As ñ man met ñ plan werk…

img_8031

En ewe skielik wil my bors toetrek van benoudheid. Elanè skryf vandag oor ñ vriend wat oorlede is en eintlik ook vergete is. Die hartseer van so ñ lewe.

So nou wil ek ‘ons boeta’ net weer ‘vasskryf’. Sodat hy nie net eendag wegraak nie.

Ons ma was skaars ñ jaar oorlede, toe Boeta die dag sy punt maak.

Hy kuier vir die Desember, bly in sy rondawel-kamer hier langs die dam. Saterdagmiddag net na vier, en ek en Bertus besluit op ñ vinnige bootrit voor dit donker word. Boeta sê nee, hy gaan nie saam nie. Teen vier uur is hy reeds reg vir die bed; nagklere aan en gestort. Skryfboeke langs hom, karretjies op die vensterbank uitgestal.

ñ Halfuur later kom ons rustig terug ge-“cruise”, ons siele gevoed, en baie ontspanne. Ek kyk, en ek kyk weer. Ons huis ‘hang’ teen die onderste deel van die berg, langs ons nog ñ grasdak met anderskleurige eienaars. Heel naweek hou hulle reeds verjaarsdagpartytjie. En ons slaap min.

Hulle is rustig aan die kuier op hul twee stoepe wat oor die water uitkyk, polsende musiek en baie bier. Regeringsmense. Goed geld.

Op balkon twee, met ook ñ glas in die hand, staan meneer Boeta. Netjies aangetrek, spierwit in sy andersgeit. Kan hom nie miskyk nie, en verstom ‘miskyk’ ek hom defnitief nie!

Sprakeloos staar ek na dié petalje.

Bertus…kry ek uit. Bertus, dis Boeta daar op die tweede verdieping, daar by Louise se partytjie…

“Needless to say”, ek het blindelings van die boot af ‘gedonner’, boontoe gestorm en soos ñ shebeen ‘vrou’ geskreeu. Boeta, kom dadelik terug! Wat de hel doen jy!!!

“Una, it’s ok, we gave him coke. He asked to join the party”.

So het dié man met ñ plan gewerk. Net gewag dat ousus en Bert oor die water verdwyn, vinnig aangetrek en die “party” gaan “join”.

Ek het wel later daardie aand ernstig met my ma se foto in ons gang gaan praat.

Ma. Het ma gesien wat hy gedoen het, ma?

img_8024

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

18 thoughts on “As ñ man met ñ plan werk…”

      1. Ja, ek en ou Ursula hardloop ons beentjies kort! 🙂 Dis einde van die jaar en krismis kom aan, en my dogter trou binnekort. 🙂 Vergewe my maar asseblief, blogtyd sal weer kom.

        Liked by 1 person

  1. Skreeusnaaks… gasvryheid ken nie kleur nie en ek is oortuig daarvan “jou bure” ken ook al vir Boeta en natuurlik vir Una, waarmee hulle sekerlik nie mors nie. Ek hou daarvan dat hy julle so lekker uitoorlê het. Slim vang sy baas. Die gras (party) is mos nou maar eenmaal groener (lekkerder) aan die anderkant van die heining (bure)

    Liked by 1 person

      1. Ek lag nogsteeds, gelukkig was dit net coke, hy het seker gevra vir NET COKE ASB, soos Una hom verseker sou leer. Wel nou “ken” die bure hom darem vir ‘n vlg keer se kuier. Maar ek verstaan waar jy vandaan kom, maar dit bly snaaks!!

        Liked by 1 person

      2. Ek weet! Lag elke keer lekker in my mou as ek terug dink. Hy kan nie die woorde sê nie, maar mense weet mos maar vanself. En my ma het natuurlik ook vir my gesit en lag van daar bo af.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s