My vriendinne.

(fotos:Google Images)

19060605966_01d3fdebea_b

“I have a dream…”.

Ons word met ñ paar bootjies op die eiland afgelaai. Gili Trawangan, Lombok, so ñ paar ure van Bali af. Let wel, ñ hele paar bootjies. Ons het tasse, en ons is hier vir ñ week.

lombok-island-520x245

Uiteindelik. Na soveel jare van net daaroor praat, het dit gebeur. Oudste dogter Nadia en vriendin Maritza spring af nog voor die bote teen die kaai kan vasmeer. Martinette klim weer soos ñ wafferse lady uit, en ‘gooi’ ñ paar Franse woorde in die lug rond, net omdat sy kan. Lisa, ons jongste, en vriendin Trudie dut nog so ñ bietjie op ñ bankie. Mammas met klein kindertjies doen maar so. Middelkind Janét en skoonsus Leana duik solank met klere en al in die vlak water in. En Tersia, ons amper, baie oulike, lieflike skoondogter neem reeds fotos.

 

 

Ons ouer tannies klaar vergete.

Hierdie is my jong “croud”. Behalwe vir my drie meisiekinders, is hulle my ander dogters. Met elkeen wat ñ klipperige paadjie reeds moes stap. Hartskinders. Jong vroutjies met gesamentlik ñ klomp hartseer wat hulle deel.

Die portiere help ons ouer dames rustig af. Marieta gaan sommer aan die hardloop van uitgelatenheid. ñ Nuwe ‘jongte’ kry haar beet, en ek onthou vlugtig die ‘tyd van piknag hel’ in haar lewe. My ‘Woestynkind’ mede blogger en vriendin.

Hannelie is aan die organiseer, sy kén van Indonesië en sy mense. Saam kom ons die langste pad, onlosmaaklik in mekaar verstrengel deur ons verledes. My Kaap vriendin. Wat my hart vir Bali deel.

Bes, keurig uitgevat in een van haar mooiste vleiende rokke, is die rustigheid vanself. My ‘blom’ vriendin, noem ek haar. Net agter haar is Kim ook reeds op die kaai, my mooiste maatjie met haar nog mooier binnekant. Haar deursettings vermoë en ondersteunende geaardheid net altyd daar.

Estelle en Gene trek reeds by die eerste mark-winkeltjie. Estelle met ñ hart vir die Bali mense, en ñ nog groter hart vir ons skool-wêreld tuis. Een van Jakaranda se ‘engele’. Hulle twee en hul mans, is my en manlief se ‘Harties-boot’ vriende. Saam draf ons vakansies kaf, kuier by mekaar se kinders, en doen soms ‘kerk-hopping’. Altyd gereed om uit te help, en saam te bid.

Op hierdie vakansie is Gene gesond.

My Marinda maatjie het amper nie saamgekom nie. Dis my naby vriendin, letterlik en figuurlik. Net oorkant die dam. Sonder haar anderhelfde is sy maar broos, maar vir hierdie droom verjaarsdag van my, het sy groot opgeoffer. Ons families loop ñ elle lange pad saam, en ons kinders se lief en leed word gedeel. Ons huil saam oor haar kleinkind in Abu Dabi, en juig saam as haar kinders daar ñ kerk vind. Ook is hulle ons vriende wat my en manlief aan die Ooste bekendgestel het, en my besigheids-raadgewers.

En dan is daar Therese. My mentor, my ‘person’, en my knieë-saam- deurbid vriendin. My aardse engel wat my en manlief deur die bitter moeilike tye van ons huwelik ‘gedwing’ het. Die een wat saam met my voor die Here kan dans, en my help om die sin in die lewe weer oor en oor te vind.

Sy klim laaste van die boot af.

Hierdie is ‘ons’ week. Die jong mammas wat 100% net moet ‘chill’, uitrus, rondhang en blas-bruin “tan”. Wat lang gesprekke met die ouer vrouens gaan opslurp, vriendinne wat in hul lewens mág inspreek.

Ons meer “mature” dames wil lees, en rondstap, en laf in die warm see rondhang, en saans met glasies wyn net die jongmeisie in onsself weer laat uitkom. Party aande klipharde ABBA musiek aansit, en in ñ kronkelende tou laf ronddans op die strand. Soms eenkant in afsondering gaan sit, en ‘wees’.

gili_meno_waters-header-730x450

Al die eilandkos beproe en bepraat, snorkel en slaap.

En dan die aand van my verjaarsdag deel oor ons herinneringe, trane stort, en tussen-in lighartig raak. Die jonges se danspassies inoefen, en op ons beurt hulle vermaak met ñ “rock band” uitvoering van “Seasons in the Sun”.

19081294572_599f30d61e_b

Laatnag in ñ sirkel staan en hande vat, en ons families en kleinstes weer voor God neerlê…en op die standstoele heerlik aan die slaap raak.

gili-air-sunrise

(geskryf vir my vriendinne wat so lekker saam kan droom oor ñ eendag)

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

25 thoughts on “My vriendinne.”

  1. Dankbaar dat ek saam op die eiland kan wees en vir ‘n vriendin wat saam met jou lag vir jouself en die lewe, diep dinge gesels en nie skrik vir die f-woord wanneer dit nodig is nie. Baie lief vir jou.

    Liked by 1 person

      1. Lag ek, nie vir jou nie maar vir myself, lag ek kliphard ek het dan saamgegaan glo ek…. ek weet nou net nie wie sou ek gewees het nie. Want ek glo darem al jou karakters is waarlike mense in jou lewe… Jy beter werk aan daai vakansie dit is soos ‘n teaser wat jy nou uitgegooi het.

        Like

      2. Skaars jou soenoffer kommentaar geskryf, toe hel ek ook in die gat in. So my dag het tussen Bali se amazing paadjies, die dood, en ń misverstand gewissel. Vannand gaan ek sulk, dalk môre ook, en dan Woolies toe vir ń soenoffer. Ek hou van jou woord.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s