Om bietjie te rus…bietjie baie.

alila-villas-soori-terrace-lounge-chairs-rice-field-view-m-15-r

Jy hoef net ñ bietjie van die pad af te dwaal, om tussen ryslande te land. Draai in die ronde, en jy gewaar ñ villa…of twee of drie.

En mens mag dalk ver van die beskawing af wees, hier onder aan die suid-oostekant, verby die punt van Java, maar gepamperlang gaan jy defnitief voel.

Verblyf in Bali is relatief nog goedkoop, jy moet net weet waar om te soek. En indien jy met ñ prentjie van jou droom wêreld rondloop, sal jy die bladsy vind. Hul hotel kamers is perfek, en as jy effe meer kan betaal, is ñ privaat villa met sy eie swembad baie moontlik.

anusara-luxury-villas-ubudProbleem is net, om ewe skielik in hierdie oasis te beland, veroorsaak ñ tipe van ñ bedwelmdheid. Jy wil eerlik waar nêrens anders heen gaan nie. Jy verval in die lewe van die luiaard… Eers word jy in die oggend wakker met ñ hemelse uitsig, so jy bly jou lê lê. Ontbyt kan in die kamer bedien word, en daarna duik jy in die swembad in. Hier weer doen jy die ‘hang’ ding, met die ryslande wat voor jou uitstrek.

Met ñ glasie in die hand verskuif jy jou posisie later na die buite stoele, en hier sit jy weer jou sit. Met ñ volledige rysland-lewe wat voor jou oë afspeel.

Jy hou die eende in die vlak water dop, loer skeefweg na die voëlverskrikkers wat tog hul plig op ñ manier nakom, verkyk jou aan die jong manne wat rustig tussen die geplant rondloop en kort kort bossies uittrek, die vrouens wat bietjie skoffel, die ou omies daar eenkant besig met ñ vuurtjie, en die kinders wat met vlieërs speel.

Teen middagete se kant bring iemand verversings, en maak ook sommer seker wat jy vir aandete wil bestel. Jy gaan lê ñ oomblik skuins op die wit gedrappeerde dagbed en droom van watervalle en stroompies. Bokklokke wek jou uit jou diepe slaap, net betyds om die fyn opgetofte Balinese meisies in hul tradisionele drag te sien verby loop.

Al hierdie gebeur so ñ entjie van jou af, so asof niemand jou raaksien of eers van jou bewus is nie. En indien jy ñ kamera nader trek, gaan hulle ietwat verstom net aan met wat hulle doen. So asof jý die rariteit is.

Jy wonder dalk ñ wyle of jy moet beweeg, dink vir ñ oomblik diep na, en kom op die bad af wat reeds vir jou voorberei is. Nee werklik, die weegskaal beweeg nie eers nie. Niemand gaan mos weet nie…tropical-bathroom-close-backyard-garden-ideas-house-designers-luxury-interior-design-landscape-home-decorating-inspiration-fencing-room-designs-decorate-nature

Wat is die gesegde. “What happens in Vegas, stays in Vegas”.

En na so ñ uitputtende dag, sonder enige tv opvangs, met naggeluide en die veraf klank van dromme, sak jy tussen die witte lakens weg.

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

22 thoughts on “Om bietjie te rus…bietjie baie.”

      1. Weet jy, ek besef dit klink of ek hierdie droom lewe lei, maar my stories strek darem oor 12 jaar, en deesdae, met die swak rand, gaan ek bitter min oor om aankope te doen. Die herinneringe bly gelukkig tasbaar werklik.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s