Om dieper te kyk…

(foto:Google Images)94077-yayasan-widya-sari

ñ Vreemde kultuur pootjie ons partykeer. Anderste aantrek, anderste geloof. Met dié dat jy gewoonlik net ñ kort tydjie in ñ ander land rondbeweeg, doen ons die ‘oppervlak ding’. Kyk, gesels, stap weg.

En mis die menswees vol skatte in die dieptes.

Ek het ñ hartsvriendin in Indonesië. ñ Kort, donker moslem vroutjie, vol liefde en lag.

As ñ baba uit haar ma se arms gesteel, en deur haar pa en ouma in die diepe platteland van Java grootgemaak.

Pa en ouma het haar laat werk vir elke krieseltjie kos wat na haar kant toe gegooi is, en sy moes haar eie veilige plekkie diep in haar hart vind om vanuit te kon groei.

O, en sy het. Na matriek in Cirebon gaan leer om Engels te praat.

En so het ons ontmoet. Sy, hoog swanger met hul eerste kind, ek, op my eerste aankoop ekspedisie in Java. Manlief het haar ontdek, en met haar onderhandel. ‘Ek gaan my vrou in jou hande oorgee. Kyk mooi na haar’.

Sulis het deel van ons familie geword. Is steeds. En later van tyd ook deel van ñ breër Suid-Afrikaanse familie. Sy het al drie dogters reeds ontmoet, ook een kleindogter. Saam met Talisa op ñ treintjie rondbaljaar. Sy is vriendinne met ñ paar van my vriendinne, altyd gereed om Una se mense by die lughawe te gaan oplaai, en te leer ken. Saam te lag, saam te huil.

My ma en sy kon dik stukke gesels, my manlief en sy ‘groot’ besigheids-initiatiewe uitdink. Ons lewens het verstrengel geraak. Onlosmaaklik. As die geldnood groot raak, maak ons plan. Help haar uit.

Dis wat mens mos vir jou geliefdes doen. Want jy het bietjie dieper gedelf. Jy het gekyk, gesien, ervaar, gevoel, vertrou en lief gekry.

Sy het saam oor my ma getreur, my bygestaan na my boet. Ken elke kleinkind op die naam.

Sy is my oë in Indonesië as ek voorraad bestel; sy klou my handsak  vas as ek verdwaal raak tussen die meubel prag. Sy dra water aan sodra sy sien die sweet begin tap. Sy onderhandel, verduidelik, maak planne, reël uitstappies, en giggel saam oor die verspotheid van die mensdom.

En dan, as ons soms ñ aand ñ hotel kamer deel, en sy moedeloos haar hart teenoor my uitpraat, kniel ons langs mekaar.

“Una, please pray for me. For Tofic, for my marriage.”

Dan kom Heilige Gees op Sy stil, respekvolle manier, en maak ons toe met SY asem. Want ñ kind het Hom nodig, al weet sy net van Sy naam.

En mý Jesus sien mý vriendin raak.

Al is sy ñ moslem.

IMG_9106

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

18 thoughts on “Om dieper te kyk…”

  1. Besef ek nou, ek het nog die foto geneem in mr Java se winkel. Ja, moet ek be aam Sulis het n ware vriendin geword.sy kon soms nie my verspotte kinder vrolikheid verstaan nie. Ons het saam moterfiets gery in gietende reen teen die berge op en weer af met ons plastiek poncho’s. Om later ure nog te ry in deurdrenkte klere.
    Dis die ligte kant, maar ons het ook saam gehuil, diep gepraat en “Hannelie make a pray for me”. Ons het baie kere n hotelkamer gedeel en deur haar het ek Java se hart leer ken en totaal verlief geraak op Yogyakarta waar ons ure gedwaal het…… Ai, Sulis hoe verlang my hart nie om nou daar by jou in jou land te wees nie…….
    Ja Una dis maar n diep deel van ons lewe wat ons deel.

    Liked by 2 people

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s