Ons ‘familie’…

(foto:Google Images)unnamed-3

Ja, hulle behoort aan ons. Kieter en Emma.

Kieter is ñ sy, maar ons vermoed sy is al halfpad “uit die kas” geklim. En Emma is Emma. Gekoop as ñ kruising tussen ñ Great Dane en ñ Bull Mastiff. Ek weet…”but in my defence”, ek was tydens die koop transaksie in Bali. Met my laaste woorde aan manlief, julle koop NIE nog ñ hond in my afwesigheid nie.

Kieter is hiper befoeterd. Sy haat vir Emma. En sy soek haar kos. Somtotaal van haar bestaan.

Emma, op haar beurt, is die vredeliewendste, liefdevolste, en mees gebreklike “mungrel” ooit. Haar agterlyf is onder-ontwikkeld, maar ñ forse bo-lyf maak behoorlik op daarvoor.

Ewenwel, Kieter val toe glad nie vir Emma se volronde geaardheid nie. Sy blaas en sy skreeu-miaau van binne die huis as Emma enigsens vensters se kant toe kyk. Sy kamoefleer haarself tussen die gordyne en lê sweerlikwaar heeldag aan Emma se heengane en beplan.

Emma weer, verwyl haar tyd deur voëltjies te bekruip en te vang; sy stel haar “traps” net duskant haar kosbak.

En dan haar ander swakheid. Met dié dat ons voor, reg langs Harties se dam bly, woon en broei een en ñ half meter lange likkewane onder ons ‘jetty’. ñ Hele paar van hulle.

Klaar uitgewerk dat Emma nie agter die heining kan uitkom nie, vergal hulle haar siel heeldag. Stap kordaat met swaaiende sterte voor haar neus verby, ons kan sweer hulle flirt met haar. So, noodeloos om te sê, Emma, op haar beurt beplan ook moord.

Onbewus daarvan dat Kieter ‘diep’ dinge oor haar dink.

Eendag is eendag…Wie vir wie gaan inwag, wonder ons ook. En wie teruggestap gaan kom, met ñ rokie wat uit die skietding trek, is ñ raaisel.

…Bond…James Bond…

1120cat5_zpsac538f27

1-330

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

11 thoughts on “Ons ‘familie’…”

  1. Hier wa ek met elektriese meter registrasies sit en stoei, is ek NOU so lus om net by di huis tussen daai gedoentes van ons te wees ! Ek pak sommer aktetas en ry ! Ja, dis ons diere… (Ni “kinders” ni. Daai status het net ons rerige vlees-kids).

    Liked by 1 person

  2. Kerneels kat was bitter lief daarvoor om agter goed weg te kruip en die worshonde ‘n mini beroerte te gee wanneer hy soos n wafferse batcat op hulle toesak wanneer hulle verbykom, net om dan weg te sluip met ‘n wafferse grin op sy bakkies. Dit is nou tot Muffin bullhond weer op haar beurt soos ‘n apokaliptiese gedaante op Kerneels toesak. Niemand is ooit beseer in enige van die skermutselings nie. Ek dink die goeters vermaak hulleself ook maar, nes mense.

    Liked by 2 people

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s