit die berge stroom. Fonteine in die hooglande vloei af na die ingewikkelde besproeiings- sisteem wat tussen die ryslande deur kronkel.

Jou hotelkamer is tussen watervore gebou, jy besoek spas met die mooiste swembaddens ter wêreld, jy moet uitdraai vir watervalle en spuitfonteine. Ja-nee, water en Bali is sinoniem met mekaar.

So ook is badtyd. Sit jy dalk en ontbyt eet, kyk net bietjie rond. Iewers gaan jy kinders raaksien besig om in die water te baljaar. Of grootmense.

Jy verlustig jou in die uitgelatenheid van hierdie ritueel. Voel vir ñ sekonde of twee of jy afloer, maar besluit dan nee, hierdie onskuldige waterpret is daar om deur almal geniet te word.

347314200-pekerisan-schwelle-bali-baden-vorgang

Ek wonder hoe het dit in die begin jare hier gelyk. 2000 jaar gelede het Austronesiese mense  vanuit China op Bali aangekom en sonder steurnisse hier regeer. Eers baie jare later het menigte oorloë rondom die oorname van die eiland uitgebreek en vir lank was Bali dan ook ñ Hollandse kolonie.

Soms as ek in hul wildernis areas rondstap, let wel nie te diep nie want die ape is oral, verbeel ek my ek hoor Tarzan se hemelse kreet tussen die ruigtes weergalm. Dan weer onthou ek die slang een jaar in my hotelkamer, die iguanas in die bome, en die Bali tiere wat steeds voorkom…

Mmmm. Kom ek draai liewerste om en gaan bad.

sedona-spa-ubud-1

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

23 thoughts on “Kom, dis badtyd…”

  1. wow… dit is mooi. Water het vir almal van ons in ‘n mate die een of ander bekoring – maar hier waar ons is, is die water so besmet met allerhande gemors dat jy nie sommer dit sal waag om net in dit te gaan baljaar nie.
    Ja, hier is plekke waar dit veilig is glo ek maar dit is waar onse mense nog nie hul sg “footprint” gelos het nie.
    Jy het Bali beslis vir my op my “bucket list” gesit en ek sal beslis die plek gaan besoek net om die mooi ook eerstehands te kan ervaar.

    Liked by 2 people

    1. Kyk, ek ook. So ñ badkamer doen dit vir my. Bert sê altyd ek is ñ regte ‘badkamer rooilig vrou’. En natuurlik die see, en ñ swembad, en en…Net Harties se damwater vang my effens. En nou bly ons ook so lekker hier op die water.☺

      Liked by 1 person

      1. In so ‘n klein inham langs Ifafastrand en sowat 8 kilometer van Hibberdene af. Die meeste huise hier is vakansiehuise en die mense wat wel hier woon (sekerlik nie meer as 200 nie) se gemiddelde ouderdom is iewers in die sestigs en hoër. 😀

        Liked by 2 people

  2. Giggel ek nou hier by myself aan een herinnering uit my trommeltjie….
    Ek stap die dag rigtingloos in n voetpaadjie totaal oorgegee aan die asemrowende natuur. (Die Tarzan bos Una) die paadjie eindig onverwags hoog bo n rivier, ek staan verwonderd, alles is so oorweldigend mooi. Ek vat my kamera om hierdie te probeer vasle vir die onthou. my lens skok tot stilstand op n nakende man wat besig was om te bad. Hy het my gewaar voor ek van hom bewus geword het. Skok is n nie die woord, staan hy en waai vrolik vir my in sy naakte waarheid uitgestal na my…. Ek het ook maar omgedraai en Tarzan daar gelos…..

    Liked by 1 person

    1. Deksels, nou het ek juis nie my laptop vandag by my nie. Net my foon. Gaan nou nou ñ lysie stuur. My nr is 0823208374, naam is Una. Welkom om my vanoggend te bel, ek pas ñ siek kleinkind op. En sit voor die tv geskok oor die uitslae!

      Liked by 1 person

      1. o dit sal wonderlik wees. Kan jy as jou nommer vir my stuur na 0845874228 dan sal ek altwee se nommers vir jou gee of jou nommer vir hulle, hoe dit ookal vir jou die beste pas. Baie dankie.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s