Droom ons nog…

angel-on-flying-horse-with-birds

Tweede jongste liefling roep baie kwaad, baie hard na haar ouma. Eintlik is dit meer ñ gil. Rooi gesiggie en trane wat stroom, kom sy op my afgestorm.

‘Ouma!!!!!! Ouma!!! Logan sê ek is NIE ñ prinses nie!’ Natuurlik loer nefie met ñ skewe, uitdagende glimlag om die hoekie.

Ek kyk hierdie naweek wat verby is hoe die dogtertjies speel, elkeen met ñ ballet uitrusting aan. Die huis langs die dam word vol dansende prinsesse, met een nefie wat tussen-in wawiele probeer doen, en ñ ander in sy “super hero” wêreld.

Kleinste liefling sit net verstom in sy waentjie die petalje en gade slaan.

Droom ek nog. Wanner laas was ek ‘iemand anders’. Kon ek my verbeelding vrye teuels gee en vir ñ rukkie in ñ ‘ander kant’ gaan verdwaal. ñ Goeie ‘ander kant’.

Hier en daar loop ek blokkers raak wat ñ fantasie wêreld optower en ñ storie begin skryf.

Maar jouself in ñ nuwe jy indink?

Is dit te gevaarlik vir ons as volwassenes? Neig ons gedagtes na wellustige prentjies gemik op selfbevrediging? Skok ons onsself soms so dat die grense ten alle koste in plek gehou moet word. “No,don’t go there”.

Op watter stadium verloor jy jou onskuld. Is dit wat ons grootword noem? Die oorstap van speel-speel na regtig.

Eintlik jammer. Jammer dat daardie deur op ñ dag toegetrek word en ons die sleutel verlê. Hartseer.

Mag Gaby nog ñ paar jaar gegun word as prinses in haar eie werklikheid.

Voor die wit hings struikel en sy aftuimel.

aboutusheader

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

11 thoughts on “Droom ons nog…”

  1. Ek kan vir jou ‘n dag en datum gee wanneer ek my onskuld verloor het, en ja dit het alles te doen met grootword.
    Ek het Saterdag die eerste keer ‘n terapeut gesien…om my te help soek na die droomkamer se sleutel.

    Liked by 2 people

  2. Ek sit so en tuur by die klasvenster uit…een van die poppeloppe vra of ek in feëtjies glo…met ‘n glinstering in my oog, opgewek sê ek: Daar, daar sit ‘n feetjie! Sy spring regop en gil: Waar…waar…? So wakker ek nog verbeelding aan…glo dit of nie…dis graad 9’s. En ja, ek is ook ‘n prinses, wag nog vir my prins wat op sy skilpad ry en al 5 dekades aan die verdwaal is…lol…geniet kleinding se wonderwêreld…

    Liked by 2 people

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s