Die pad na ñ stukkie hemel…

(fotos:Google Images)intercontinental-resort-tahiti

…lê soms in ñ handdoek.

Só het ek nou een jaar uitgereken. As jy nie veel geld het nie, maak ñ plan. Na ñ “hectic” aankoop week besluit ek om stokkies te draai. Gaan stap kilometers aaneen langs die strand, en kom tot ñ besef. Om soos die rykste van ryk elite ñ dag lank op die heel heel mooiste strand te wil ontspan, moet ek “undercover” gaan. Diep.

En ek het. Daar is ñ sekere area in Bali, Nusa Dua, wat aan toeriste behoort. Die strand voor elke hotèl is nie vir die gepeupel nie. Oral, geklee in lieflike Bali drag, keer wagte jou voor en wys jou weg indien jy nie hul gas is nie.

Wayan kry opdrag om my by ñ deftige restaurant af te laai, en te los. Sal hom bel vir die oplaai, eens ek weet waar ek gaan uitspan. Genoemde restaurant sit teen die see, so met my strandklere, bont sak, donkerbril en baie ‘snazie’ sonhoed, stap ek die trappies af tot onder. En draai regs.

Met my voete meestal in die vlak water, dwaal ek nader aan my “target”. Binne trefafstand pluk ek my swemhanddoek uit. Want sien, ek het op ñ internet advertensie gesien hoe lyk genoemde hotèl se handdoeke, naamlik groen en grys strepe. Toe koop ek een.sshop7Handdoek oor my skouer gedrappeer, slenter ek rustig verby die wagte, glimlag liefies vir ñ lewensredder, en gaan vlei myself neer op ñ strandstoel. Of eerder ñ see-kasteeltjie. Een met wapperende, veerligte gordyne wat my naam uitroep. My eie stukkie hemel vir ñ volle dag. Met “waiters” wat skinkborde vol drankies aandra, die ligging van jou kasteeltjie kort-kort kom verstel soos die son draai, en van ñ spyskaart af jou middagete bedien. Ek het wel in kontant bly betaal, ingebore eerlikheid wat so ñ pyn kan wees.

Toe Wayan my by hierdie genoemde, heel duurste hotèl van die omgewing, laatmiddag kom oplaai, was hy verstom. Maar hoe???

Die woordeboek sê:”Hotèl bashing is to strike with a crushing or smashing blow…”.

Ek het werklik niks gebreek of gekraak nie, maar ek het sowaar die bashing ding gedoen!10335_15081208340034089577

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

17 thoughts on “Die pad na ñ stukkie hemel…”

    1. Ag Hester, dis eintlik wonderlik hoe party van ons onsself kan vermaak. Ek is nie ñ vreeslike sosiale mens nie, wel baie erg oor ons klompie huis vriende. So, alleen in Bali vir lang tye, het ek my maniertjies gevind om myself besig te hou. En om vir myself te lag.

      Liked by 1 person

  1. As ek by was het ons seker laat in die nag gegiggel met daai bravade van die jeug of eerder n student! Ons is mos net 38jaar oud! Wat keer dat ek op 38 nog kan swot?

    Sent from my iPhone

    >

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s