Uitnodiging: ñ Tand word gestop! Almal welkom! Drag:Formeel.

(fotos:Google Images)mesangih

Sowaar. En die hele gemeenskap daag op. Uitgevat in hul tradisionele drag, met kos wat dae lank aan die voorberei is. Hierdie is groot, een van Bali se belangrikste seremonies.

Die rede: Om sodoende slegte karaktereienskappe in die mens te besweer, nl. AFGUNS. BELUSTIGHEID. WOEDE. VERWARRING. DWAASHEID. JALOESIE. WREWELRIGHEID.

En teen die uitwerking van passie en drank op die mens.

Die seremonie gebeur darem net eenmaal in elkeen se lewe, gewoonlik met die aanvang van puberteit. Andersins defnitief voor jy trou.

Die familie spaar ñ hele paar jaar hiervoor. Amptelike uitnodigings word uitgestuur, musiekante word ingehuur, en ñ fees word uitgelê vir die gaste. Families mag ook saamspan en tot veertien persone kan gelyktydig onder die mes beland.

Balinese glo dat alle mense ñ mate van hierdie slegte eienskappe besit.

Nou wonder ek natuurlik. As dit maar waar was, as ñ tand wat amptelik voor die gemeente gevul word, ons drange kon beheer, wat ñ fees sou ons nie ook gehou het nie! Veral ons vrouens…

Die stop van die tand wat huwelike kan red.☺☺.

Ek sien ons klomp al so, opgedress met hoed en al, die tuisnywerheid-gebak keurig uitgelê op wit tafeldoeke, met ons jong seuns aan die hand. “Jy is vyfde, boet. Ma is só trots op jou. Nou kan ek en pappa maar terugsit, die gemeenskap se dogtertjies is veilig”.

Ander senario…my ou man, ek weet jou hele mond is reeds vol stopsels, en ons is al jare getroud, maar nog ñ enetjie sal nie skade doen nie.

Dan kan mammie mos nou ook rustig begin raak.

dscf3014

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s