Lagmedisyne.

(fotos:Google Images)9e7fc9032c63b8a10542be4b032f5ff1

ñ Baba word glo nie gebore met die ‘lag aksie’ nie. Hy leer dit binne sy eerste paar weke aan, na-aap sy mamma en pappa en familie. Vreemde konsep. So wat nou as jou pa ñ suurknol is, en jou ma niks in die lewe kan vind om oor te lag nie. Jou ouma verleer het om te lag, en jou oupa lankal dood is?

Ek vermoed ek is verslaaf aan lag. Rondomtaliedraai se blok van vanoggend het die giggel aan die gang gesit, en net daarna lees ek Poerdezmerdez se Nataniël raak. Nou is dit verby. Ek dwaal op Google se “funnies” rond, en sit soos ñ malle hier in my winkelhoekie en lag.

images (14)

Dalk groei jou lag saam met jou. Met klein kindertjies in die huis, is al hul sê-goed vir jou en die familie skreeusnaak. Sodra die kinders die huis verlaat, wend jy jou tot jou troeteldiere. Tydens menopause lag jy vir sarkastiese grappe aangaande die mansgeslag. En nou, op 56, raak alles vir my snaaks. Die hele lewe.

891771f674328cad3052495b9b4a5473

Alhoewel daar  raakpunte is, neig manlief se lag meer na die politiek en rugby. Sy versameling lagvideos is legio; hy en jongste seun kan ure lank voor die tv lê en kraai. Ken selfs van die sinne en sê dit hardop saam.

Die “Sassy Ladies” verskaf mý weer ure se plesier. En my Lona Facebook vriendin. Ek vermoed sy is besig met ñ lagwêreld vandat haar oë soggens oopgaan. Deesdae ignoreer ek my eie bladsy en klok sommer direk by hare in. Baie dikwels onder die belt, of heng sarkasties, maar bied sy my plesier!

facebook_1479817582421

Kan dit wees dat hoe ouer jy is, en omdat jy baie gemaklik in jou eie vel voel, ander jou nie meer hoef te vermaak nie. Jy vind lag in klein dingetjies, in uitdrukkings, en sommer net in die lewe. Soos een van ons kleinkinders eendag wou weet, oumie, waar bêre jy jou lagboksie?

Op ñ dag soos vandag, na ñ dag soos gister, moet ek lag. Baie lag. Sodat my wees net weer kan regskuif, sodat die hartseer sy lê kan kry.

funny-cats-and-dogs-i13

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

11 thoughts on “Lagmedisyne.”

  1. En hier is dit weer, ek en jy dag en nag, wat mekaar iewers tussen sonsondergang of sonsopkoms raakloop net om te sê, hallo, dit gaan goed hier. Ons verskil so vreeslik baie, maar tog kan ek nie wag om te lees en weggevoer te raak deur jou blog. Ek geniet elke oomblik dalk juis oor die duidelike verskille tussen ons twee. Vir ‘n wyle laat ek myself toe om ook die ligter kant van die lewe te geniet en dan gaan ek terug en delf weer dieper in die dieper dinge om my, net sodat ek die antwoord vir myself kan gaan uitmaak, net om sin te kan maak uit hierdie tydelike bestaan van ons op hierdie spikkel van ‘n planeet, wat ons aarde noem en ek hardop skree “als is net tydelik”… en ek geniet my reis, meesal ernstig, hierop aarde, juis oor ons almal se verskil in menswees.

    Liked by 1 person

    1. Jy weet, jy kan dinge so flippen raakvat en weergee. Ja Elanè, hier is ons weer. En dit is ñ bewysde feit, verskillende persoonlikhede kom baie goed oor die weg. Verdra mekaar beter, en raak glad nie vererg oor mekaar se sêgoed nie. Eendag gaan ons nog iewers ñ koffie saam drink. Voor jy wegtrek.

      Liked by 1 person

  2. Die lekkerste is dat mens vir jouself kan lag. Veral soos ons ouer word en bietjie weird raak met tye is dit bevrydend om met jouself te kan spot en lekker so by jouself, jou te verkneukel in jou weirdheid.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s