Om verstom te staan…

(fotos:Google Images)142124-004-81471810

Ek het gewoonlik ñ antwoord vir alles. Ook op die verkeerde plekke.

Manlief kan hom vreeslik vir my vererg as ek op sy romantiese sin iets snaaks sal bysê. Tong afbyt help dan niks. En histeries aan die lag gaan, nog minder.

Weereens, ek hou nie van ernstig nie. Defnitiewe “flaw” in my karakter, dit besef ek. Nou is ek nog ñ “Mercy” ook, volgens ons geestelike karakterlys. Daar is sewe verskillende persoonlikhede, en ek is ñ nommer 7. Kyk, en is ek nou die tipiese van dié tipe. So asof hulle my gedissekteer het toe die statistieke opgestel is.

Wil nou nie daarop ingaan nie, maar feite is. Jy kan duskant moord by my wegkom. Ek sal alewig jou kant eerste probeer insien, en jou verdedig tot op die bitter einde. Al is jy dalk skuldig.

So deesdae hou ek my mond.

Nou help dit nie eintlik nie, want die drie dogters en een seun wat naby ons bly, lees my stiltes soos niks. Ek bly in die moeilikheid beland. Met dié dat ek wel graag kekkel, en so baie het om te sê, is my selfopgelegde stomheid nie maklik nie. Veral omdat ek graag “mature” wil voorkom. Soos daai mense wat respek afdwing sonder woorde.

Ek oefen.

Maar net ñ laaste sê voor ek gaan sit. Ek was verstom verby toe Donald wen. My mond het oopgehang van pure ongeloof.

En so maklik gewen.

Vir die oomblik, kon ek niks uitkry nie.

1279866867470

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

30 thoughts on “Om verstom te staan…”

  1. Wonder wat sal ek wees volgens die geestelike karakter lys, ek het nie eens geweet daar is so iets nie. Ek geniet jou goed so, maar ons verskil soos dag en nag… ek is ‘n inherente ernstige mens, ek oor analiseer, dieper dinge vd lewe fassineer my geweldig en ek wonder altyd oor mense se keuses as dit so doelbewus verkeerd voorkom. Ek was ‘n verpleegkundige en om tyd te kon kry het ek my beroep verander na besigheidsvrou, nooit besef dat ek nooit weer beheer oor tyd sou hê nie… maar ja, ek geniet jou blog terdeë omdat dit my wegvoer.

    Liked by 1 person

    1. Ek dink jou persoonlikheid is presies reg vir die werk wat jy doen,Elanè. Gelukkig maak God nooit foute nie. En weet jy, ek kom agter dat dit juis ons klomp is wat sulke uiteenlopende geaardhede het, wat goed oor die weg kom. En vriende raak. Een van my soort in ñ vriendekring is oorgenoeg.

      Like

      1. Ek weet nie dit is hoekom ek dit wil stuur, hulle het vir my die 3 gegee, Faith 32
        Administration 27
        Giving 26
        Weet nie of dit jou help nie.
        Damn ek is dom met die storie maar jy het nou my nuuskierigheid geprikkel. Ek e pos gou vir jou die totaal v my uitlsag, miskien jy vir my lig daarop werp 😊

        Liked by 1 person

      2. Menz wil ook probeer, maar menz kom by “build a website for your church” of “storage” uit. Help?? Hoeveel bladsye van Google results moet menz deur om te kom by “Redemtive Gifts”?

        Like

  2. Nee jong ek het mos n seun wat ses jaar in california gebly het en nogsteeds daagliksmet sy vriende daar gesels. Die mense daar is gatvol om goed te lykvir ander maar verarm elke jaar meer. Politikusse wat skatryk word terwyl duisende sonder werk sit omdat fabrieke skuif na china en mexico en bittermin import taxes hoef te betaal. Die media het hom sleg gemaak en net soos ons hier word die oop beursie beskerm deur almal wat mag skep. Trump maar moeilik maar n sterk besigheids man en wat sy eie campaign betaal het. Nou ja hier van pta groet ek tot jou volgende ope brief! Sent from my iPhone

    >

    Liked by 1 person

    1. Bert het van dag een af vir hom gestem. Ek is verstom, meer omdat Amerika die guts het om hom hul President te maak. Het nie veel teen hom behalwe dat hy maar vir my ongeskik voorkom nie. Maar wow, hierdie gaan ñ amazing nuwe tyd vir die USA wees.

      Like

  3. Ek was vd begin af n Trump ondersteuner. Hy het mos nie vanself so ryk geword ni! Hy het goeie insig en ek glo hy is n doener en nie n jabroer nie. Maar laat ek daardi 7 persoonlikhede gaan optjek. tot dusver voel ek baie dieselfde as jy!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s