Om golwe te ry…ñ golfryer.

(fotos:Google Images)465355-big-surf

“Surfing. A love story with waves.”

Gaan sit op ñ handdoek iewers op ñ strand, en dit hoef nie Bali te wees nie. Dis ‘hulle’, en dan die res van ons. Jonk en minder jonk, hierdie waterbabas. Hulle storm die see binne, fel hulself op ñ branderplank neer, en wag vir die grote.

Die perfekte golf.

As hy kom, vlieg hulle regop en wag hom in. “Bring it on, babe, bring it on…”.

bali_kuta_surf

Ek wonder daaroor. Dwaal hulle makliker deur die lewe, hierdie golfdansers?

Omhels hulle uitdagings makliker as ek. Geen een van hul golwe is ooit dieselfde nie. Hulle kan ook nie ñ golf “dodge” nie, moet oor hom, deur hom, of op hom. En tog wag hulle reikhalsend vir die volgende een.

“Yearningly, longingly”.

Jy word nie gebore as ñ golfryer nie. Jy leer dit aan. Tien teen een by Petrus van die Bybel begin. Dié lopery op water. Met oë wat op Jesus gerig bly, en ñ geloof wat soms wankel…

plyag

Al sit èk dan nou ook net op die sand, in my binnekant oefen ek om ñ golfdanser te wees. Iemand wat die lewe aanvat en leef, met my kop gelig, en my ‘kyk’ op die horison.

My golwe laat my wel soms na benede tuimel. Dan verloor ek my asem en sluk water. Die dieptes wil- wil my dikwels insluk, die ‘oorgee van verdrink’ roep aanloklik, sterk.

Maar my branderplank is aan my voet vasgemaak, ek verloor hom nie. My innerlike krag het gekom met die jare se oefening, my ‘kies’ om oë oop te maak en my Vader aan te roep het gevorm uit nood.

En al spoeg die see my soms tot op die sand uit…ek sal opstaan en weer probeer.

g0030039

(vir my Janét kind)

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

22 thoughts on “Om golwe te ry…ñ golfryer.”

      1. Ons hoop om net ‘n paar dae weg te glip, ons soek huis in die Kaap, so ons gaan hoofsaaklik daarvoor af, maar sal darem ‘n dag of 3 iewers in Hermanus en omtrekke wees. Ons wil vlg jaar as my man 60 word permanent aftrek, hoop ek en hy. Eiendom is net ontsaglik duur maar as ek reglees gaan dit net erger raak veral in die Wes Kaap. Daai ding van vraag en aanbod.

        Liked by 1 person

      2. Ek kan nie op jou nuwe post kommentaar lewer nie, bly ñ boodskap gee dat die post nie gevind word nie. Het geluister, en dit vat my soveel jare terug. Te pragtig.

        Like

  1. Hoe graag sal ek daai ywer te wil hê om polsend te wag vir die volgende golf. Ek weet dis hoe die Here wil hê ek moet leef! Dis om te kies om blymoedig te wees al druk jou skoen jou. Hy is mos daar. Una, jou vermoë om jou gedagtes te verwoord is baie besonders. Dankie daarvoor. Jy vat my op n pad van dink en uitpluis. Luv u

    Sent from my iPhone

    >

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s