Volg net die paadjie…

(fotos:Google Images)garden-with-central-pathway

Die “central pathway” paadjies is in Bali van die uiterste belang. Daar is ook altyd ñ deur iewers. So waar jy jou ook al bevind, vra daarvoor, en die pad sal vir jou aangedui word.

En jy weet, eens jy die aanwysings het, is jy oppad iewers heen.

03b4a__IMAGE634762648302656163

Paadjies begin gewoonlik sommer in die hoofstraat van ñ dorpie. Jy dink nog jy draai  by ñ restaurant in, dan is jy klaar ‘oppad’. Om elke hoek strek ñ nuwe prentjie voor jou uit, en bly jy jou eie planne verander. Wat die oggend kon begin as ñ inkopie tog, eindig maklik in ñ ontdekkingsreis.

Een oomblik stap jy deur ñ rysland, die volgende oomblik loop jy die ‘werkers eende’ raak. Draai jy suid, kom jy op heerlike Balinese kosstalletjies af. Draai jy wes, is ñ seremonie besig om te gebeur. En oral is jý ook welkom.

Elk220-2881 Indonesia, Bali, Ubud countryside, Duck flock

Jy beleef ñ hele wêreld deur net met die paadjies langs te stap. Jy mag jouself oorgee aan hierdie onbeplande keuses, dit is veilig om te “let go and let God”, want daar is altyd ñ eindpunt.

Soos ek aan die begin genoem het. Vra net vir die “central pathway”.

Vir my persoonlik is Bali dikwels ñ geestelike belewing. Met Heilige Gees in my, kan ek waag, ondersoek instel, en nuwe dinge beleef. Hoe nader ek aan ñ tempel verby stap, hoe sterker ervaar ek God se teenwoordigheid in my.

Ek kan hoor, voel, proe, ruik en raaksien. En nooit ontbloot voel nie.

Want ek weet wie ek is. En ek kiés Sy pad.

IMG_1150-1024x683

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

33 thoughts on “Volg net die paadjie…”

  1. You’ve got me hooked!
    My kop werk oortyd. Sal jy met jou gesin soontoe gaan vir ‘n vakansie? Hoe lank sal jy gaan? Is dit net ‘n koopvakansie of is dit ‘n kuier en rondloop en verken vakansie? As ek hierdie bloginskrywing van jou bekyk, wil ek voel dit kan ‘n vakansie-vakansie wees.

    Like

    1. Dit is ñ belewenis, Toortsie. Maar jy moet weet waarheen en hoe. Dit het my 12 jaar geneem om tot hier te kom, en ja. Vat jou hele gesin, maar beplanning is die belangrikste. En ten minste 8 volle dae. Dit is glad nie ñ besige toervakansie nie, dan mis mens als. Dit is stap, kyk, proe, weer terugstap, en net inneem. As julle besluit om te gaan, sal ek regtig met alles help. Ek weet reeds bietjie hoe jy voel en hoe jy dink, want dit is die beginpunt.

      Liked by 1 person

      1. As jy wil hê ek moet glad nie jou posts share nie, is dit ook reg. Ek het nou gekyk, jy kan dit net met ‘n password beveilig, en ek weet nie hoe maak jy dat die bloggers dit dan wel kan sien nie. Ek weet iemand het een keer ‘n ekstra post opgesit en toe geskryf op daardie post: Dit is die password, en asseblief, hou dit tussen ons bloggers. xx

        Liked by 1 person

      2. Jy moet tog onthou, as daar mense is wat gereeld hier lees (soos dalk jou familie), weet hulle ook hoe om op jou blog te kom. So hul kan steeds dalk daarop afkom. So dit help dalk om ‘verder’ te skryf, van ‘iemand wat jy ken’ of so. Ek het dit nou nog nie gelees nie, maar dis dalk steeds veiliger. Dis nou maar net my voorstel. Dalk is ek nou heel van die punt af.

        Liked by 1 person

      3. Sal jou raad in gedagte hou. Nee, jy is reg. Ek hoop net die regte mense lees vandag sn, want dit is ń getuienis. Eers na die tyd gewonder oor die gevaar. Onthou jou e-mail, en kyk op die internet na die 2 dorpe. Al is pakette goedkoper, bind dit jou erg op Bali. Laat ek julle met als help, ook hotel besprekings. Ek is ñ hotel snob, so sal kan kommentaar lewer op dit ook.

        Liked by 1 person

    1. Anneli, ons sal ń interessante groepie uitmaak! Imagine die fotos! Meer nog, die verskillende weergawes van ons uittog. Ons sal ‘famous’ wees na so ń ekskursie…dalk ń Afrikaanse blogger fliek. Soos jy kan sien, ek is moeg gehuil, soek opwinding. En glasies wyn.

      Liked by 1 person

      1. O genade, sal een baie snaakse storie uitmaak. Ek het reeds 3 keer ń groep kliënte oorgevat. En almal is ‘hooked for life’. Kos om en by R18 000 vir kaartjie, verblyf en eet vir 8 aande per persoon.

        Like

      2. Dis baie exciting! Ek en Rencia is op die oomblik tussen stasies…ons plaas is in die mark en ons vlerke gelig om nuwe nes te gaan maak! Maar ons het onsself ‘n Bali vakansie beloof so gou moontlik! Is 8 aande genoeg? Sinvol om die vliegkaartjie te regverdig?

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s