Flip, wat ñ dag!

1 (2)

En so draai een saai dag uit in ñ hele belewenis!

Eintlik voel ek “under the weather”, vaal. Wakker geword met ñ dowwe hoofpyn en effense lyfseer. Dis my dag af, so nie veel beplan nie. ñ Vroeë ontbyt iewers saam met my vriendin, en dan terug huis toe.

Manlief ry ses uur, en deurmekaar geslaap reik ek na die ‘laptop’. Gisteraand, hier by 11 uur, het ek iets iewers gedruk, en my blog laat verdwyn. So heelnag, in my drome, loop ek in dale rond en roep na mense.

Blog mense.

Sowaar, vanoggend vind ek weer die hele spul. Is ek nié verban uit die kuberruim nie. Hoef ek nie beangs vir Toortsie op te soek nie.

Scrapydo  word eerste opgespoor, en “Before school care” kry my rustig oor die aardbewing oorkant die water. De Wets Wild bring Die Hammerkop net na ses, tot Emma se ergernis hier by die dam aan, en AJ Vosse volg met die “gulls” hier van bo- links af, al die pad uit Ierland.

Newsferret ‘stal’ Kalkbaai se stegies regs op my stoepie ten toon, en ek neem ñ groot sluk koffie saam met my bloeddruk pilletjie en die een vir die gloede.

Poerdezmerdes kom om die hoek gestap met haar  Raad. Daad. Moed, en ek gooi ñ ekstra half-teelepel suiker by, vir al die eina in die lewe.

Nou eers vriendin en ontbyt iewers, wat eindig op ‘net ñ koppie koffie op haar nuwe stoep’, want die uwe se olikgeid lê nog vlak.

Terug by die huis, kry Camo twee meelwurms en haar daaglikse slaai.

My keel begin ietwat seer raak, die ore ook, maar daar is mense om nog op te spoor. Eers daarna kan ek bly lê…

Poerdezmerdes skop weer af met ‘Die Beskuldiges’, en ek maak ñ nota aan myself; moet die hele storie weer gaan bekyk. Hoe dwaas kan mense steeds in vandag se tye wees!

Natasja kom met haar ‘Kaalvoet Kind’ aangestap, en bring ekstra diepte tafel toe. Thulana se ‘Lap boksies’ in Akkra, Ghana, laat my onthou dat ek ñ paar knope het om aan manlief se hemde te werk, en ek gaan maak ñ vinnige draai daar by haar in die plek wat ek seker nooit self sal sien nie.

Nena Dreyer se dogter skryf ñ brief nl. “Hi Heroin”, en ek besluit om bietjie verder terug op haar blog ook te lees. Sodat ek dieper kan verstaan waar my groepie ‘gesiglose’ mense se paadjies al gaan kronkel het.

Net ek kom sit ñ rukkie hier langs my op die bankie, en ons praat nie. Maar vir my is dit genoeg.

Die Wit Hasie kom hop-hop die hoek om, hier van Zim se kant af, met haar string vriendinne agterna. Sy stel hulle voor, en ek maak “mental notes” oor elkeen. Gaan defnitief ook myne nader bring en bietjie aan die bloggers bekend stel…

Ek eet my ‘French Toast”, strooi baie eksta kaas oor, en wonder self oor die komende kersfees nadat Ekmyself vinnig inloer.

En heel gepas sluit Toortsie my soektog af met die Isebel van die Bybel. Slegte vrou gewees, daardie, en Agab was verby pateties. Bitter dankbaar ek het nie toé geleef nie, want wat as dit mý honde was haar opgevreet het!

Nouja, wat ñ aangename soektog het vandag teweë gebring. Meeste is opgespoor, en my blog is steeds my blog!

Die ander paar uitstediges behoort sommer netnou self hier op te daag.

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

15 thoughts on “Flip, wat ñ dag!”

  1. Jy is HIER!
    Maar laat ek nou vir jou sê soos die Merrie destyds vir my gesê het. Hier lê werk vir jou voor, suster!
    Jy moet ELKEEN van hierdie blogmaats van wie jy vertel, loop tag. Hoe gaan hulle weet jy het van hulle geskinder?
    So … jy skinder van my, so, jy gaan na my blog, kliek op ‘n bloginskrywing, kleur die URL in, regskliek. In jou blog, daar waar jy dit skryf, kleur jy Toortsie in, regskliek en paste. Dit moet jy met almal doen. 🙂
    Dan kry ons boodskappe dat ons by jou moet kom loer, jy het gepraat van ons! 🙂 en ons kom loer.
    G’n wonder ek het laasnag sleg geslaap nie, dis omdat jy so loop en soek het na ons!

    Liked by 2 people

    1. Jy is opgespoor!!! Man, het ek nou met hierdie blog gedoente drooggemaak in jou afwesigheid! Is steeds so deurmekaar soos k_ts. Het meeste bloggers opgespoor, maar ek is net nêrens op my Reader te kry nie…Ek het myself verloor.☺

      Liked by 1 person

      1. Jy moet net klik by follow…daardie plus dingetjie bo-aan.Dit het met my ook gebeur,toe epos ek WordPress en gee hulle my die raad.Dus jy moet jouself ook follow ,soos jy al die ander bloggers volg.Ek hoop jy kom reg.😄

        Liked by 1 person

  2. Nou het ek darem lekker vriende ontmoet wat beslis ook op my lysie sal moet kom. Jy het darem gewikkel met jou soektog. Stadig maar seker sal ouens weer bykom. Dit is maar n gesukkel om mens self weer te vind. Ek het netso n gesukkel gehad om my tweede deel van Scrapydo op te sit. Die eerste een se spasie was op en ek moes n aanhangsel maak! Strekte met jou siekwees. Klink of dit maar in die lug is daar in SA. Mooi dag more(ek dink dis nou aand daar terwyl ek 8:30am hier is)

    Liked by 1 person

  3. Flippet, jy beskryf alles so….dat ek vir ‘n oomblik vergeet jy gesels oor mense wat in ‘n skermpie voor jou lewe. Hierdie is regtig ‘n baie oulik geskryf. Nou maak ek ‘n mental note om so bietjie my skryf styl op te kikker 🙂

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s