Spieëltjie, spieëltjie aan die wand…

(fotos:Google Images)20

Wayan kom laai my gewoonlik vroegoggend by die hotel op. Tydens aankoop dae is ons heel profesioneel; my groen lysie boekie op my skoot sit ek kiertsregop voor langs hom in sy motor. En ons gesels net besigheid. Vandag wil ek die herwinde glas wêreld aandurf.

header1

Ons draai terug Kuta se kant toe, ry verby kilometers van steenwerke, sandsteen kuns, klei potte, meubel fabrieke, bamboes werke, kunsateljees, en hou dan stil.

Die hoofstraat in hierdie dele is baie smal, en baie besig. Daar is geen parkeerplekke nie, jy hou op ñ spesifieke verskaffer se sement-terrein stil, en vra eers toestemming. Stap jy oor na die volgende koopplek toe, moet jou vervoer saam.

Moenie self oor die pad probeer kom nie, dit is Wayan se voorreg. Hy kyk skaars links of regs, gaan staan sumier in die middel en wys met sy hand dat die karre onmiddelik moet stop. Vir jou. En almal doen gedweë mee.

In Bali is herwinning van die uiterste belang. Waarheen gaan mens dan ook met berge vullis as jy op ñ eiland woon.

Hul glasartikels is weereens wêreldbekend. Die glas word volgens kleur gesorteer, fyn gekap, gesmelt en met die hand geblaas. Dit is nie my fout nie, dit is hoe jy dit sê.

Jy staan oopmond en vergaap jou aan hul kuns, die rustige manier wat hulle so skep. Jy dwaal tussen rye en rye artikels rond, en moet jouself keer om nie aan elkeen te vat nie. Sodat die voel in jou beendere kan gaan sit.

Ek dink iewers in mens se brein is ñ ‘prentjie boksie’. Hier word jou ‘raaksien’ gestoor. Myne het oorgegaan in ñ formele pakhuis, want die mooi op hierdie eiland is net te oorweldigend. Dit wat mense skep, die aanslag van kuns in alle vorme, vir alle smake, het geen einde nie.

Dit is dan wanneer jy op ñ bankie gaan neersak, een wat net sommer in die middel van die sypaadjie staan. Jy sit weer jou sit. Jy dink jou dink.

En jy tintel. (hierdie is my woord vir jy kry hoendervleis, jy ril, en jy sug van genot, als ineen)

majestic-jpeg

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

22 thoughts on “Spieëltjie, spieëltjie aan die wand…”

  1. Hout en glas, staal en koper. These are some of my favourite things. Ek sal ‘n spuitbottel met water moet saamneem om te keer dat my oogballe nie uitdroog soos ek staar nie

    Liked by 1 person

      1. My man byt nog nie aan my storie nie, ons het nou eers groot berge wat moet oor in die volgende paar maande
        Toe sê ek net, hy dink vooruit, ek ook, en as ons die berge oor is … 🙂

        Liked by 1 person

  2. Die glas in Bali het my op een van my laaste aankoop togte heeltemal myself laat verloor… Ek het net van die een na die ander gegaan ek kon nie genoeg kry nie. Wou alles koop en inpak. Helaas iewers skop realiteit en praktiese dink in en haal jy die sakrekenaar uit om somme te maak, bedink jy die risiko van die vervoer en dan…… sug jy diep en bere die mooi prentjies in jou trommeltjie.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s