Ouma se kleinste liefling.

unnamed-1

Ek was in Bali toe die sms deurkom. Kleinboet is oppad, ouma. En dààr land ouma in ñ dal wat bitterlik baie soos die doodskaduwee een gevoel het.

Vyf weke te vroeg. En ons meisiekind Here, wat gebeur met my kind!

Die magteloosheid van in ñ ander land wees tydens ñ krises, is ñ gevoel wat menigte ouer in Suid-Afrika maar alte goed ken. Van my eie vriendinne is al deur hierdie donkertes getref. Waar die vrees jou beetpak en jou begin wurg. ñ Lamheid jou volg, en jy letterlik aan ñ stoel moet vashou vir ondersteuning. Ure waarin die afstand soos ñ ewige oseaan voor jou uitstrek, en die telefoon jou ‘lifeline’ raak.

Alles om my het op daardie dag in ñ waas verdwyn. Net ek het oorgebly, toegevou in ñ kokon van gedagtes, onthoue, bangtes en dieptes. Iewers in ñ kafee by ñ tafel het ek gaan wag, die selfoon voor my neergelê en my oë nie ñ oomblik laat dwaal nie. ñ Wildvreemde vrou het haar arm om my skouer kom sit en in ñ vreemde taal iets gesê. Tussen histeriese trane deur kon ek niks uitkry nie, maar haar empatie was tasbaar.

So het ons twee bly sit, tot die huil kon opklaar.

Wonder of Heilige Gees dalk in haar hart gefluister het dat sy my moet vashou. Haar voorgesê het om onverstaanbare woorde saggies oor my te fluister. Woorde wat my gees kon raak.

Vandag weet ek sy was ñ engel. En vandag is ons boetatjie al amper ses maande oud, ñ lagseuntjie met sy mamma se mondjie en sy pappa se ogies.

Steeds maar die een wat my die vinnigste op my knieë kry as hy siek word.

Ook die een wat my weereens laat besef het hoe kosbaar lewe is, hoe afhanklik ons van ons Vader is, hoe die enigste suurstof wat ons staande laat bly, God se asem is.

Mag ek ook die engel in mense se lewens wees.

Mag ek ook Sy stem hoor, en ñ vreemdeling se siel aanraak…

En mag ek ook dan ons kleinkinders na Sy skoot toe lei.

(aan al ons oumas en oupas)

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

30 thoughts on “Ouma se kleinste liefling.”

  1. O , wat ‘n wonderlike Engel! My 2ling kleinkindertjies is weer in Holland gebore ( my oudstedogter s’n) ook 5 weke te vroeg. en een ‘n brugbaba met onderontwikkelde longetjies. Hy was ‘n week aan asemhalinghulp apparaat gekoppel. Maar danksy baie gebede is hulle vandag al 5 en ‘n half en albei absoluut 100% en intelligent!

    Liked by 1 person

  2. Praat jy reguit in my hart, alhoewel ek hier was met haar geboorte en nooit gedink het ek sal aanklank met haar vind nie. Nooit, ooit het ek gedink dat Elaine die een sou wees wat die lewe vir my sou kom herdefinieer het nie. Die oomblik wat ek my oë op haar neergelê het was dit verby, ek is noodgedwonge geleer wat nederigheid en dankbaarheid te same is, dit is om voor die Vader se aangesig te wees en net te weet wat jy weet, wat jy weet…. SY ALMAG KEN GEEN PERKE NES SY GENADE MET SY VERTROUE IN DIE MENSDOM MIDDE IN HUL SONDE….

    Liked by 1 person

      1. Van die een ouma na ‘n ander… dankie Una, ek dink ons harte klop presies dieselfde as dit by ons hartskinders kom, want dit is ‘n liefde wat mens nie eens amper aan iemand moet verduidelik wat nog self nie die titel ouma het nie… dit lyk, klink en voel beslis irrasioneel as jy v buite na binne probeer kyk na die hart v ‘n ouma, as jy dit self nog nie ervaar het nie.

        Liked by 1 person

  3. Eks ni n skrywer ni. Ooki n blogger ni. BAIE bewus van sekere “reels” oor kommentare inni openbaar oor jou eie mense : vrou, kids, familie…. Maar, basta met dit als : jy is n incredible ouma my vrou. Ek weet ni waar jy di teksboek gekoop het, of wanneer jy di kursus gedoen het ni, of wanneer jy “100% Ouma-wees opgeswot het ni. Maar jy doen dit “uit di boek uit”. Dis jou blessing. Wat n voorreg om dit te mag beleef. Mag jy nog LANK vir ons hele spul kleingoete gespaar bly !

    Liked by 3 people

  4. Vriendin..jou engelvlerke het al permanente toevou om almal om jou, verseker het ons Hemelse Pappa iemand in die vreemde vir jou stuur. Ek loof ons God dat julle klein engeltjie gesond is…Amen

    Liked by 1 person

  5. Ek tjank al my bietjie make up af! Is daai emosies nie ongelooflik wanneer jou kinders of kleinkinders die rede vir jou “val van my trollie af” is nie! Ek onthou die lamheid en die naarstiglike bid tot jy by jou sinne teruggedwing word met die wete dat ons nie nodig het om te smeek nie, vertrou is al wat nodig is. Hoekom leer ons nie? Die naweek het ek met Karlien geval wat noe 6mnde oud is. Die hond het my geskouer en toe ek probeer my ewewig terug te kry, trap ek op die hond wat gelê het. Ek val met my kop, skouer en knie dat my nuwe broek skeur op die knie, teen die hoek van die tafel. Toe ek die vloer tref verloor ek my greep op Karlien en ek dog sy slaan haar kop ook teen die poot van die tafel. My seer arm is nou vrek seer, Karlien is deur haar beskerm engel weggeruk en met haar wang teen die mat belang- reg langs die poot van die tafel!! Ek loop en dank die Here elke sekond van Saterdag af! Ek wil nie eers dink nie….

    Sent from my iPhone

    >

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s