Wat om te vat en wat om te los.

attractive-ocean-landscape-scene-wallpapers

As iemand wat in die verlede kort- kort vir Bali moes inpak, is ek redelik goed voorbereid. ñ Sekere tas staan altyd gereed, en daar is die ‘moets’ in.

Die regte muurproppe. Klein elektriese ketel vir die kamers wat nie vir alles voorsiening maak nie. Koffiebeker en teelepel. Kurktrekker. Skerp messie. Reisigers strykyster. Miniatuur naaldwerk stelletjie. Wynglas.

Net die noodsaaklikste, die res skaf ek vinnig daar aan.

In ons lewens. Wat laat los ons, waaraan klou ons vas. Soos Poerdez vanoggend skryf oor getroud versus ongetroud. Ons keuses. Ons vooropgestelde idees. Ons vrese. Ons wrokke. Ons ‘onthoue’.

Ek is glad nie sentimenteel oor ‘goed’ nie. Inteendeel, ek wil nie herinner word aan die verlede dinge nie. Dalk is dit die rede hoekom ek so gemaklik is in vreemde hotel kamers in vreemde lande. Sal my paar goedjies vinnig uitpak, die kamer gewoonlik anders skuif, (onthou nou maar, ek werk in ñ meubelwinkel), en myself van voor af uitleef. ñ Nuwe “new normal” skep.

Solank die mense in my lewe almal veilig en rustig is. Defnitief nie ñ skilpad geaardheid nie. Dra nie my huis oral saam nie. Eerder ñ Kangaroo. Dra eerder my geliefdes onder my hart in ñ sakkie, en ‘loer’ kort-kort via die selfoon of als reg is.

Wonder nou, as ek op ñ stukkie verlate eiland uitspoel, wat gaan in my ‘moet’ rugsakkie wees. Om te kan oorleef.

Defnitief nie foto albums en ou briewe en dagboeke vol griewe nie!

Keuses. Wat om aan vas te hou, en wat om te laat gaan.  

trunyan-006-small

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

24 thoughts on “Wat om te vat en wat om te los.”

    1. Ek voel soms so skuldig dat ek nie goedjies opgaar nie. Nie eens die kinders se kleintyd prentjies of verjaarsdag kaartjies nie. Ek voel weird daaroor. Maar, iets het ek wel van my ma gehou, in ñ kas in my winkel. My Bali mamma se as. Die kissie is op ñ rakkie…weird…??

      Liked by 1 person

  1. Ek is n hoarder, het ek al n ruk gelede besef. 1. Omdat ek nie sover kom om iets weg te maak nie, dis te veel moeite, daar is snder goed om te doen en 2. Die waansinnige gedagtes dat ek hierdie of daardie ding nog kan gebruik om dit of dat te maak( die kunstenaarstreep)Ek werk goed met clutter. Maar ek ken van travelling light! Nadat ek eenkeer 6 weke lank in Europa getoer het met net 1 stel klere (1panty, 1 bra, langbroek, 1top, het ek die les baie goed geleer. Ek is later 3mnde lank deur Europa met 2 langbroeke 2 tops en bietjie meer ondergoedjies.

    Liked by 1 person

  2. Jou skrywe oor bagasie raak my aan. Want dit steek ook so bietjie in die abstrakte … Hoeveel bagasie dra ‘n mens nie onnodig in jou hart saam nie. Miskien moet ons na binne ook so houding hê, om net die liefde vir die mense om jou in jou tas te pak; en die res te los. Dis mos nou vry wees. Dankie vir die lekker lees!

    Liked by 1 person

    1. Jy is so reg. Dit is presies wat ek tussen die lyne probeer sê. Ek probeer hard om ons kinders hiermee te help, want die ekstra bagasie is nie goed vir hulle lyfies nie. Maar. Daar is mense met lewens wat so vernietigend was, dat ek besef geen raad kan help nie. Net alleen God en tyd. En bystand.

      Liked by 1 person

  3. Minimalis is ek beslis nie. Ek hou van goedjies, mooi goedjies. Dit is nie duur, kosbare goed nie, net goedjies wat my hart verbly. N chime gekoop in Bali, n hangding gemaak van seegoed, n sementblok met klippies opgetel ens. Dis my vreugde die klein goedjies om my, wat my sintuie bevredig.
    Die binne begasie is totaal n ander saak, daardie maak jou dood en siek. Ek stem saam, kan n hotelkamer vinnig omskep met die nodige, in n tuiste vir my bly tyd. Dis so n ander groot lekkerte.

    Liked by 1 person

  4. Ja kyk… die kurktrekker en wynglas is belangrik! Op daai eiland is nie kragpunte nie. Moenie worry oor die foon nie. Dan, waar sal die wyn vandaan kom? Nee… ek vat maar die glas saam… net vir ingeval ‘n bottel of twintig onder daai plam begrawe is. Mieskien ‘n bietjie knoffel ‘n suurlemoen vir die vis… en daai skerp mes! Dalk is daar slange daar… wat die wyn oppas… 😉

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s