Om kop te bly hou…Harties bootongeluk.

 

(foto:Google Images)

44347417

Ek is lief vir water. Of dit die see is, of ñ rivier, of ñ dam. Of ñ swembad. Water bring heling as ek met ñ diep seergemaakte stuk binnemens worstel. Golwe se hipnotiese onstuimigheid kry die rus in my wese na boontoe gebring.

ñ Rivier se rustige vloei laat my gees na God se dáárwees uitreik.

En tog, dan gebeur gister se ongeluk op ons dam.

Ek ry vanoggend by die huis weg, met die dam wat langs my kronkel, en ek sien die half- uitgebrande boot. ñ Beklemming neem van my besit, want dit is hier reg op ons voorstoep. Nie daar vèr, en ek lees net daaroor nie. Dis óns dam.

Ons klompie hier in Kosmos se lewens draai almal op ñ manier om die dam. Ons droom hier, kuier hier, loop soms en huil met die voetpaadjies langs, en vind ñ bankie iewers om weer vastigheid te kry. Ons “love” dit om mense oor te nooi en hulle op ons bote uit te neem. Ons is almal braaiers, en selfs ons honde en katte is oral welkom.

As Emma die dag uitkom, dan hol sy vir die swembad by Mariner’s Village, want dáár is lewe. En laatmiddag sal iemand saam met haar huis toe stap, en die hek agter haar toedruk. Hier gun ons mekaar ons eksentriekheid, hier in ons dorpie met sy eie munisipaliteit.

In my kar besef ek die skok van net weet dat dit op ons dam gebeur het, het ñ letsel gelaat. Mense het verdrink. Iemand het verbrand.

En hul gedempte gille het oor my dam gaan lê. Die doodsvrees moes binne minute in ons golwe gaan woon het.

Vir die res van die land is dit skokkende nuus, vir ñ ruk gaan almal ñ mening uiter, kritiek lewer, en dan weer vergeet.

Maar vir ons, vir my, in wie se are Harties se damwater vloei, gaan die seer bly sit. Want ons dam het lewens ge-eis.

Het nog ñ stukkie van sy onskuld verloor.

boat1-520x400(http://livenewspapertv.com/south-africa/afrikaans/kormorant )

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

16 thoughts on “Om kop te bly hou…Harties bootongeluk.”

  1. Jy vat raak my vrou ! Ons dam is vd verkeerde rede vdag, inni nuus. Vandag word hy gekoppel aan smart : Gaan mense onse groen dam skuldig bevind ! Gaan party mense se vrees vir water bekragtig word deur n “jy sien….nou glo jul my seker….”. Solank ons net elke ABBA partytjie waar jy en jou vriendinne boots en all afspring onder di sing van “dancing queen” of ” mama mia”… Ons dogters se ooievaars opi water…. Ons lang strategie-geselse, ons Vrydag-oggende se mannegroepie bymekaarkoms opi water of net ons rustige, volmaakte tye met ons pelle en kids, sal bly treasure. Ons voortuin bly steeds die pragtigste gesig, al sien ek in my geestesoog, n vars kruis wat nou gemaak-staan is deur geliefdes, ouers, kinders dalk, so skuins regs van ons !

    Liked by 1 person

  2. Dit is vreeslik. Maar ditnwas ‘n menslike fout, iemand wat ‘n sigaret aangesteek het, te naby aan ‘n bootjie wat hulle besig was om petrol in te gooi vir plesier ritte.

    My hart gaan uit na almal en julle wat so by die dam bly sal seker nog vir lank vasgevang wees in hierdie tragedie, regop jul voorstoep…

    Liked by 1 person

  3. ‘n Nare verhaal van vrees en tragedie. Ek voel vir julle… ja, die angs sal lank saam sleep.
    (As ‘n jong man het ek van daai einste water gedrink! Ons het naweke daar gaan visvan… nou sal daai herhinderinge ‘n ander kleur aanneem. )

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s