Die dag van die demoon.

(fotos:Google Images)Dewata-Beach-Travel-Destination-Bali-Travel-Indonesia-11

Dit was hier in my Bali beginjare, 2004. Klok vir twee dae in by ñ hemelse kus-oord, en kry my lê sommer vinnig op ñ stoepstoel. Sodra die son te warm bak, is dit die see. Louwarm water en geen golwe.

Met die derde terugkyk kamer toe, steek iets in my prentjie-boks vas. Die uitsig… laat my aan iets dink…

O ja, Jaws.

Lag vir myself, en raak op die stoep aan die slaap.

Skemer, en ek skrik wakker. Die strand is verlate, nie hoog seisoen nie, so ek is SO op my eie. Wonderlik.

Terwyl ek my lê bietjie verskuif, merk ek iets in die lug op. Dis baie skemer, amper donker. Maar daar is iets.

En met die baie vooropgestelde idees van ñ ‘maagd’, in my geval ñ eiland maagd, onthou ek die kerk stories van demone, en geeste, en…

IMG_4079-1

Ek frons die frons van die fronser. Wat de joos sien ek! Kry ewe skielik effens hoendervleis, loer rond of ander dit ook sien. Maar alleen is ek alleen. En die ding bly, hang daar in die lug, onheilspellend uitgestip teen die hemelruim. Ek onthou die waarskuwings. Moenie na die tempels kyk nie, mens weet nooit. Moet glad nie naby ñ afgod verby stap nie, daar hang dalk ñ demoon rond. Eintlik moet jy nie na eilande toe gaan nie, dis die vergaderplek van die onderwêreld.

Jy sien, en hardekwas wat ek is, het net stilgebly en die reis gereis. En flip, daar het ek dit nou! Die blerrie ding hier bo-oor my kamer, nou wat nou!!!!!!!

13 t0t 15 Julie is dit vlieër karnaval op my eiland. Hierdie “Island of the gods” vier dit reeds 34 jaar lank. Ja, dit is ñ spiritualistiese fees, “to pass on messages to the gods”.

En soos hulle hier sê, “size really matters when the wind blows”.

Min of meer 1 200 vlieërs skryf in vir die kompetisie. 10 000 mense kom kyk. Elke gemeenskappie het sy vlieër, met gemiddeld 20 jong manne wat een moet beheer. Die wenners word beoordeel volgens die opstyg, landing, ontwerp, hoe hoog die vlieër kan styg, en sy stabiliteit.

Die verbeelding kan homself so uitverleen aan stories. Ja, ek glo daar is demone. Maar bangwees vir hulle met my alomteenwoordige God saam met my, watwou. Deesdae is ek een van die 10 000 wat kyk, wat aanmoedig, wat “cheer”. Ek kies my gunsteling uit, en in mý binnekant sê ek saggies, ‘my Here, hier kom my liefdesboodskap na U.

Dankie dat U my ken’.

b9yq6

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

8 thoughts on “Die dag van die demoon.”

  1. Ja, die Calvinistiese uitkyk darem…doomed if you do and doomed if you don’t! Ek love die post vreeslik, ek voel hom diep mee! Stryd teen alles wat nie koekerig aanvaarbaar is nie. Yo! En, ons het so baie om nog te leer….ondersoek alles en behou die goeie? Gaan eerder alles oor intensie, nie waar nie?

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s